Boran Rekord Pryse op Nasionale Veiling in Parys 2009

Goeie More aan almal daarbuite.

Ek het nou die opsomming gekry van die Nasionale veiling.

BULLE

24 Bulle verkoop vir gemiddelde prys van R 67083.00 Hoogste prys van  R310 000 vir die bul B04 042.   Die koper was Chris Coetzee van Namibia.

Die verkoper was Simon Hodgson van Boran Genetics, van Estcourt.
Hier is 'n foto van die Bul B04-042
 
KOEIE
 
11 Koeie verkoop vir 'n gemiddelde prys van R91 364.00. 
 
3 Koeie met kalwers is verkoop vir gemiddelde prys van R170 000. Hoogste prys van R350 000 vir die koei N04 002 met n bulkalf.  Die koper was Dr Johan Henning, Marones Borane, Ellisras.
Die verkoper was Johan Naude van Heilbron.

 
Hier is 'n foto van die koei N04-2A

 

33 Verse verkoop vir gemiddeld van R83 727.00
Hoogste prys van R290 000.00
(Foto van Stompie Olivier se vers volg)
 
200 strooitjies Semen is verkoop vir 'n gemiddeld van R555, met 'n hoogste prys van R2000 per strooitjie vir die bul TLM 0212, van Mnr Eloff Muller van Mosselbaai.
Die koper was Michel welgemoed van Klerksdorp
TLM 02 12
 
Nou ja dit is die nuus van die Nasionale veiling.
 
Die volgende veiling sal dan by Simon wees in Escourt op die 28ste Augustus 2009 kom kry jou volgende Boran daar.
 
Boran Groete aan almal daar buite.
Buks van Bethal
Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.