
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Ek het regtig min kans gekry om my inskrywings op datum te bring. Ek het net groot vreugde om met enkele werklike goeie produsente te werk wat my werk vir my makliker maak, omdat tyd en afstand dit moeilk maak .
Een van hierdie produsente is Johan van der Watt en sy Pa Corn van SandSonia Boranstoet te Humansdorp.
Goeiemôre Pierre
Hoop dit gaan goed in die “BlouBul vallei”. Hierdie naweek gaan dit klippe kou op Nuweland wees !!
Net ‘n kort nota om die vordering met jou voorgesteldeStrategiese Geïntegreerde Parasiet Bestuur (SGPB) op ons plaas, SandSonia Boran, weer te gee.
Voor 15 Augustus - Spreidip (spray race dip)
Implementering van Strategiese Geïntegreerde Parasiet Bestuur (SGPB) met Scorpiondip sisteem
15 Augustus 2009
Produk 1 soos deur jou bepaal om inwendige parasiete en uitwendige vlieë, myte, luise en bloubosluise vir sowat 28 tot 30 dae te beheer.
Resultaat
31 Augustus 2009
Produk 2: Multigasheerbeheer
28 September 2009
Produk 3: Bloubosluisbeheer
12 Oktober 2009
Produk 2 vir Multigasheerbeheer
Waarnemings
Die proteienvlak wat die beeste tans inkry is ook konstant meer as +-12% vanaf die veld/weiding.
Volgende Stap
15 Januarie 2010
Dit is die verwagte datum, soos deur jou bepaal, dat daar weer bloubosluise op die diere behoort te wees.
Laat weet gerus indien ons vir nog enige moontlike “simptome” moet bedagsaam wees.
Groete en baie dankie vir jou waardevolle hulp.
Johann van der Watt
SandSonia Boran
Sel: 079 509 5476
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hallo Pierre
dankie vir die skrywe. Ek moet net noem dat dit glad nie die ideaal is om diere bosluisvry te kry nie want hul verloor hul natuurlike weerstandigheid teen die die bosluisgedraagte siektes.
Dit ook belangrik om te onthou dat multigasheerbosluise, soos die bont-, bontpote, rooipoot, Karooverlammings en bruinoorbosluisspesies se eerste bloedmaal op reptiele, rotte en grondlopende voêls is.
Dit is laastens belangrik om te weetdat wanneer bosluise "molt", die vel reageer op temp en reenval en dat die ensieme in die doppie gewoon net skif word en disintegreer en die larf of nimf gewoon net uitklim. Boonop gaan lê die wyfies eiers in krakies en beskutte plekke, onder wortels en in bosindringing plekke en kruip selfs onder klippe weg.
Baie dankie vir jou bydrae en opmerking. Daar is verskeie kere waarom bosluise net kan verdwyn vir n tydperk, maar ek sou nie sy veewagter se aanname net onvoorwaardelik aanvaar nie, die wetenskap van bosluise is n baie kompleks besigheid en niks wat die mens nog ooit na bosluise toe gebring het, het bosluise nie oorkom nie.
Baie dankie vir jou skrywe..
Scorpiondip,
Ek merk dat bosluis beheer jou besigheid is. Ek self hou my besig met die inokulering van grond met bakterie. Ons beskik oor 'n aangetekende geval waar die vogehoue toediening van ons produk gelei het tot weidings wat bosluis vry is. Die werking van ons bakterie is juis dat dit vestigo.a. op chitien en verhard dit sodat grondpeste nie kan uitbroei nie.
Die spesifieke boer spuit al vir 'n "paar" jaar sy weidings twee tot drie keer per jaar met ons groei stimulant bakterie om drakrag, groei en voedsaamheid te verhoog. Sy veewagter het opgemerk dat met die verloop van tyd die kudde bosluisvry geraak het. Interessant ne?
Sukkel met die fonts en spasies
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)