Boran Rekord Nuus

Boran groete van Bethal.

Wel wie so kon dink dat die tyd so vinnig verby so vlieg. Hier sit ek vanaand en dit is al 'n week terug toe ek koud gekry het in Parys.

Ja die Nasionale veiling is verby en die nuwe mense het seker nou al tyd gekry om oor die skok te kom. Ek wonder nou of die rekords gaan verbeter word by die volgende veiling want sover by omtrent elke veiling kom daar 'n nuwe rekord. Laas naweek in Parys was dit nou weer die geval. Daar verkoop Johan Naude van Heilbron 'n 3 in 1 koei vir die Suid Afrikaanse rekord prys van R350,000 en Stompie Olivier kry 'n rekord prys vir sy vers van R290,000. Nou ja die manne wat gekoop het geluk met julle aankope en aan die verkopers geluk met jule verkope.

Dit was weereens 'n goeie naweek vir die Boran Beeste. Die lekker gedeelte van die Nasionale veiling en annder veilings is dat daar altyd nuwe telers is wat tot die bedryf toe tree. Dit is dan ook altyd lekker om al die bekende gesigte te sien en te hoor hoe tevrede al die mense is met hulle Boran beeste. Ek gesels met Christo daar van Namibie wat weer 'n paar beeste by gekoop het en dan ook die mooi bul van Simon gekoop het. Hy is beindruk met die beeste daarbo in Namibie.

Ek sal later 'n bietjie meer uit brei oor die Nasionale veiling en meer van die beeste vertel.

Gister die 29ste Julie was daar dan ook die Oos-Transvaal Alle Ras Bul veiling.

Daar het ons weer baie belangstelling gesien en van die manne kon nie wag dat die veiling begin nie. Schalk van Oudtshoorn het 13 boran bulletjies gebring en dit was dan ook die eerste keer dat Boran Bulle op die veiling sou kom. Nou ja dit is nogal 'n gedoente om sowat +- 300 bulle in 'n dag verkoop te kry en die Boran bulle was 2de laaste op die ldag se verkope. Uit-einedelik het die Boran bulle hulle opwagting gemaak in die Arena en die eerste bul verkoop toe teen 'n baie goeie prys. Die bulle verkoop almal en die Hoogste prys van R45,000 word behaal met 'n gemiddelde prys van R37,615 word behaal vir al Schalk se bulle. Ek wil dan ook se geluk aan Schalk met sy bulle en dankie dat hy die pad oopmaak vir die ander telers.

Ek gaan nou gou weer groet en sal later meer kom skryf.

Daar is 'n paar manne wat my vrae gevra het by die Nasionale veiling en dan ook weer gister en ek sal later kom aandag gee aan al die vrae.

Boran Groete vir almal daar buite en geniet die aand.

Buks van Bethal

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (2 votes)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.