Ondersteun nog niemand nie
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Goeie more aan almal daar buite op die Saterdag oggend. Ek is vanoggend vroeg uit die vere want vroulief kom huis toe vandag en ek het gou met haar gepraat voordat sy van Birmingham vertrek. Sy se dat die weer daar baie lekker en warm is en ek beny haar sou effens want sy het nou 'n paar weke se lekker warm weer gehad daar anderkant die water. Aan die anderkant gaan sy more oggend die koue hier op Bethal voel. Maar nou ja vir die koue kan ons 'n lekker vuurtjie aansteek en dan is alles sommer knoesig en dit sal lekker wees om haar weer hier terug te by my te kry. Wat my altyd opval wanneer sy weg is, is dat daar so baie dinge is om gedoen te word in die huis wat ek eintlik nooit raaksien wat sy doen nie. Ek het nou gisteraand gou die huis weer probeer kry soos wat sy aan dit aan my oorhandig het voor sy weg is maar dit het nogal harde werk gekos. Ek probeer maar so min as moontlik doen terwyl sy weg is en probeer ook maar onthou om my skoene by die agterdeur uit te trek maar nou ja nie altyd suksesvol met daardie gedagte nie.
Ek kyk gisteraand so deur die fotos en sien toe 'n paar fotos van 'n vers wat besig is om te kalf en ek dink toe ek sal dit gou opsit.
Hier is 'n vers wat besig is om te kalf. En die Boran is 'n bees wat met gemak kan kalf, met sterk moeders eienskappe. Hier het sy gaan le en die water het nog nie gebreek nie. Ek weet nou nie of dit vinnig is of nie maar daar was geen probleme nie.
Hier is dit nou 42 minute later en die vers is besig om die kalf skoon te maak en die nageboorte is klaar gevreet. Die kalf het opgestaan sowat 10 minute later en begin suip met ma se hulp om hom tot by die spene te stoot.
Nou ja dit is dit vir vandag. Ek moet gaan kyk dat ek nie die honde se kos verbrand hier op die laaste dag.
EK wens vir almal 'n goeie dag toe en mag julle die Saterdag geniet soos wat ek hom gaan geniet. Ek het 'n man wat al die pad daar van Hoedspruit af ry en hy wil na die Boran beeste kom kyk. Hy het nou net 'n SMS gestuur om te se dat hulle vorder fluks. Hulle behoort so teen 10 uur hier te wees en dan kan ek weer doen wat e die meeste geniet. PRAAT OOR BORAN BEESTE.
Boran Groete aan almal.
Buks van Bethal
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)