Ondersteun nog niemand nie
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Goeie More aan almal daarbuite.
Nou ja hier is ek weer met my Boran voor jou deur. Ek het nou gisteraand 'n foto gekry van Stompie se vers en het gedink ek moet haar gou hier op die blog sit.
Stompie (Nicolas) Olivier se vers het verkoop vir R290,000 en ek dink dat die jongman goed gedoen het. Die kopers was Circle C Borans en hulle boer daar in die Excelsior omgewing.
Nou ja hier is dan die foto van die vers
HOT 07-08

En haar vaar was dan die bul wat Cyril Ramaphosa in 2006 by Simon Hodgson van Boran Genetics gekoop het vir die rekord prys van R260,000
B04 001

Ek gaan gou 'n foto hier by sit om te lyk hoe hy as 'n jong bul gelyk het in 2006.

Nou ja soos ons kan sien het hierdie bul baie mooi gegroei.
Ek gaan nou gou groet want ek het so 'n paar los werkies wat gedoen moet word en ek sal so effens later weer kom skryf.
Boran groete aan almal daarbuite en geniet die dag.
Buks van Bethal
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)