Ondersteun nog niemand nie
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Goeie Middag van Bethal
Nou ja hier is ons 'n week weg van die Boran Nasionale Veiling op die 25ste Julie 2009 by die Afridome in Parys. Ek het nou die verkoops pamflette gesien en daar gaan rerig goeie en mooi Boran beeste op die veiling beskikbaar wees.
Ek het nou belowe dat ek die Koei wat ek veiling toe gaan vat se foto hie sal op sit en ek het gou vanmiddag probeer om 'n goeie foto te kry maar sodra hulle agterkom dat jy vir hulle onnodige aandag gee dan begin hulle weg beweeg van al die plekke waar jy wil het hulle moet staan.
Hierdie koei is 'n suiwer Zambiese koei en dit beteken dat sy sal baie 'n goeie kopie wees vir enige voornemende Boran teler. Sy het baie goed embrios gespoel en sy het 'n gemiddeld van 10 embrios per spoeling. Sy is tans dragtig maar sal biinekort kalf en sal dan weer reg wees om te spoel vir embrios.
GF 26 P
Sy is 'n mooi funksionele koei en sy het die vers kalf dan groot gemaak hierdie laaste jaar.
Vers kalf van GF26 P 'n baie mooi rooi verskalf.
Ek hoop hierdie foto's help vir die manne wat gevra het vir dit.
Ek gaan nou eers weer groet maar onthou om op die Boran genootskap se web werf in te loer en te kyk na die pamflet en dan ook die katalogus. Ons het die katalogus in 2 gedeel sodat hy vinniger kan aflaai so maak maar seker dat julle altwee gedeeltes aflaai.
Die genootskap se web werf kan gekry word op www.boran.org.za
Julle kan dan ook daar by my web werf inloer terwyl julle op lyn is en dit is by www.borans.co.za
Boran Groete aan almal en 'n lekker naweek vir almal.
Buks van Bethal
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)