
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die vraag vandag is nie baie moeilik nie.
Mark en Ann White van Olive Burn in St Francis wou die naweek by my weet, hoekom het hierdie Bonsmara's so baie bosluise teenoor die hoeveelheid wat die Boranbul dra wat tussen dieselfde groep loop. Hier is die skakel na hul plaas toe.
Johan van der Watt van SanSonia Boranstoet my as spreker genooi het om te kom verduidelik wat ons met sy stoet reggekry het aan medeboere van die omgewing die afgelope Vrydag.
Daaroor môre meer. Hierdie foto's vra 'n vraag wat beantwoord moet word.
Dit is hoe die beeste in die omgewinglyk en ek hoop om weer fotos hiervan oor twee weke te plaas en kort kort daaroor te rapporteer. Ons gaan eie meetinstrumente vir die beheer daar instel ook.
Dit is hoe die bees tans lyk en hulle is raadop met die Kooperasie en verteenwoordigers se raad. Kom ons kyk dus hoe die projek gaan verloop.
Olive Burn het die allervreeslikste bontbosluise wat nie baie positief reageer op van die dipstowwe wat sy al probeer het nie. Daaroor later.
So lyk die diere na enkele dae , minder as 'n week na die gebruik van 'n bekende "Pour on" Dip.
Dit is hoe die Boran se stertkant lyk en hy word volgens Ann 1 keer gedip teenoor die ander diere se elke 6-8 keer. Onderstaande foto bewys sy besmetting.
Daar is enkele bontbosluise op sy sak en direk onder die stert.
Die vraag wat beantwoord moet word is "Hoekom?"
Dieselfde weiding, selfde veld, tussen die koeie. Is dit die veldikte, is dit bitter bloed? Goeie genetika of wat is dit?
Prof Bonsma het in 'n boek van hom geskrywe dat genetiese seleksie nie agterweë gelaat word nie. Ek is onseker oor die persentasie, maar die bewering is dat 5-10% van die kudde moet jaarliks wat nie die omgewingsdruk kan weerstaan nie, uitgeskot word.
Mark en Ann ook weens die ruigteveld veredelde boerbok gekoop wat almal uitgevrek het. Daarna het hulle 'n klompie basterbokke wat die Noorde van Suidwes uitkom op Bloemfontein op n veiling gekoop. Die loop ongeveer 'n jaar nou, in die hartwaterland en sy het 'n 209% aanwas gekry. Die bokke is wonderlike moeders en nog nie een van hulle is vrek nie.
Ek sal hiervan foto's ook kry. Die vraag is nou net, watter rol speel seleksie, aanpassing en ras in gebiede met baie hoë produksiepotensiaal en, hoe moet dit bestuur word.
Die program wat gevolg word op Olive Burn sal hier in detail beskryf word.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)