Iewers moet die wysheid van die produsente se kant af kom om sekere aspekte rakende hul omgewing en, die siektes wat in daardie omgewings natuurlik of endemies voorkom, te verstaan. Gebeur dit nie, is die gevolge en die verliese gewoon net iets verskrikliks en onnodig.
Ek gaan nie name noem nie, ook nie na plekke verwys nie en gaan in die algemeen skrywe.
Geval 1
1. Boer A koop op plek B by n baie goeie produsent X hoeveelheid bulle teen baie goeie pryse.
2. Boer A boer in ‘n omgewing waar rooiwater (Babesia bigemina- Afrika rooiwater, en, Babesia bovis -Asiatiese rooiwater voorkom. So kom daar ook galsiekte (Anaplasmose marginale en Anaplasmose centrale) voor.
3. Hoekom noem ek die verskillende name?
a. Omdat in die geval van rooiwater, die Asiatiese rooiwater organisme net deur die Rhipicephalus microplus of die pan-tropiese bloubosluis oorgedra word
i. Hoekom is dit nou belangrik? Die spesie van bloubosluis kan anders dan die inheemse bloubosluis (Rhipicephalus decoloratus ), gelyktydig beide rooiwater en galsiekte oordra
ii. Die bosluis voltooi sy lewensiklus ongeveer 4 dae vinniger as die inheemse bloubosluis (21 dae).
iii. Dit beteken dat die bosluis behoort nog vinniger weerstandigheid teen chemiese beheer op te bou en die tipe siektes, soos Asiatiese rooiwater wat dit kan oordra
R. microplus spp is onlangs in baie koue plekke by die Drakensberge gevind waar dit sneeu, waar niemand gereken het dit kan oorleef nie en dit is ook onlangs in die woestyn en ander droë gebiede gekry, waar die siektes nie voorkom nie en waar hoofsaaklik net Bontpootbosluise behoort voor te kom.
Dit beteken dat dit in die tradisionele Kalahari en Karoo gebiede kan aanpas en bosluisgedraagde siektes soontoe versprei wat nooit daar voorgekom het nie
Terug by die produsent en sy bulle
Dag 21 en hulle is vrek aan rooiwater!
“Nou hoe nou?”
“Nee, ons is onder jou program en daar is was nie bosluise op die beeste nie…”
Wat is dit wat ons van die siektes van die gebiede waar vleisproduksie plaasvind, moet verstaan?
Jy kan nie diere in ‘n gebied gaan koop wat sogenaamd “skoon” is en in ‘n gebied gaan plaas sonder om te verstaan en ware kennis te dra van hoe die endemiese siektes en die organismes wat die siektes oordra, in die omgewing werk nie.
Die begrip van wat ‘n “skoon gebied, skoon diere en skoon buffels” of wat ook al skoon is, moet reg verstaan word.
Skoon is nie die verkoper se probleem nie. Die gevolge wat “skoon” kan hê is die aankoper se probleem, want die dier moet in n ander omgewing aangepas word.
Die vraag is hoe en wat?
Rooiwater en galsiekte word nie reg verstaan nie
1. Rooiwater oorvleuel met galsiekte en die twee siektes oorvleuel mekaar se grense, omdat dit deur bloubosluise oorgedra word.
2. Galsiekte kan deur bloubosluise oorgedra word maar, word eerder deur die rondlopende mannetjies oorgedra as wat dit deur wyfies oorgedra word. (Die wyfies verwissel nie van gasheer nie omdat bloubosluise 1-gasheerbosluise is).
3. Galsiekte word moontlik meer deur muggies en steekvlieë oorgedra as deur bosluise, en, dit is al voorheen beklemtoon;
4. Wanneer n dier herstel het van rooiwater en galsiekte, moet drie dinge goed onthou word vir die toekoms;
a. Die dier het nou ‘n natuurlike weerstandigheid teen die siekte opgebou, maar
b. die dier is en word nou ‘n reservoir van die siekte vir ander bosluise, wat daarmee besmet word en wat nou die siekte na onbesmette diere wat geen weerstandigheid het nie, gaan oordra
c. En die dier bly vir baie lang tye 'n reservoir /draer van die siekte wat onbesmette bosluise besmet
Wat maak mens nou?
Implementeer ‘n konserwatiewe totale strategie waar aanvaar word dat die siektes natuurlik hier voorkom, dat dit n gegewe is en moenie op enige program anders dan inenting staat maak nie.
1. Ken die gebied waarin geboer word se endemiese siektes
2. Ken die aard/simptome van die siektes en ken die vektore/goggas/insekte/bosluise/organismes wat hul oordra
3. Ken die simptome van die siektes en die behandeling daarvan
4. Bestudeer die lewenssiklusse/tydperke asook die draers van die siekte
5. Kry jou diere ingeënt of weerstandig bestuur, hoe dit ook al sy, teen die siektes wat endemies of natuurlik in die gebied voorkom
6. Voorkom met kundige chemiese en natuurlike beheer die weerstandigheid van bosluise, vlieë en interne parasiete soos rondewurms
7. Moenie staatmaak dat kalwers natuurlik besmet sal raak deur bosluise wat die bloedparasiete en of organismes in die eerste 9 maande van hulle nie-definieerbare weerstandigheidstydperk aan hulle sal oordra nie.
8. Bestuur die diere volgens konserwatiewe voorskrifte vir die tydperke na inenting
9. Maak seker dat diere immuniteit verwerf voordat hul weer aan besmette bosluise blootgestel word.
10. MOENIE ROOIWATER/GALSIEK ENTSTOF SAAM MET HARTWATER ENTSTOF INENT NIE!
Bosluisbeheer op wild
‘n Tyd gelede skakel ‘n persoon my oor n buffelbul wat etlike miljoene gekos het, wat rooiwater opgedoen het. Dit is n aardsonde want buffels moet nooit so bestuur dat dit so skoon is nie.
‘n Ander buffelbul wat van ‘n ander koper aangekoop is, ook van ‘n “skoon” omgewing, het later dieselfde week by 'n ander boer galsiekte opgedoen het. Beide kere was dit 'n helse gespook om die diere deur te trek en so byna is miljoene rande gewoon net dood, darmee heen.
Mens kry dan die gevoel dat die mens vir jou kwaad wil wees omdat jy nie n towerstaffie nou kan swaai nie! In die beste van my wil kan ek nie! Dis hoe dit is!
Om antwoorde en inligting oor te dra in n tyd van krisis, is nie die aangewese ding nie omdat die omgewing en sy realiteite vooraf verstaan en ondersoek met word voordat enige redelike mens n kans en mening wil waag om raad te gee.
Proaktiwiteit met die Werklikheid is die wagwoord.
Sou daar vooraf deeglike ondersoek plaasgevind het, n bestuursplan uitgewerk was, die gebied se uitdagings rakende endemiese parasiete en hul siekte-organismes vasgestel was, kon ‘n voorkomende plan op die tafel gesit word.
Selfs dit is geen waarborg nie en omdat geen mens wat iets weet, waarborge wil gee nie.
Die beste antwoord wat ‘n eerlike mens kan en gee, is om n plan met die feite van die biome, of omgewing, saam met die chemie en die wetenskap te vind om hande te vat saam met die Natuur in n bepaalde gebied, 'n bepaalde plaas en sy unieke omstandighede om 'n bestuursplan te vind.
Geld kan nie genade van ‘n omgewing koop nie. Die diere moet kundig binne die endemiese natuurlike realiteite van die omgewing aangepas word. Dit is 'n keuse wat die eienaar moet maak.
Ek sluit vandag se skrywe af met die bogenoemde stelling van Prof Horak, wat deur my en dure ondervinding in groot respek aangepas is…;
“Ken jou wild, ken die parasiet wat die groepe wild natuurlik dra en vind uit watter invloed het dit op ander wild op die plaas wat nie natuurlike weerstandigheid het teen die parasiet nie.”
Het u geweet?
“Dit is nie net blou en swartwildebeeste wat snotsiekte oordra nie. Skape kan ook”
Die vraag na bosluisbeheer met of sonder chemiese ingryping op wildsplase wil ek in 'n volgende skrywes liewers stuk vir stuk bespreek. Ek gaan dit ook in die algemeen doen, omdat dit deel vorm van my tesis en ek 4 wildsplase daarvoor uitgesonder het.
Die rede is eenvoudig dat elke plaas verskil, die diere verskil, die siektes en hul draers verskil, die omgewing verskil, die bestuurstyl verskil, die bosluisweerstandigheid verskil.
Elke man moet sy eie unieke plan hê. Met sulke beleggings raai niemand nie, behalwe om jou bes te doen.
En ja, die doel is om die wild aan bosluise/parasiete te bly blootstel maar die bosluislading kundig strategies en geintegreerd, met natuurlike wyses gegrond op die parasiete se lewensiklusse te beheer. Slegs wanneer dit nodig is en dit verdedig kan word in die groter plan waar mens weer na die natuurlike wil beweeg, chemies te beheer.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
pierrevn@telkomsa.net
Kommentaar
Leon, dankie vir jou opmerking. Watter bosluise is Rhipicephalus glabroscutatum, Ixodus pilosus en Haemaphysalis silacea? Watter siektes, indien enige van ekonomiese belang, dra hulle oor? Word hulle beskrywe onder dieselfde name of is hulle al anders geklassifiseer. Ivan het hulle op koedoes gekry in die Oos Kaap en kan nie in die artikels agterkom of die bosluise van enige ekonomiese belang is nie. Die nuwer artikels verwys nie na die spesies nie. Is die aaname korrek dat hul dan ook op ander wild en beeste gevind kan word as multigashere en sou hulle van veeartsenykundige belang is, dat mens hulle onder die multigasheerprogram moet beheer?
Waardering!
Baie dankie.
Pierre
Naand Pierre
Ek sal ‘n paar antwoorde van jou kant af waardeer. Ek glo nie jy sal omgee om te antwoord nie.
1) Ek sien jy noem jouself ‘n wetenskaplike, kan jy ons assblief oor jou akademiese agtergrond inlig?
2) Is jy by die SAVV of SARNAP geregistreer?
3) Die thesis waarvan jy praat, kan jy asseblief met ons meedeel vir waste graad by waste akademiese instelling jy dit voor doen?
Groete
Sci.Nat
Hallo Pierre
Ek het nie die verwantskap tussen bosluise en protozoa bevraagteken nie, want dit gaan hand aan hand.(Boonop, om jou vraag te antwoord, wat het protozoa uit te waai met met bosluise, die volgende.)Ek het gevra wat het snotsiekte wat 'n virus siekte is met bosluise/protozoa uit te waai.(Dit is nie net blou en swartwildebeeste wat snotsiekte oordra nie. Skape kan ook”)
Ek is bewus van die stelling maar wil graag die waarskynlikheid daarvan weet aangesien ek weet van dusiende boere wat skaap en bees boer, met geen geskiedenis van snotsiekte nie. daarteenoor is daar baie bewys van snotsiek uitbreke na blou en swart wildebeeste nuut ingebring is na areas.
Soos jy se, laat ons daaroor gesels want dan leer ons almal iets. Een van my gunsteling gesegdes" niemand is so slim soos almal van ons nie"
Groete
Leon
Ek wil net byvoeg dat ek nie van mening is dat snotsieke of verwysende protozoa deur bosluise oorgedra word nie, maar sou mens bv. beeste as 'n faktor gebruik om bosluise in die veld tussen wild te oes en ook ander plaasdiere te gebruik wat draers/vatbaar is vir vergelykbare parasiete van ander wildspesies, eerder dan wild te dip of hulle lek te dokter of met iets in hul water te behandel, as daardie opsie enigsins moontlik is, sonder om die natuur en of balans wat daar mag wees verder te versteur, is die vraag wat jy aan my gevra het, belangrik. Dankie weereens.
Groete Pierre
Leon, die perspektief met snotsiekte wat ek stel het te doen met Strategies Geintegreerde Parasietbestuur, wat my ontwikkelingsmodel is omdat Blou en swartwildebeeste soos bekend draers daarvan en ook verskeie ander parasiete van ekonomiese belang is, maar nie simptome toon nie. In C J Coetsee se skrywe Vleisbeeste E.11/1982 is die verwysing na skape gemaak.
Soos jy weet is veral blouwildebeeste n belangrike gasheer van multigasheerbosluise maar toon min tot geen tekens daarvan nie, en sou jy plase kry, wat ek het, dat hierdie diere erg besmet is met bosluise en myte, is die vraag dan hoekom en, as hulle besmet is, watter impak het dit op ander wild wat ook in massas saamgehok is.
Ek probeer om nie chemies in te gryp met my diptoestel by wild nie omdat dit die maklikste opsie geword en dit word met sekere ongeakrediteerde dipstelle n nagmerrie geword het en als voor die voet dip, en dit nog met selfaangemaakte dipstowwe. Dit is, soos jy weet,n onmoontlike saak om te red veral op ou beesplase waar bloubosluisweerstandigheid hoogty vier, in die wild nou skielik in die moeilkheid is. Boonop, om jou vraag te antwoord, wat het protozoa uit te waai met met bosluise, die volgende. Die vraag is watter invloed, onder my skrywe se titel, het natuurlike draers van verskeie siektes, soos snotsiekte draers en bosluise op ander wild wat nie natuurlike weerstandigheid of draers is daarvan nie. Horak se artikel 52 No 3 201-206 oor die Helminte se verpreiding in bv impala, skape , blesbokke en beeste plaas beangrike vrae in veral bosluisbeheer op wild en op beeste, want hierdie parasiete het en moet in marginale proteienomstandighede, veral by die bruinmaagwurm in proteinstresvolle omstandighede n beduidende rol speel in die verswakkking van die dier wat bosluise se las op sekere spesies kan verduidelik. Soos jy weet, is meeste van die mense van mening hulle het n bosluisprobleem. Die vraag is, is dit en hoekom, veral wanneer jy blouwildebeeste kry wat ook vrek, Was dit weens ander parasiete, protozoa, die natuur, oorbeweiding, hongerte, interne parasiete, wat ook al. Horak en Boomker, Horak en Knight, Spickett en Vos asook Horak en Flamand se artikels wat ek seker is jy onder oë gehad het, dui op 'n verskeidenheid ekto en endo parasiete asook ander siektes na vee en wild in verskillende biome verwys si dus van belang.
Laastens, net die volgende. Stres het n bepalende rol in koksiodisoses en bosluise, watter een was eerste daar? Dit help seker nie om net bosluise te blameer vir die situasie as helminte en maagwerkings en ander bakterie ook n rol speel nie. Dit is in hierdie verband dat protozoa en bosluise in dieselfde verband gesien moet word.
Dankie vir die regstelling hierbo. Baie dankie vir jou bydrae en dankie dat jy kommentaar lewer op my werk. Ek waardeer dit.
Pierre
Wat het snotsiekte met bosluise en protozoa uit te waai. As dit waarskynlik was sal menige beesboer wat met skaap ook boer darem baie probleme he. (Die genus en spesie is Anaplasma marginale of centrale nie anaplasmose nie. Anaplasmose is verwysend na die tipe infeksie.)
Groete
Leon
Baie insiggewend en interesant sover. Sien uit na opvolg artiekel.
Dankie
Jaco
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)