Boran Groete van Bethal

Goeie More aan almal daarbuite.

Ek wonder nou waarom te begin. Kom ek begin maar op 'n positiewe punt. 

Dankie aan Charl van Rooyen en Landbou Weekblad vir 'n goeie artikel oor die Boran in die 9 Julie 2010 uitgawe. Dit bring in kort die Boran se goeie eienskappe na vore. In die openings paragraaf sê dit alles. Ek haal aan

"Die toekoms van rooivleis produksie in Suid Afrika lê in natuurlike weiding want weens kostestygings kan dit nog later moeiliker word om vleis op aangeplante weiding te produseer.'n Bees wat veldgras te midde van moeilike toestande in vleis kan omskakel sal dus 'n voorsprong bo ander rasse hê."

Kom ons hoop nou maar dat daar meer ingeligte besluite kan geneem word deur boere wat vooruit wil boer met beeste. In die artikel is heelwat waardevolle inligting wat dan deur ernstige bees boere bevestig word en nie net uit my mond uit nie.

Die Boran se vermoe om gras in vleis om te skep lê in die pens kapasiteit van die bees, want hierby my kry die beeste net gras en water en dan is die gras nie eers van die beste gehalte

Ek het nou 'n kommentaar gekry op die bul wat ek na die Nasionale Veiling toe vat dat hy 'n grootpens het. Ek is nogal trots op daardie stukkie kommentaar want dit beteken dat my bul doen wat die ras belowe.

Die pens van 'n bees is die fabriek wat die voer moet omskep in vleis. Hoe groter die pens (fabriek) hoe meer rou materiaal kan verwerk word.

"n Bul met 'n plat pens het nie die kapasiteit om gras in vleis om te sit nie. 'n Bul met 'n plat pens word gevoer en het nie 'n groot pens nodig nie. Tipies van 'n bees wat vir voerkrale geteel word. Die beweging moet juis weg wees van plat pens bulle want die geld lê in die bemarking van die bees wat op die veld vet word. Mmmmh ek kan sien dat ons hier miskien 'n reaksie of twee kan uitlok. 

Ek lees en hoor altyd van die boere wat wat sê dat hulle nie 'n vetgevoerde bul op hul plase wil hê nie maar hulle is dan ook die eerste wat hulle hande opsteek om die vet bul op die veiling te koop. My raad is hier om te verwys na die pens. "As die bul in 'n goeie kondisie is en hy het 'n groot pens kan jy hom maar koop maar  "Pasop vir die vet plat pens bulle!ll"

Maar nou ja laat ek aangaan met wat ek oorspronklik vandag wou sê

Ek kry 'n vraag van 'n leser van die blog en hy will weet of die Boran 'n goeie kruis sal maak met 'n Nguni.

Hy sê dan ook dat hy het 'n artikel gelees van 'n veekundig wat sê dat dit nie so goed sal wees nie aangesien die Nguni en die Boran na aan mekaar verwant is.

Nadat ek gaan lees het wat die veekundige gesê het kan ek nie verstaan hoe hy die stelling kon maak nie. Dit wil my voorkom asof hy van beter moes geweet het. Die Boran en die Nguni is uiters vêr van mekaar op 'n genetiese glyskaal (DNS toetse het dit bewys)  en die baster krag wat verkry word deur die 2 rasse te kruis is fenominaal. Ek verwys hier na die genetiese samestelling van die Boran

Bos Taurus 24%

Bos Indicus 64%

Bos Taurus Africanus 12%

Die Nguni het wel 'n klein gedeelte van Zebu (Bos Indicus) in sy genetiese samestelling maar nie soveel dat die basterkrag  verlore sal gaan op 'n kruising met 'n Boran.

Onkunde van verskillende rasse is daar beslis in ons land. Ek sal net graag wil dink dat mense wat hulle self veekundiges noem hulle moet vergewis van die verskillende rasse in ons land en dat hulle dan 'n ingeligte opinie kan gee.

Onkunde in sekere aspekte van vee in ons land is dikwels verstommend. Soos op vorige blog inskrywings al reeds bespreek is.

Ek het 'n goeie vriend wat met Beefmasters boer en hy het vir my gesê op 'n dag toe ons oor ons beeste sit en praat. En dit is sy woorde. "Jy moet met die bees boer waarvoor jy lief is." Nou ja dit is waar woorde want ons pas dit oral toe. Ons trou met ons vrouens want ons is lief vir hulle.

In ons land is daar heelwat bees rasse en van hule gaan die mas opkom in die wegbeweging van voerkraal beeste en sommige van hulle gaan nie die mas opkom nie. Die keuse wat jy as 'n veeboer nou gaan maak sal bepaal in die toekoms of jy geld moet spandeer om jou beeste vet te voer en of jy geld gaan spaar deur jou aangepaste dik pens beeste van die veld af te bemark.

Ek weet dat wat ek nou gaan sê seker veekundiges te na gaan kom in hulle opinie. Maar nou ja wat kan ek anders doen. Elke "Veekundig" het 'n bees wat hy voorstaan en hy wil dan ook sy geliefde bees aan sy klient bemark.

Ek lees dan ook verder dat die "veekundiges" deskundig raad uitdeel. Ek wonder net altyd of dit die beste raad is. Hoeveel van hierdie "veekundiges" kom uit 'n bees agtergrond of is dit maar net die vak kennis wat hy opgedoen het in 'n klas kamer?

Ek sal graag wil terugvoer kry van boere wat Boran kruis beeste het, Dit sal help as ons dan sekere stellings kan bevestig en ook om seker stellings te verwerp.

Ek gaan nou maar eers weer groet en sal later weer kom skryf.

'n Goeie dag word vir julle almal toegewens.

Boran Groete

Buks van Bethal

 

 

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.2 (5 votes)

Kommentaar

Onbekende besoeker Cecil Jones 

Uitstekend Buks!!! Ek kan net met jou saam stem!!

Groete uit die Oos Kaap.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.