Menu
 


28 Maart 2010

20274 keer gelees | 20 kommentaar


 

Wors, lekker sappig. Net genoeg kruie, niks oorheers nie, jy moenie seker wees wat is alles daar in nie. Tiemie en koljander, naeltjies en sout en peper, asyn en “woestersous”. My skrywe oor die vegetariërs het my mond laat water vir regte boerwors, ja so word dit genoem, in Kook en Geniet. Wors, nie te gaar nie, hap hom, dan moet jy jou sluk ken dat die sous nie by die mondhoek afloop nie. Dreig nou al geruime tyd om weer te maak. Lekker veelsydige wors, ontbyt met wors en pap en ´n lekker sous, middagete met fyn aartappels en vanaand op die kole.

Hier tussen die Duitsers, is ´n groot verskeidenheid worse beskikbaar: Beerwurst, Bratwurst, Knackwurst, Fleischwurst, Thüringer Rotwurst, Kochwurst, Beutelwurst. Meesal net gemaak van vark, vol knoffel. Niks, naasteby, soos wat ons aan gewoond is nie.

Wors het baie goed eetbaar gekom, was te lui vir daardie spek, in blokkies gesny, dít maak tog ´n verskil. Net 12 kilogram gemaak, goeie vleis en vark gebruik. Met die vark in, word dit gou galsterig en moet mens dit binne 3 weke opeet. Regte, egte derms gebruik. Dít, is nog beskikbaar, by slaghuise hier, mooi wit gekrap. Dalk te puntenerig, voel of daardie stopper die wors te ferm stop. Voel of die ou handmodel vleismeule die wors beter gestop het. Wat sê die kenners?

Baie Suid-Afrikaners ken nie meer die smaak van egte Boerewors nie. Gebruik daardie kommersiële mengsels, wat wors, maar net soos slaghuis wors laat smaak. Het dit agter gekom toe ek en my oorlede vriend Prentis, gereeld by die krieket daar in Bloem, gebraai het, maar te lui was om ons eie braaier saam te neem, wat maak jy tog met hom as jy ´n seisoenkaartjie op die pawiljoen het. Soek dan iemand wat klaar gebraai het, die weldoener is dan met ´n lekker stuk beloon. Deur die bank, was daar groot entoesiasme vir ons wors en wou almal weet waar dit te koop was.

Dit lyk asof die tradisie van daardie slagbees vir die winter,  self te bewerk, aan die uitsterf is. Baie bees word eenvoudig by die slagter afgelaai om alles te doen en natuurlik ook die wors volgens sy resep te maak.

Goeie tuisgemaakte wors, bly ´n wenner. Natuurlik soveel resepte as wat daar smake is.

Hasta la proxima

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker ISSIE COMBRINK

2012/03/22 11:21:35 AM

Hier in Louis Trichardt slaghuise kry n mens ook nie meer lekker boerewors nie, is ouma Sophie se resep beskikbaar? Dit of soya of iets wat ek nie ken nie, en al die senings wat nie verwyder word nie.


Onbekende besoeker

2011/11/23 12:32:41 PM

HOE KONTAK EK JOEY DE BRUIN EN SAL SY N RESEP BESKIKBAAR STEL ?


Onbekende besoeker

2011/11/08 11:03:20 AM

Het iemand 'n telefoon nommer vir Tannie Joey, ek reis volgende week vanaf Zambia, Johannesburg toe en is so lus vir 'n lekker stukkie boerewors om sommer langs die pad te braai!


Phillip Horn

2011/08/17 10:52:33 AM

Boerewors-fiemies. Manne, laat ek julle vertel van `n vrou wat boerewors- biltong- en droëworsmaak verstaan. Joey de Bruin, eienaar van Bandelierkop Slaghuis op Bandelierkop so 40 km duskant Louis Trichardt in Limpopo het die kuns bemeester. Beter sal jy nie maklik kry nie. Ons gesin is vreeeeeslik vol fiemies as dit by boerewors kom maar ons vergryp ons nou al 20 jaar lank aan haar weergawes. Probeer dit gerus. Julle sal nie spyt wees nie.


Kobus van Niekerk

2011/05/21 11:52:20 AM

Die ou Krokodil se Boerewors Vooraf Hierdie resep, is die resep wat ek saam met my skoonfamilie geleer maak het. (Die ou Krokodil was my skoonma, ‘n dierbare mens!) Dit is ‘n resep wat hulle so met die jare maar elke jaar gemaak het. Ek was 17 jaar saam met die skoonfamilie, en het die Vleiswerkery elke winter baie geniet. Self van ‘n plaas, maar nie die heerlike saam vleiswerk tradisie gehad nie. Soms is meer as een bees, vark, skaap en blesbokke op dieselfde tyd gewerk. Dit was soos ‘n instelling om in die winter saam vleis te werk. Dit kon soms sommer die hele week in beslag neem. Lekker saam kuier, grappies maak en Skoonpa moes gedurigdeur die resepte toets deur te braai en almal te laat proe. Alles word gebruik. Die varkvet word uitgekook en seep word daarvan gekook. Wildsbene word afgekook en die vleis gevries vir pasteie. All die bees bene, skenkels skoongemaakte kloutjies en dele van die grootpens en afval word gebruik vir die maak van sult. Die borsvleis word gepekel asook ‘n varkboud of twee en heerlike soutvleis word daarvan berei. Die bees is hoofsaaklik gebruik vir biltong, boerewors en maalvleis. Die algemene snitte soos T-bene, beeshaas, ens is uitgehaal en nie tot biltong of wors gewerk nie. Die ou Krokodil se Boerewors Resep SI Mates & volumes Die ou boere mates 25 kg Beesvleis 55 lb Beesvleis 7.5 kg Varkvleis 16 lb ± 4 kg aartappels (ongeskil) ongeveer 9 lb aartappels 1.82 kg gesnyde vet 4 lb gesnyde vet 10 eetl sout Selfde 4 eetl peper Selfde 4 eetl naeltjies Selfde 2.5 koppies asyn Selfde 1 kg gemaalde koljander 2 1/2 lb 1, 25 botteltjie tiemie Selfde Meng droë bestandele. Meng die Vleis, vark en vet op groot werkstafeloppervlakte. Sprei uit, sprinkel asyn eweredig oor vleis. Strooi gerasperde aartappel en droë bestandele eweredig oor vleismengsel. Meng deeglik sodat elke vleisie bedek is met speserymengsel. Maal die vleis. Nou word die gemaalde vleis weer oopgesprei op groot oppervlak en die vet eweredig daaroor gestrooi en dan gemeng. Die worsmengsel word dan nou deur die wordstopper, Nr 2 vleismeule met tuit, gesit. Gestop in derms en verpak in porsies soos vir gebruik. Intussen verskyn gebraaide porsies worsvleis "toetsertjies" vanaf skoonpa se braaier se kant aan almal wat werk. Stop in derms en verpak in porsies soos vir gebruik. Ter verduideliking Al die vleis van die bees word, nadat die bees boude en blaaie gemaak is, van die bene verwyder met die hand. Die “mooi stukke” gaan vir biltong en word sorgvuldig so gesny om eweredig te kan droog. Natuurlik het die biltong ook mooi vet gehad, die slagossie was dan tenminste vir die laaste ses maande op ‘n bederf dieet vir die okasie gewees. Terloops die volgende twee jaar se slagbeeste is ook reeds ge-eien sodat hulle net die beste voer kry. Die minder “mooi” vleis word gesny en uitgesit vir worsvleis en maalvleis. Die worsvleis mag geen senings, kraakbeen of iets dergliks bevat nie. Die maalvleis was die res van die verwerkbare of maalbare vleis. Die res was vir die katte en die honde. Regtig bederf, en hulle het geweet waar om te staan met die vleiswerkery. Geen smekery of vragery is toegelaat nie, hull het mooi buite die waenhuis gesit en elkeen sy stukkie gerky. Die vark was hoofsaaklik verwerk tot tjops, boude vir die pekelbalie en die res vir die wors soos benodig volgens die hoeveelheid bees. Al die vleis vir die wors en die maalvleis word in repe gesny sowat een tot een-en’n-halwe handlengte en een tot maksimum twee duim in deursnee. Dit is nou sodat die vleismeule maklik sal voer. Let wel die worsvleis word eers gemaal nadat dit gemeng is met die speserye en die aartappel. Die aartappel dien slegs as bindmiddel. Die gesnyde vet is die belangrikste. Die vet is afkomstig van die netvet van die bees. Dit is die vet wat die ingewande omhul in die bees, hoofsaaklik om die grootpens (rumen). Die aand nadat die bees geslag is, en hang om af te koel, word die vet gesny. Dit was ‘n gesellige familie aktiwiteit na ete, almal om die tafel in die kombuis. Dit vet is al koud en styf. Alle senings en velletjies word verwyder en die gestolde skoonvet word in ± kwartduim blokkies gesny. Dit is redelike moeisame werk maar op ‘n koue wintersaand genoeg om die familie gesellig besig te hou. Wanneer dit vroeg afgehandel is, is lekker kaart gespeel, TV was nie eers oorweeg nie, nie eens die nuus nie. Die koljander was vars, aangeplant in die somer en ge-oes in die herfs, uit die tuin. Dit word die dag met die beesslagtery gerooster en dan gemaal in skoonpa se koffiemeule. Heerlik vars wanneer dit met die worsvleis gemeng word.


Onbekende besoeke Marius

2010/12/22 05:10:50 PM

praat van boerewors gaan koop wors in somerset wes daar in die hoofstraat is n klein boerewors deli verseker die beste wors wat ek nog geeet het dis nou maar wors


Gerhard Botha

2010/09/11 08:10:31 PM

Danie, bly jy daar by al die Menonite's hier in Kanada se families ? - Net 'n grappie, maar elke 2 de ou wat ek hier in Abbotsford, Kanada raakloop kom uit Paraguay uit. Ag het jy nie vir my 'n behoorlike boerewors resep nie ( die een klink sooooo lekker. Het net gister my biltong/droewors kas klaar gebou. Boere groete hier uit Kanada


Willie van Zyl

2010/09/04 02:01:26 PM

Boerewors in Irak,al die bestandele word van S.A. af saam gebring, het al van kuns derms gebruik gemaak,sodat die geloof nie n probleem is nie , nou eet die mense dit ook en is op anvraag tot by die amerikaners, wie al n troue gehou het hier en die hoofgerg was ons boerewors, lekker om ons land se beste geregte bekend te maak, groete daar suid


Nic in Hong Kong

2010/07/26 03:11:00 PM

Smag na ordentlike boerewors hier. Maak self in S.A. ook my eie wors en voeg altyd Worctersauce by my wildswors. Kan nie wag om Des vir vakansie terug te gaan nie. Kry ook nie wit mieliemeel hier nie!


Onbekende besoeker Dirk weber

2010/07/18 09:44:09 AM

ek is opsoek na n wen resep om n lekker wors te maak het n slaghuis in mozambiek help asseblief.


DERTIG 0 SES

2010/04/02 06:47:50 AM

Danie C, wil jy nie asb n lekker resep publiseer nie. Ons het al alles probeer. Ons eie, ander "wen" resepte en kook boeke sin. Elke ou sin is vir hom die lekkerste. Ek probeer graag iets nuuts en dit is eersdaags sulke tyd!!


Alwyn Steenkamp

2010/04/01 01:16:44 PM

Ek kyk soo na jou wors en dink 10% vleis en 90% vet soya.Dis hoe hulle wors maak in die Kaap.


Pretorianer

2010/04/01 11:45:19 AM

Die geheim bly dat jou eie spesery mengsel die verskil is tussen n lekker wors en n "kafee" wors wat sy speserye in "Batchpak" kry soos bv vanaf Freddy Hirsch. Koop jou speserye daar maar elkeen apart dus suiwer en meng dit self. Daar is deesdae n walglike sintetiese of chemiese of nagemaakte smaak (ek sukkel om die regte woord te kry) in boerewors en jy sal n groot verskil proe as jy weer self wors maak. Probeer dit dit is lekker pret.


Danie C

2010/04/01 11:34:25 AM

Hendrik, my probleem is juis daardie gekoopte mengsels wat die wors net soos onsmaaklike slaghuiswors laat smaak. Hier en daar is daar uitsonderings. Wat goed is van daardie mengsels, is die Russianmengsel.


Onbekende besoeker

2010/03/31 10:44:32 AM

Nou ja met al die probleme van die mense wat niks wil verstaan en hulle monde rek oor die boervolk, kan ek vir julle vertel ons is n span wat wors maak hier in die moslem hemel[Irak] en dit is hoog op aanvraag. Wys maar net hoe gewild die goeie goed is


Hendrik in St Louis

2010/03/30 08:41:45 PM

St Louis is in die VSA, Missouri. Die resep is ongelukkig staatsgeheim, maar jy kan baie resepte op die internet kry. Van die ouens soos Safari en Freddy Herch wat speserye verkoop, verkoop sommer klaar aangemaakte mengsels, maar as jy jou hande op 'n ou Kook en Geniet kan lê, sal jy 'n baie lekker lekker droë wors en biltongresep daar kry.


Butchvan Blerk

2010/03/30 03:53:39 PM

Hendrik is ouma Sophie se resep beskikbaar en verskoon die onkunde, maar waar presies is St Louis?


Hendrik in St Louis

2010/03/29 11:28:55 PM

Dit lyk sommer baie lekker. Ons het self Vrydagaand 16kg se boerewors en 5 kg se biltong gemaak. Die biltong is nog nat, maar die wors (my ma, Sophie, se resep) smaak voerentoe. Na alles lyk dit my boonop of ons dit onder R40/kg kon maak met baie goeie kwaliteit vleis.


Karoo Jan

2010/03/29 09:37:34 PM

Yep, ons het seker maar almal lui geword! Ek stem egter, daar is niks so self gemaakte plaas wors nie. Maak selfs hier in VSA baie lekker wilds wors van die witstert bokkies, meng so bietjie vark en beeste vet by, gooi koljander, peper, sout en assyn - dan is hy 100%. Lekker braai!


Piet Wors

2013/04/22 04:22:06 AM

Daar is n paar geheime in die maak van lekker Boerewors: NO 1 bly by die befroede resep, jy is nie n kenner nie, so as jy dalk nie van koljander of naeltjies hie nie moenie besluit om dit nie in te gooi nie!!!!! 1/3 Vark en 2/3 bees is verpligtend , anders los dit jy gaaan net droog maak.Meng speserye voor jy maal, en los dan die gemaalde vleis uit!!!!! Moenie knieg en meng nie jy maak die wors taai!!!! Maal lekker grof en stop Dannie te pap nie. Die beste resepte is volgens my die Kook en Geniet se Boere Wors resep en Freddy Hirsch se Plaaswors speserye. N baie lekker mengsel vir wild is 1/3 wild 1/3 skaap en 1/3 vark maak dan soos boerewors. Droe wors ? Daai is n perd van n ander kleur, jy kan nie vark insit nie en bees is te wild alleen is te droog!!! Skaap, as dit te duur is , dan is jy te arm om droe wors te maak. Groetnis Piet Wors

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.