Boran Groete

Goeie more aan almal daar buite.

Wel hier is ons aan die einde van die week en die tyd het weereens vinnig verby gegaan. Dit is naweek en hopelik gaan dit 'n lekker naweek wees maar as jy so na die weer voorspellings luister dan dink jy Mhhhh gaan die koue dan in my bene opkruip soos wat hulle praat.

Die manne daar onder in Underberg gaan seer sekerlik koud kry en my vriend Boet daar bo in die berge gaan beslis koud kry.

Ek hoop om die Boran Blog weer lekker aan die gang te kry hier op die nuwe werf en dat dit net so lekker sal werk soos voorheen.

Ek gaan maar gou weer almal herrinner dat die Nasionale Boran Veiling plaas vind op die 25ste Julie by die Afridome in Parys en die veiling begin om 11:00 hoop om almal van julle daar te sien. Ek het gister die veiling pamflet gekry en daar gaan baie oulike beeste te koop wees.

Dragtig vers vir Nasionale Veiling

Hierdie vers gaan daar te koop wees sy is 'n dogter van Eloff Muller se bekende bul TLM 02 12 en daar gaan van sy semen te koop wees by die veiling. Sy dogter het die Nasionale rekord prys gekry van R270K vir 'n vers en hy is 'n pragtige bul wat goeie nageslag het. Wat die vers besonders maak is dat sy Kenya bloed en Zambiese bloed dra wat haar baie uniek maak vir teling. Sy is dan ook dragtig van TLM 04 578 wat daaronder by Sam staan sy behoort vir enige iemand 'n aanwins te wees.

Onthou om in te loer op de webwerf van die Boran genootskap en julle kan die Veiling Katalogus daar aflaai op die 'Sales and Events' bladsy. Ons het ook 'n skakel ingesit na die Kenya Boran Genootskap wat baie interresante lees stof op het.

Die Genootskap web werf  kan gekry word by www.boran.org.za

Julle kan ook inloer op my web werf by www.borans.co.za

Boran Groete aan almal en ek skryf weer later.

Buks van Bethal 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 3 (2 votes)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.