Goeie middag hier op die lieflike dag hier in Bethal. Nou ja dit was 'n lekker sonnige Sondag en so klein bietjie van 'n storm om die dag mee af te sluit.
Dankie vir al die navrae oor die Boran speen kalwers. Hulle is reg om te gaan en volgende week is daar nog 'n klomp wat gespeen word.
Ek het gedink om maar gou 'n paar fotos hier op die blog te sit vir diegene wat gevra het daarvoor.
Gister 'n groot dag want vriend Paul het drie van die groter bulle op gelaai. Boris en Burger is weer saam met broer Bart daar in die Vaalwater distrik en Paul het vir Balthazar ook saam geneem om daar by hom te gaan werk.
Hier is 'n foto van Balthazar net voor hy gelaai is. Hy het goeie werk gedoen van die middel van Desember en het sy enkels lekker dun gewerk.
Hier is 'n foto van Burger
En hier is 'n foto van Boris.
Nou ja asdiemanne binnekort daar in die Vaalwater area gaan kalwers koop ek is seker dat die 4 bulle daar nie op hulle gaan laat wag nie.
Vir die manne wat na die volgende fotos gaan kyk hulle is omtrent almal Baltazar se nageslag.
Hier is nog 'n foto van 'n bulkalf van Balthazar
Dit is CB 09 45 hou hom maar dop in die toekoms.
Hou hierdie vers dop CB 09 13 sy sal later die jaar op die veiling kom.
Net vir die manne wat dalk sou belangstel in 'n Mooi F2 poena bulletjie.
Hierdie F2 bulletjie kan die werk doen.
Nou ja hierdie foto's behoort julle aptyt te stimuleer.
Daar is 'n hele paar F3 en SP bulletjies beskikbaar. Hou maar die Landbou Weekblad dop vir die advertensie.
Die prys sal wissel van R10K tot R25K.
Nou ja dit is genoeg vir vandag. Ek wens julle almal 'n goeie week toe en mag die week 'n goeie een wees.
Onthou om op die web werf van die Byrne Valley Borans in te loer op www.borans.co.za
Daar is ook nog meer inligting oor die Boran beskikbaar op die genootskap se web blad by www.boran.org.za
Groetnis tot later
Buks van Bethal
Kommentaar
Hello Hennie
Ek het nie enige kontak besonderhede vir you nie. As jy na my web blad toe gaan kan jy vir my e-pos van daar af stuur. Met jou besonderhede.
Boran Groete
Buks
Hi Buks
Ek was toevallig op Adriaan Rall se plaas verlede week en ek moet se die Boran gogga het lekker gebyt.
Kan jy ook asb vir my meer inligting e-mail van wat jy te koop het en ook die speenkallers.
Baie dankie
Hennie
Hi Buks,
Jy se jy sal n paar speen kalwers binnekort beskikbaar het. Ek stel belang en will graag meer weet oor die kallers. Skryf asb vir my by : eltonpanizza@hotmail.com
N paar foto's sal ook waardeer word.
Dankie en lekker boer
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)