Ondersteun nog niemand nie
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Goeie Naand hier van Bethal.
Ek is jammer dat ek nou so lank gevat het om terug te kom by die skrywe van die vrae wat gevra word.
Kom ons begin sommer by een van die vrae wat ek belangrik ag.
Vraag: Kan ek 'n F1 of 'n F2 Boran bul gebruik by my kommersiele kudde?
Antwoord: Die vraag wat jy jou self moet vra op die staduim will jy net teel vir basterkrag van die Boran of wil jy met 'n opteel program begin.
As jy net die basterkrag van die Boran in jou kommersiele kudde wil kry is die antwoord ja jy kan 'n F1 of 'n F2 bul gebruik.
Hier sal ek graag wil maan om te kyk na die volgende belangrike punte.
Is die ander helfte van die bul geskik vir jou kudde? Kom ek verduidelik.
As jou koeie meestal uit bv. Nguni koeie bestaan moet jy verkieslik 'n F1/F2 bul gebruik wat uit 'n Nguni/Boran kruising kom.
So jy 'n kruis Boran bul gebruik wat byvoorbeeld Boran/'Groot Ras' bees is dan kan jy dalk kalf probleme op tel, want die ander 50% gaan die kalf groter laat groei as wat die Nguni koei kan hanteer.
Dus as jy die F1 / F2 bul wil gebruik maak seker jy weet wat die ander helfte van die kruis is.
As die antwoord op jou vraag is dat jy wil opteel na suiwer Boran dan kan jy nie 'n F1 / F2 bul gebruik nie.
As jy wil opteel na suiwer Boran beeste moet jy 'n F3 Boran bul of 'n SP Boran bul gebruik.
Hier moet jy weer die volgende vraag vra. Is die bul by Stamboek geregistreer?
As die bul vir die een of ander rede afgekeur is,word hy by stamboek geskrap en sy nageslag sal nie goed gekeur word nie.
So die antwoord op die vraag is dus dat jy moet seker maak van die bul wat jy koop.
Wel vriende daar is nou een vraag wat ek van die lys kan skrap.
Onthou om te gaan inloer op die Boran Genootskap se web blad by www.boran.org.za
en julle kan dan ook daar by my web werf inloer op www.borans.co.za
Boran Groete aan alma daar buite.
Buks van Bethal
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek is opsoek na die kop van 'n Boran bees wat ek op leer wil sit. So iets soos 'n swart en wit afdruk. Het jy dalk vir my so 'n skets aub?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)