Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Boerdery-vandag-16-februarie-0

Argiewe

2010

  • November (1)
  • April (1)
  • Maart (1)
  • Februarie (4)

2009

    Blogger

     
    Le-Andrie Bezuidenhout
    Foto album
    Aangesluit: 27 Nov 2009
    Plaas naam : Myngenoegen Plot
    Dorp : Polokwane
    Provinsie : Limpopo
    Land : Suid Afrika

    Ek ondersteun

    Leon Kruger se foto
    Leon Kruger
    Shaka Impi se foto
    Shaka Impi
    Jakkals se foto
    Jakkals

    Volgelinge

    • scorpiondip se foto
      scorpiondip
    • Leon Kruger se foto
      Leon Kruger
    • Jakkals se foto
      Jakkals

    Vriend

    Leon Kruger se foto
    Leon Kruger
    Shaka Impi se foto
    Shaka Impi

    Jongste blogs

    Danie C se foto
    Toulouse en omgewing (4)
    saai se foto
    Invoere - bangkrot Boere
    Steven nel se foto
    Kopklamp
    Steven nel se foto
    My nuwe nguni vers
    Johannes Meintjes se foto
    Perspektief op Landbou: ACDP

    My Weer

    • Voorspelling
    • Vandag
    • My ligging

    Kaapstad

    • Donderdag
    • Gedeeltelik bewolk
    • Hoog:20 C
    • Laag:9 C
    • Vrydag
    • Reën
    • Hoog:17 C
    • Laag:10 C
    • Saterdag
    • Mis
    • Hoog:17 C
    • Laag:7 C
    Sonsopkoms: 7:37
    Sonsondergang: 17:47

    Kaapstad

    Bygewerk:24 May 03:00 IDT
    Temp:
    Druk:
    Doupunt:
    Humiditeit:72%
    Wind:

    Kaapstad

    Peiling

    Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

    Boerdery vandag - 16 Februarie

    Ingestuur deur Le-Andrie Bezuidenhout op 17 Februarie, 2010 - 08:15

    Wat 'n vreeslike besige 2 dae het ons nou agter die rug gehad. Het al 118 skapies gedosseer en ge-ent - vir alles! Hul is egter minimaal gehanteer in hul lewe, het altyd net deur die voetbad gehardloop. So ons het ons hande vol gehad. Soos almal weet is ons fasiliteite nog nie reg nie so ons het maar sukkelend alles voltooi. Nou uiteindelik is ons klaar gister middag.

    Die slegte nuus is dat ons 1 lammetjie verloor het deur die nag eergister. Sy was nog nie gedoseer of ge-ent nie, ons neem maar aan dit is dan van die stres van die ver ry en verandering van omgewing. Die ander lyk darrem goed en nie een het koors nie! 

    Nou moet ons more weer begin - vir die Cydectin! Die keer gaan dit darrem vinniger. Hul moet ook nog al hul los hare en tossels afgesny word. Die paar wat ons al geskeer het kan ons net so wel vir een of ander mode tydskrif stuur vir "before and after" kompetisie! Moet se, dorpers wie se LANG toonnaels afgesny is en ook wie se tossels en oortollige wolle afgesny is lyk BAIE mooier! 

    Hul het nou hul RWK kamp totaal en al opge-eet, en gister middag het ons vir hul voer/lek toe nou geggee. Het die fout gemaak om die sakke meel op n kruiwa tussen hul in te stoot. Hul het ons letterlik aangeval en die sakke begin verskeur! Wel hul het dit vreeslik geniet! Vandag moet hul begin veld toe....

    Intussen doen die hoenders ook goed. My eerste 10 kuikens het in die broeimasjien uitgebroei en ons wag in spanning vir die ander 38! 

    More moet ons begin om die besproeing reg te kry en ons sal ernstig moet begin plant vir die winter weiding!

    Hier is die RWK kamp voor die skape hom beetgekry het!

     

    JOhan en Pa Hennie besid om 'n skapie op te hys vir gewig bepaling. Tydelike drukgang van sinkplate gemaak. Besig om almal te doseer en te ent.

    Ek bring die volgende een in die drukgang in! Is vandag so vol bloukolle soos hul my geskop het!

    Hul eet hul voer! 

    Voer word uitgedeel! Kyk hoe is die RWK opgevreet!!!

    Tot weersiens!

    Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (1 vote)
    • Le-Andrie Bezuidenhout se blog
    • 1408 keer gelees
    • Drukker-vriendelike uitgawe
    • Stuur na vriend
    • PDF uitgawe

    Kommentaar

    Le-Andrie Bezuidenhout
    20 Feb 2010 05:01

    Lizette,

    Baie dankie vir die raad. Het gesien hul mae was los en dit was veral van die lek wat ons hul gegee het. Hul ken dit nie. Het hul ook net 2 ure op 'n slag 2 keer 'n dag veld toe gestuur en nou is almal se mae darrem weer beter en feitlik reg. Almal gister Cydectin gespuit en ek dink hul is darrem nou reg vir n rukkie. Ons het ook maar 'n klein stukkie grond om op te boer en ons huis is ook nog in Gauteng. Verhuur dit uit. Het laas jaar die kans gevat en sit nou bankrot hier in die noorde. Woeker met die hoenders om die pot so bietjie aan die gang te hou en die groentetuin help ongelooflik baie. Ons 2 kindertjies is darrem nog jonk dat ons hul nie hoef skool toe te stuur nie, so ons glo oor 'n paar jaar gaan dit darrem bietjie beter.

    Moenie my uitnooi om jou sommer net te kontak nie, ek is kepabel genoeg om jou enige tyd te kontak!!! Sterkte vir jul ook met die boerdery. Gaan vandag nou eers Dorper-klub vergadering toe in Warmbad.

    Groete
    Le-Andrie

    P.S vir Luhann,

    Bly aan droom en vat een goeie dag net daai laaste tree! Dit is 'n moeilike besluit as mens eers gewoond is aan 'n maandelikse salaris. Glo my, na 3 maande mis jy daai salaris nooit weer nie en besef jy jy was nog nooit so ryk in jou lewe nie, al dink die bank-bestuurder nie so nie!!! Sterkte, en hou my op hoogte van hoe jou droom vorder asb.

    • antwoord
    Shaka Impi
    19 Feb 2010 12:05

    "LIVING THE DREAM"

    Ek wil ook so graag begin, maar soek nog die regte geleentheid! My plan is darem stadig besig om na 'n kant te beweeg!
    Sterkte Luhann

    • antwoord
    Lizette van Zyl 
    18 Feb 2010 11:07

    Ons is in Naboomspruit, maar werk in Gauteng - ja, dit is ook ons hartsbegeerte om voltyds daar te wees, maar ai ons moet hier werk om daar aan die gang te hou - so gaan net naweke plaas toe ! Jy is welkom om my te kontak (enige tyd van die dag of nag !!) en ek sal my ondervinding met jou deel - my skape is soos my kinders en jy laat my baie aan myself dink as ek sien die passie wat jy vir hulle het. Die grootste probleem wat ek al ervaar het toe ek nuwe skape gekoop het was om hulle stelselmatig gewoond te maak aan die nuwe weiding en kos, want hulle mae kan nogal sensitief wees vir veranderinge. Probeer hulle so stelselmatig gewoond maak aan die nuwe omgewing. Groete.

    Lizette
    082 467 9434

    • antwoord
    Le-Andrie Bezuidenhout
    17 Feb 2010 13:36

    Dankie Lizette, waar boer jul? Hul is vandag veld toe en daar is 'n paar wat agter rond hang en nie so vrylik rond spring nie.
    Sal maar dop hou!

    • antwoord
    Lizette van Zyl 
    17 Feb 2010 10:12

    Sterkte, as almal net eers aangepas het op jou plaas en die "gevaar tye" is oor dan sal dit goed gaan. Sodra hulle vreet dan is alles ok, maar o wee as een nie wil eet nie of maak net of hy eet, dan moet jy spring, want dan is daar iets fout. Hou ook die dop wat agter loop. Sterkte en hou ons op hoogte. Ons het so 5 jaar gelede begin met ons eerste skapies en glo my jy betaal maar "skoolgeld", maar dit is alles die moeite werd.
    Groete
    Lizette

    • antwoord

    Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

    Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Regstelsel, swaar strawwe stuit nie plaasaanvallers
    • Lae-koste trekkers na SA
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction