Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Boran-groete-nasionale-veiling

Argiewe

2011

  • Julie (1)
  • Junie (2)
  • Mei (4)
  • Januarie (2)

2010

    2009

      Blogger

       
      boran
      Foto album
      Aangesluit: 10 Jun 2009

      Ek ondersteun

      Ondersteun nog niemand nie

      Volgelinge

      • scorpiondip se foto
        scorpiondip
      • wielepieterse se foto
        wielepieterse
      • Sandra Nel se foto
        Sandra Nel

      Vriend

      Nog nie vriende gemaak nie.

      Jongste blogs

      Danie C se foto
      Toulouse en omgewing (4)
      saai se foto
      Invoere - bangkrot Boere
      Steven nel se foto
      Kopklamp
      Steven nel se foto
      My nuwe nguni vers
      Johannes Meintjes se foto
      Perspektief op Landbou: ACDP

      My Weer

      • Voorspelling
      • Vandag
      • My ligging

      Kaapstad

      • Donderdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:20 C
      • Laag:9 C
      • Vrydag
      • Reën
      • Hoog:17 C
      • Laag:10 C
      • Saterdag
      • Mis
      • Hoog:17 C
      • Laag:7 C
      Sonsopkoms: 7:37
      Sonsondergang: 17:47

      Kaapstad

      Bygewerk:24 May 03:00 IDT
      Temp:
      Druk:
      Doupunt:
      Humiditeit:72%
      Wind:

      Kaapstad

      Peiling

      Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

      Boran Groete (Nasionale Veiling)

      Ingestuur deur boran op 6 Julie, 2010 - 14:55

      Goeie More hier van Bethal.

      Dit was met n bietjie vreugde wat ek sien dat daar 'n Boran bul op die voorblad van ons Landbou Weekblad is met 'n opskrif van "Organiese vleis van swak veld" Dit behort 'n goeie artikel te wees. Ek hoop nou maar net die Poskantoor vat nie te lank voordat hulle my tydskrif in my hokkie plaas nie.

      Wel die Nasionale veiling is om die draai en dit beloof om 'n goeie veiling te wees hierdie jaar. Daar is van die beste Borans wat hierdie jaar op die veiling aangebied gaan word.

      Die veiling vind plaas by die Afridome in Parys op die 17 Julie 2010. Daar gaan verseker iets vir almal wees. Daar gaan saad beskikbaar wees van die land se top bulle, top bulle word verwag en mooi verse en koeie.

      So doen jouself 'n guns en kom vergewis jouself met die Boran. Daar sal kundiges wees om jou te help met al die vrae wat jy het. Ek vat self 'n paar van my top beeste na die veiling toe en dit is altyd met 'n gevoel van effense angs  wat jy jou beeste na die vertoonkamer van die ras toe vat.

      Ek gaan maar 'n paar fotos hier aanheg sodat julle maar kan kyk en dalk kommentaar kan lewer hier.

      LOT NO 76 C07 03 (Bonaparte)

      Dominante sterk bul met goeie kapasitiet en 'n uitstekende skede en baie sterk libido. Sal 3 jaar oud wees op 9 Augustus 2010.

       

      C07 04 Lot No 22 Die ideale Boran koei. Eerste kalf op 21st Nov 2009 op 27 maande.  (Bul kalf C09 85)

      Gespoel vir embrios in Mei 2010 en sy gee 8 Graad  Een Embrio’s. 

      In kalf van CFH06 45.

      Verkoop as 3 in 1 met bul kalf C09 85

      Sire: PM 14R Dam : HVT 0205 .

       

       

      Lot no  77 Z 06 19

      Suiwer Kenya genetika. Die koei spoel goed as 'n vers en skenk 25 embrios oor 3 spoelings met 'n gemiddeld van 8 embrios per spoeling. 'n baie mooi vroulike koei en sy verkoop met haar bul kalf van 45 dae. Beslis 'n goeie belegging.

      Sire: Marula 25 Dam: Ol Pejeta 2424

       

       

      Lot no 123 Z 06 24

       

      Sy is 'n baie besonderse mooi diep rooi koei met goeie pigmentasie, Sy is suiwer Kenya genetika. Sy is tans 7.5 maande dragtig en sy is gedek deur of TLM 06 506 (Balthazar) of CFH 06 45 (Byrnie) enige een van daardie bulle sal haar 'n pragtig kalf gee. Sy is gekeur as 'n embrio skenker maar is nog nooit gespoel nie.

      Sire: Marula 25  Dam: Ol Pejeta 4504

       

      Nou ja daar is nou 'n paar foto's om julle lekker watertand te kry.

       

      Onthou om in te loer op die genootskap se web werf www.boran.org.za en julle daar meer inligting kry oor die Boran.

      Boran Groetnis

      Buks van Bethal

      Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (2 votes)
      • boran se blog
      • 1710 keer gelees
      • Drukker-vriendelike uitgawe
      • Stuur na vriend
      • PDF uitgawe

      Kommentaar

      boran
      09 Jul 2010 10:01

      Goeie More Stephan.
      Ja jy is reg die bul het 'n groot pens en ek is trots op daardie pens. Die verskil tussen 'n bul met 'n pens en 'n bul sonder 'n pens beteken dat daardie bul wat 'n pens soos die een op die foto 'n veld aan gepaste bul is en nie uit 'n voerkraal uitkom nie. Die vermoe van die Boran om gras om te sit in vleis is wat hom besonders maak. Hierby my word die beeste op gras groot gemaak en die groot pens is dus die fabriek waar die gras omskep word in dit wat jy wil verkoop op die eiende van die dag teen wins "VLEIS"
      As jy na 'n bul gaan kyk en hy het ,n "PLAT PENS" gaan jy geld mors om so 'n bul aan te koop want hy sal by jou in die veld kom staan en wag by die hek dat jy hom moet kom voer. Maar nou ja kom kyk hoe lyk die bul op die Nasonale veiling en vergewis jou met die bees ras wat die gras in ons land kan omskakel in vleis.
      Dankie vir die kompliment op die koeie hulle het self lekker dik pense.
      Boran Groete
      Buks

      • antwoord
      Stephan Botha 
      08 Jul 2010 19:15

      Ek hou van jou vroulike diere, maar die bul het net 'n moerse pens en niks verder nie.

      • antwoord
      boran
      08 Jul 2010 09:27

      Hello Weereens.Johan.
      EK het gaan kyk na die artikel wat ek dink jy na verwys wat geskryf is deur Dr Dreyer en daar is verwys na die teling van 'n F1 Boran / Nguni kruising en dan die F1 kruising te gebruik vir die opteel van 'n nuwe ras. In sy sy skrywe maak hy dan die stelling dat die Boran en die Nguni baie na aan mekaar is. Dit is onwaar want die navorsing het getoon dat die Boran onverwant is aan enige ras in die land. As jy verder sal lees op die artikel van Dr Dreyer sal jy sien dat daar 'n onbekende besoeker die inligting aan hom uit gewys het. As jy gaan lees wat die verdere kommentaar was op die brief van Dr Dreyer sal jy dit daar kan lees.
      Ek kan dus vir jou met 'n geruste hart se dat as jy jou Nguni wil verbeter is die Boran jou antwoord.
      Boran Groete
      Buks
      NS jy kan die artikel hier lees. www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/boran-nguni-kruisings

      Buks

      • antwoord
      boran
      08 Jul 2010 08:53

      Goeie More Johan.
      Ek weet nie wie DR Dreyer is nie maar ek het oor die afgelope 4 jaar redelik baie met boere te doene gekry wat hulle Nguni beeste met die Boran gekruis het en hulle is almal in hulle skik met die resultaat. My eerste Boran was 'n Boran/Nguni kruis bulletjie. My buurman in Richmond op dieselfde tyd het my bulletjie se half broer gekoop en hy gebruik hom nog steeds met welslae. Ons genootskap president het self eers met Nguni's geboer en hy het die Boran baie suksesvol gekruis met sy Nguni's. As jy hierdie week se Artikel lees in die Landbou Weekblad sal jy sien wat die voordeel is daarvan om met 'n Boran te kruis.
      Ek is seker daarvan dat die meeste boere wat ernstig is oor die bemarking van veld vleis sal vir jou kan bevestig dat die Boran dit vir jou kan doen. Die Boran sit net meer vleis by op jou Nguni maar jy het nog steeds die beste van beide rasse.
      Jy kan my kontak op 076 781 9404 of op buks@borans.co.za
      Groetnis tot later.
      Buks

      • antwoord
      Johan Schoeman 
      07 Jul 2010 21:40

      Hallo Buks, Ek het 'n artikel van DR Dreyer gelees waarin hy sê dat daar min waarde is om Boran met Nguni's te kruis. Ek is teleurgesteld in die siening aangesien ek baie graag Borans in my Nguni kudde wil gebruik. Enige voorstelle?
      Groette Johan Schoeman

      • antwoord
      HANNES MARITZ 
      07 Jul 2010 10:16

      Hallo Kobus
      Jou beeste lyk pragtig, sal graag jou tel no wil he om sodoende met jou te kommunikeer.

      Groete Hannes Maritz
      084 512 3333

      • antwoord
      wielepieterse
      06 Jul 2010 19:12

      Jou diere is pragtig. Waardeer die blog en die inligting wat altyd verskaf word.

      —

      Kobus Pieterse

      wielepieterse@yahoo.com

      Naboomspruit

      • antwoord

      Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

      Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

      Geborgde skakels


      Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

      Kwaliteit Saad

      Die toekoms is in jou land

      In lyn met die boer

      MSD Animal Health

      Our brand new website

      Daaglikse nuusbrief

      Weeklikse nuusbrief

      Teken In

      • Registreer as gebruiker
      • Wagwoord vergeet?

      E-pos forum

      • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
      • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
      • Boom Lusern en siektes
      • Nekklamp vir beeste
      • verpakking soos bokse en sakke
      meer...

      Gewildste stories

      Vandag

      • Revolusie in landbou is hier - Tina
      • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

      Immergroen stories

      • RSS-voere
      • E-pos foto's aan ons

      Pas gelees

      • Makenete na Land Bank
      • Hof sê boere moet water kry
      • Wie is ons?
      • Kontak ons
      • Gebruiksvoorwaardes
      • SMS-diens
      • RSS-voere
      • Teken in op LBW
      • LBW-argiewe
      • Vennote

      Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

      Web Development by FormFunction