Beste omgewing

Goeie dag almal

Ek sien en hoor so baie keer van mense wat se dat hulle bitter graag sal wil boer.  Dit is mos nou maar een maal in elkeen van ons se bloed, of wat praat ek nou. 

Ek sal ook nooit ooit vir iemand se dat hy of sy nie moet gaan boer nie, want as jy iets wil doen, dan moet jy, want jy is dit aan jouself verskuldig.

Wat ek egter vir een en elkeen sal en wil aanraai is, kies net die omgewing waar jy wil boer goed.  MAAR hoe doen 'n mens dit.  Uitstekende vraag en dit my liewe leser, dit is nou waar jy jou hand op papier... oeps op die rekenaar se sleutelbord moet sit en vir een en elk vertel hoekom jou gebied 'n goeie gebied is om te boer of hoekom 'n mens eerder maar nie daar moet kom boer nie.

Nou ja wat is die kriteria, behalwe natuurlik nou of die plaas in jou behoeftes voorsien.  Wel hoe is die gemeenskap.  Is hulle betrokke by mekaar, ken die bure nog mekaar.  Is dit die regte platteland, of het die gemeenskap ook in "'n stad" ontaard waar elkeen net vir hom / haarself leef en met die res het ons vrede.

Miskien gaan ek nou gestenig word deur menige boer, maar vir my moet die platteland anders wees.  Daar waar ons nog tyd het vir ons bure, hulp aanbied as ons sien dit is nodig. Nuwe bure sien intrek, hulle gaan welkom heet.  So iets.  As kind onthou ek hoe ons altyd nuwe intrekkers gaan verwelkom het met iets te drinke en te ete... dit is hoe  Kapenaars dit gedoen het.   

So my medeboere, kom vertel my hoekom ek of enige ander potensiele boer 'n plaas daar in jou omgewing moet koop of nie moet koop nie.

Lekker boer!

Ekke

Geen gradering nie

Kommentaar

mkruger

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.