|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Langs die pad, waarop ek gereeld ry en ook gaan stap, staan die rytjie plante. Hulle lyk eintlik half eensaam, so asof hulle wag vir ´n geleentheid om hulle verder te neem, dalk ´n bakkie of die volgende collectivo. Vandat ons hier gekom het, het ek die bossies langs die kant van die pad, opgemerk. Alleen gelyk, asof hulle nie met die res van die onkruid, wat met die goeie reën welig groei, wil meng nie. Afstand bewaar van die ander. Net op hierdie plek, het ek hulle raakgesien en hulle versprei ook nie juis nie.
Regte, egte boetebos, beter bekend as Xanthium spinosum ´n Nagmerrie vir die wolboere. Af en toe het daar van hulle opgekom en floreer en het die wol besmet geraak. Elke skaap is ondersoek, swaar werk, want hy moes sitgemaak word om te sien of die pens skoon is. Nou nie so swaar werk, soos die skeer nie en darem ook nie so ´n groot verpesting as kankerroos nie. Dít is nou werk, om skape wat daarmee besmet is, skoon te pluis. Gelukkig is hier min wolskaap, wat daarmee besoedel kan word.
Die vertelling is dat boetebos na Suid-Afrika gegaan het, saam met perdevoer wat hier van Suid-Amerika gekom het, gedurende die ABO. Sien elders dat hulle saam met die Engelse se perde van Indië gekom het.
Bekyk die bossies so en dink dat hulle seker maar uit Indië na Suid-Afrika gegaan het, want hierdie paar lyk nie baie tevrede hier nie.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)