Ingestuur deur scorpiondip op 18 April, 2011 - 11:11
Hierdie foto is geneem van die hondehandel wat in China voorkom. My sterkste protes moontlik hiermee saam!
.jpg)
Bosluise wat op honde voorkom.
Die wetenskaplike name vir die bosluisspesies wat hoofsaaklik aan honde bosluiskoors en bosluisbytkoors oordra, is
- Haemaphysalis elliptica of geelhondebosluis en
- Rhipicephalus sanguineus of die hondehokbosluis.
- Daar is verskeie ander spesies bosluise wat ook op honde kan voed. Interresant genoeg verkies hierdie spesies enkelmaagdiere, wat beteken dat die spesies op ander wilde enkelmaagdiere na jou huis aangedra kan word

My Hond Chuck wat nie bosluise het nie
Bosluiskoors wat ook galkoors of Babesia canis genoem word, word deur beide van die bosluisspesies oorgedra.
Die bosluisspesie Rhipicephalus sanguineus of hondehokbosluis, dra bykomend ook rickettsiose (tropical canine pancytopaenia of Ehrlichia canis) oor.
(2).jpg)
Foto van Claw in Johannesburg
Bosluisbytkoors (Rickettsia conorii) word ook deur bontbosluise, grootbontpootbosluis, die bruinoorbosluis, rooipootbosluis en die blinkbruinbosluis na die mens oorgedra.
- Al hierdie genoemde bosluise is multigasheerbosluise. Dit beteken hulle voed enkele dae, gemiddeld tussen 4-7 dae op hul gasheer om ‘n bloedmaaltyd neem.
- Daarna val die bosluis af, (detach) en kruip die bosluis in skeure, gras, hout hondehokke en Wendy huise se skeure weg om te ontwikkel na die volgende stadia.
- Die bosluise kan beide reeds in hul nimfstadia die siekte organisme/s aan hul gashere oordra
- Die bosluis in hul larf en nimf stadia is nie maklik met die oog waarneembaar nie. Hul is hulle niks groter as ‘n kopspeld se punt of selfs koppie nie..
- Van hierdie bosluise lewe sowat 3- jaar lank.
- In daardie 3 jaar voed hul slegs 3 keer, gemiddeld 4- 7 dae per bloedmaal waarna hulle afval
- die ander tye is hierdie bosluise te vinde in skeure, krake in hout, graspolle, krakies in die grond, hondehokke en Wendy huise, rou baksteenmure, pleisterkrake, ens.
- Hierdie bosluise kan ook wanneer toestande ideaal is, hul lewensiklus in 3 maande voltooi
Beheer
Die hondehokbosluise is redelik uitdagend om te beheer en kan tot so hoog as 5 meter van die grond in skeure of krake in baksteenmure gevind word.
Hoe kom hulle op ‘n erf?
Die bosluise word deur wilde grondlewende voëls en wilde diere soos rotte, slange, muise aangedra en versprei.
Waarom bogenoemde inligting?
- Ken jou parasiet, ken sy habitat en tree voorkomend op
- Beheer die bosluise op jou deur die honde gereeld te dip en die honde as taxi te gebruik om die bosluise te oes en op te tel, waar hul dan op die honde beheer word met ‘n effektiewe middel
- Deur hul slaapplekke skoon te hou
- Die hokke met 'n wateroplosbare dipstof te spuit waarin hul veral oornag
(3).jpg)
Foto van Claw in Johannesburg
Onthou net dat meeste wateroplosbare dipstowwe, selfs die wat op beeste gebruik word, slegs ‘n beperkte nawerking van sowat 3 dae het.
Dit word deur reën maklik verdun word en word ook deur ultravioletstrale onaktief gemaak
Wildparke
- Eko-wildparke wat nie wetenskaplike bosluisbeheer toepas nie, is roekeloos en baie gevaarlike plekke om in te bly.
- Hulle hou baie kere verkeerde soorte wild en groot getalle wild aan om die plek en belegging aanlokliker te maak.
- Daarby is honde ook nog toelaatbaar in van die parke wat die gevaarlik spesies bosluise buite optel en in die huise of selfs net die erf inbring.
Nasorg
Siek diere wat onder antibiotika is kan effe gaar hoenderlewers gevoer word om die bloed op te bou, gedokter met ‘n druppel of wat van LENNON se Staaldruppels.
- Onthou net dat die goed sleg is.
- Kry altyd saam met antibiotika ligte lakseermiddel om die metabolisme aan te help, veral by diere wat galkoors opgedoen het.
- Onthou dat die dier se bloed aangeval is deur die bosluis se toksiene. Dit moet weer opgebou en opgebou word
Belangrik
Onthou om altyd die bosluis te vang en in ‘n klein houertjie te sit met alkohol in, sodat die bosluis geïdentifiseer kan word. Dit vergemaklik behandeling by diere en,
- veral by mense is die spesie se identifikasie belangrik omdat dodelike virussiektes soos Kongokoors, Lassa en Arena- virusse deur sekere spesies bosluise oorgedra word.
- Sou mens die spesie bosluis kan identifiseer, weet mens wat die bosluis fisiologies kan doen en nie kan doen nie en ook watter virusse die spesie bosluis kan en nie kan oordra nie.
Praat met ‘n spesialis Veearts
- wat werklik kennis dra van bosluise wat op honde voorkom want dit is ‘n spesialisveld en algemene kennis gaan veroorsaak dat dier verloor word
- maak voor die tyd seker dat die persoon sy werk en veral bosluisgedraagde siektes werklik ken
- probeer altyd om eerder voorkomend op te tree deur die diere skoon te hou en gereeld asook voorkomend te dip
Pierre van Niekerk,
0822208386
27(12)6674755
pierrevn@telkomsa.net
(Baie dankie vir die regstelling Leon, groot waardering)
Kommentaar
my kind word behandel vir bosluisbytkoors, maar is 'n kranige atleet, hoe lank mag sy nie aan sport deeneem nie, want hulle sê dit tas jou hart aan? ek onttrek haar liewers as om later met ernstige gevolge te sit! sy is 12 jaar oud
Hoe lank na my hond borsluiskoors gehad het, is dit veilig om nog 'n hond op die erf te kry? Ek het twee gehad. Een kon ons nie deurtrek nie. Die ander een kon die veearts deurtrek, maar hy is besig om hom dood te verlang na sy maatjie...
hi wil net weet my pug hond is dood vermoed hy het bosluis koors op die ergste gehad sy ore, sy wit van sy oë en sy tandvleis alles was geel kan dit bosluis koors wees of galkoors dankie
Onbekende besoeker! Ek word heelwat versoek om te kyk of ons iets kan spuit op grasperke en erwe en gaan vanoggend weer uit na n plot. Die bosluis is n 3-gasheer bosluis en het heelwat ander gashere ook, grondlopende voëls, muise, rotte, reptiele, kolhase. Hy verkies egter enkelmaag diere soos jakkalse en rooikatte en die goed kan mens nie dip nie. Onversorgde honde van bure en roeklelose en selfs arm eienaars. Laat ons nou nie verwyt nie.
Goed op gras maak baie ander nuttige en onskldige diere dood en daarom doen ek die GLAD nie.
Persoonlik gebruik ek vir die beste resultate n baie bekende "pour on" dip wat bekendheid verwerf het. Hulle hou niks daarvan nie, hulle rol en draai en juk en kry rooimiere in hulle gaie vir n paar uur en daarna is als oor. Deesdae het ek Vitamien E olie, met Tea Tree olie en gemeng het en lekker dik aansmeer en dan per gewig, soos voorgeskrywe, die regte middel. Net agter die koppie en op die stert wortel, die voorgeskrewe hoeveelhede. Vit E en Tea tree om die vel sterk te maak en te help met behoorlik verspreiding. en ek het Citrus olie in water 1:10 opgelos wat ek goed skud voordat ek spuit. Hulle kry sommer so elke week 2-3 spuite en dit vat vliege ook weg en as jy die bosluise vang en daarby sit, kan jy sien hulle vlug ook weg. Sterkte! Spuit veral hulle hokke met Citronella!
Jou hond is die beste kollekteerder van bosluise. Die bosluis moet eers vasbyt voordat hy die E canis organisme kan verplaas. Dit neem so dag voordat dit kan gebeur. Die hond se velletjie moet dus sterk en gesond wees, hy moet nie enige vit en minerale tekorte he nie of stres nie. As die bosluis op die vel kom moet hy vrek gemaak word. As julle erge probleme, stel ek voor elke twee weke totdat julle self sien jul kan die tydperk verleng. Die bosluise sal nie maklik weerstandig teenoor die dipstof kan raak nie.
Hi, ek het so pas met Pierre gepraat en hy wat BAIE behulpsaam. Ek het 'n week gelede by 'n lodge oornag en het die aand agtergekom dat my hele langbroek oortrek is van duisende kopspeldpunt grootte bosluisies. Ek het 32 bytplekke waarvan 3 begin sweer het.
Dankie vir jou raad en hulp Pierre en Chuck is 'n uitsonderlike mooi Bull Terrier!
Groetnis.
My hondjies het borsluiskoors gekry, al twee sharpeis. Ek het die reuntjie by die vet gehad en hy het deurgekom. Na twee weke kry die klein tefie dit ook. Ek was ongelukkig nie by die huis die heeltyd nie en het dit te laat agtergekom. Ek het haar Saterdag aand heel aand gedokter maar tevergeefs is sy Sondag deur die dag oorlede. My hartjie baie seer, hulle soos my kinders. Is daar iets wat mens by die huis kan probeer? en hoe maak mens as jy borsluise op jou diere vind. Ek is tans sonder werk so dit maak dit baie moeilik om die diertjies altyd vet toe te vat. Party mense se' knip die borsluis, ander se' haal dit af. Asseblief ek soek die regte metode en raad want dit breek my hart.
Baie dankie vir u tyd, Ek hoop om gou weer van u te hoor
Marlene Vorster. As mens na Borrelia burgdorfi kyk, Lyme disease, wat n bosluisgedraagde siekte is wat die VSA aanmeldbaar is, blyk dit dat dit wel so kan wees. Watter tipe bosluiskoors of of bosluistifus in SA dit kan doen, is ek nie seker van nie. Ek dink my beste antwoord is die volgende, dit is om te onthou dat verskeie siekte-organismes wat deur bosluise oorgedra word is lewende veranderende en veranderlike organismes. Of ons altyd die regte medisyne het en gebruik en of dit die organisme op DNA vlak dood of uitskakel, die weet ek nie. Of dit die witbloedliggaampies in jou lyf instaat stel om die organisme te jou lyf te vernietig sal mens weet as mens na die medisyne kyk wat gebruik is of was. Daar is seker geen rede waarom die organisme net rustend ook kan wees nie, totdat jou liggaam vir watter rede onder stress en spanning kom dat die organisme die oorhand kry oor jou immuuniteitstelsel en weer kop uitsteek nie.
Al hoekom ek hierdie hierbo vir jou sê is dat mens moet toets by n bekwame lab as daar sulke simptome kop uitsteek, want dit kan baie baie siektes wees wat griepsimptome het. Die antwoord lê in n tydige bloedtoets by 'n bekwame pataloog. Ken mens die siekte-organisme, het mens in n groot mate die antwoord op jou vraag! Pierre
Juanita, kliere het verskeie redes waarom hul opswel. Dit is vreeslik gevaarlik om te spekuleer omdat die siektes verwant vreeslike siektes is en kan wees. Net 'n dokter sal met die nodige toetse presies kan vasstel wat die oorsaak is en, my beskeie mening is dat julle alreeeds by een moes gewees het. Ek hoop dis sommer maar net spoggerigheid en niks ernstigs nie. Pierre
My man het van Woensdag af geswelde kliere op sy kop onder die hare. Hy kla sleg oor hoofpyn, en is dit pynlik as mens druk op die klier. Ek sien geen verband tussen die simptome en bosluiskoors nie? Wat is die moontlikheid wel?
Onbekende besoeker: Dit is nie my honde nie. Dit is honde wat in China op straat verkoop word om geslag te word. Groete Pierre
Ek is jammer om dit te sê maar ek dink nie jou hond is skoon en gesond as hy so baie bosluise het nie. Bad hul dan liewers gereeld met dasel NF.
Halo slaan bosluisbyt koors terug by mense?
Hallo LBW
Ek kry nie altyd kennisgewing as daar kommentaar gelewer word nie. Dit reflekteer sleg op my en mense dink mens is te belangrik om hulle te antwoord.
Kan julle asseblief net weer daarna kyk?
vriendelike groete
Hallo Onbekend
julle moet altyd onthou om die bosluis in spiritus of alkohol te sit sodat iemand kundig die bolsuis kan identifiseer. Verskillende bosluise dra verskillende siektes oor en as mens weet watter bosluis dit is, is mens al baie nader aan 'n antwoord en oplossing
Onthou, minder as 10% van die bosluise is besmet met die Ricketsia organismes. As jy tussen 7-12 dae griepsimptome kry, dan gaan jy dokter toe en laat bloed trek en vra hom om dit na n pataloog toe te stuur wat kan toets vir bosluiskoorse van soorte.
Onthou dat bosluise is bitter gevaarlik en daarom raai mens nie wat sal help nie. Jy het dalk al te vroeg begin met medikasie en dit is ook nie reg nie want jy kan die simptome onderdruk en die uitslag verneuk want die organisme moet nou eers manifesteer voordat dit ge ID kan word.
My raad aan jou is om nou kalm te bly, eerlik met jouself te wees en intakt met die waarheid van jou liggaam en jou nie te verbeel iets is verkeerd nie. Maar, as jy is en koorsig word, dadelik dokter en laat jy spesialis medikasie kry wat die parasiet in jou bloed regtig kan vernietig.
Jy mag dalk goeie medikasie nou hê maar dit kan die parasiet net moeilik en weerstandig maak en of die ander medikasie se werkinge beduiwel.
Kalm bly nou eers, kyk wat gebeur met jou rerig, onthou dat min bosluise is besmet so jy het n groot kans dat jy heel OK gaan wees. Rakende jou wond, maak dit gereeld met alkohol skoon en sit n antiseptiese salf daarop wat n dokter alleen kan voorskryf. Ricketsia parasiete sal in jou bloed opgeneem word, sou en as die bosluis besmet was. Die wond moet jy egter baie goed oppas en met effektiewe medisyne behandel want dit kan vrot word en lelike merke maak wat nie nodig is nie.
Laat weet my asb hoe dit gaan en of ek jou kan help met iets.
Pierre
Hi
ek was saterdag of sondag gebyt deer n klein swart bosluis op my been ek het dit sondag afgehaal.dit is blou om die bytmerk.
Ek is op pille CYCLIDOX is dit die regte pille. is die klein swart bosluise gevaarlik of nie?
Moenie met 'n bosluisbyt speel nie, dit is baie gevaarlik vir die mens. Jy kan selfs doodgaan. Gaan dokter toe as jy vermoed jy het dit. My man was baie siek van 'n bosluisbyt, hy het vyf dae in ICU gelê. Ons het gedink hy het griep met 'n koors van 42 grade. Dit is dieselfde simtone as griep behalwe 'n baie hoë koors, kosseer, naar, lam, lyfseer dit tas jou hele gestel aan tot jou spiere. Hy is so 3 jaar terug gebyt. Al wat ek kan sê is baie dankie vir die Here en Dokter Flooks en Dr Theron.
Ek het so Dinsdag n borsluis van my arm af gehaal. hyt vas gesuig. dit een van die rooi borsluise. kan mens egter siek raak van hom en wat is die simptome? ek is siek naar duislig bewe baie. wil net slaap bly moeg my hele lyf lam enige raad?
Hallo Onbekende
Bosluiskoorse het griepgelyke simptome. Daar is egter net een antwoord. Die dokter moet bloed trek en dit na n behoorlike Patoloog stuur met die verwysing dat bosluiskoors vermoed word. Let daarop dat daar in die afgelope week n meisie dood is in Centurion aan Malaria, en sy was soos wat ek dit verstaan, jare gelede laas in n malariagebied. Malaria het ook griepsimptome. Dus, vra die dokter of n ander een om bloed te trek en weg te stuur na n pataloog toe wat bekend is met die tropiese siektes.
My man was so 3-4weke terug in Phalaborwa se distrik en het saam sy swaer na Mojaji's Kloof toe gegaan. Toe hy terug by die huis kom het hy my vertel dat hy we'll 'n bosluis op sy klere gekry het, homself ondersoek het, maar niks gevind nie. Hy is nou al 'n week so siek met hoe en lae koors, teer vel, seer lyf, geweldige aanhoudende hoofpyn en het ook onlangs nou naar begin word. Ons het hom gister by die dokter gehad wat vi hom Amoclan voorgeskryf het en gese het hy het sinus en griep. Ek is nogal ietwat bekommerd en wil weet of enige iemand ook soortgelyke simptome opgedoen het, en of julle my kan se of ek net paranoies is? Dankie
Hi, wat kan jy spuit of ingee vir bosluis- bytkoors? Ek spuit altyd Berenil RTU. Dit help egter net vir bosluiskoors!
My raad aan alle honde-eienaars;HOU ALTYD 'N KURSUS DOXYDOG VAN 28 DAE AAN ASOOK FORAY SPUITSTOF. Die Doxydog pille is vir bosluisbytkoors (persrooi tandvleise en stadige agteruitgang) en die Foray is vir bosluiskoors (geelwit tandvleise, baie vinnige dood). Vergeet van boererate, jy gaan jou hond verloor. Indien die hond beter word kan jy die blue liquid, hoenderlewer en al die ander terapiee gee. Indien Foray te duur is pobeer Imidox. Berenil is goed maar mag nie binne 6 maande weer gespuit word nie. Phenamadine werk ook. In 'n absolute noodgeval het ek al Terramycin ook gespuit maar dit is nie die regte ding nie. Diagnose is makliker as die koors gemeet word. Alles bo 38,8 grade is gewoonlik 'n bosluissiekte.
Louise, dankie vir jou vraag. Die geel kleur kan dalk aandui dat dit galkoors was wat jou hond gehad het.
Dit is baie moelik om te sê. As jy my verskoon sal ek die siektes hierbo in my skrywe met nuwe inligting opdateer. Die bosluis R. sanguiness is n vektor van die siektes Ricketsia connorii wat bosluistifus veroorsaak by mense. Hy veroorsaak ook die siektes Babesia canis en Babesia gibsoni in honde.
Die Rhipicephalus simus is die een wat galkoors na beeste ook kan oordra. Om jou dan te antwoord, die volgende. Dit is dus maar n raai dat dit dalk die laaste spesie bosluis R. simus was wat jou hond gebyt het en dalk galkoors onder lede gehad het maar ek wil nie raai nie. Dit moet liewers getoets word. Onthou net dat die organismes (protosoë)die bloed aanval en mens weet nie of dit bleek of geel of wat was nie.
Ek is jammer oor jou verlies. Dankie vir jou skrywe. Pierre
Hallo. Ons Pitbull is Vrydag deur die nag dood. Sy het geel ontlasting gehad en dit het vreeslik gestink. Wat kan die oorsaak wees ? Sy was al 10 mense jare oud. Baie dankie.
m yboerboel teef is nou so rukkie terug dood , sy het net eenvoudig begin om op te hou eet , ons het haar behandel met antibiotika en en lewer ekstrak , wat my wel opgemerk het is dat haar stoelgang swwrt was en haar tandveiste goud geel , kan dit borsluis koors wees ?
My hond Alicia Sharpei het Woensdag nie haarself gelyk toe ek by die huis gekom het nie. Ek is Vet toe met haar en die Vet het dadelik borsluiskoors gediagnoseer by haar. Sy het dieselfde aand nog 'n bloedoortapping gehad. Donerdagoggend het sy beter gelyk. Ek wil net graag weet vat is die komplikasies na die tyd? Wat kan ek verwag en hoe moet ek dit behandel?
Dankie vir al die inligting.
Groete
my hond is baie siek aan borsluiskoors ons het hom by die vet gehad, wat kan ek doen om die borsluise uit die jaard te jaag moet ek iets spyt en wat kan ek spyt in en om die huis.
Weet enige iemand van enige gif wat jy om jou huis, rond om jou erg kan spuit wat bosluise sal vegiftig en doodmaak of weghou?
Dankie baie. Volgens die simptome het ek def bosluiskoors gehad. Ek drink maar galpille dan voel ek beter. Is allergies vir omtrent alle antibiotika's. Ek is gediagnoseer met Rikettsia.
Elmari
Voorkoming is altyd beter as genesing. As jy binne 7-10 dae hoofpyn en griepsimptome kry, gaan Dr toe, trek bloed en maak seker dat dit na bekende pataloë gestuur word wat spesifiek vir bosluistoksienes sal toets.
Gewoonlik moet n bosluis eers homself in vlees inbed, dan skei hy rondom sy monddele 'n sement af wat hom vasheg aan sy prooi, dan skei hy toksiene af in die bloed en wat dit ook al is, sal dan bogenoemde koorssimptome veroorsaak.
Dit is nie n gegewe dat alle bosluise met skadelike toksiene besmet is nie, so, wees nou eers kalm en rustig en dalk is jy baie gelukkig. WEES NET BAIE OPLETTEND VAN DAG 6 6-7 -10 AF.
Ek hoop jy het die bosluis in alkohol gehou sodat mens, as jy simptome het, die bosluisspesie kan identifiseer en vir jou help.
Baie sterkte
Pierre
Ek het klein rooi bosluis net bo my oor onder my hare afgehaal.Moet ek dalk dr gaan sien? Kan mens iets kry vir voorkoming ingeval die bosluis besmet was?
Onbekende besoeker.
Jou Yorki dink ek is deur die uitdaging. Dit gaan bietjie tyd neem want die dierjies is maar so bietjie effentjies. My beste raad is maar altyd, so druppeltjie van Lennon se Staaldruppels en hoenderlewertjies den wondere om die bloed weer te herstel. Ek hoop regtig die diertjie is beter.
Pierre
0822208386
Vir MARLENE DU PLESSIS.
Marlene, ek is nie 'n mediese dokter nie wil daarom nie 'n spesialisveld betree waar ek aanbevelings en diagnoses wil maak nie.
Wat ek wil wil sê is dat bosluiskoors al daardie simptome kan veroorsaak maar, so kan vele ander parasiete koors en hoofpyne en ongesteldheid veroorsaak.
Ek wil met respek noem dat ek 'n handvol bewyse het waar veeartse en dokters al verkeerde diagnoses gemaak het, maar wil nie enigsins hiermee beweer dat die dokter in jou geval verkeerd is nie behalwe dat sy eerlikheid in die geval gerespekteer moet word, want hy weet nie wat dit is nie.
Bosluise is nie almal se kundigheid en kennisveld nie. Daarom, die volgende;'
n Verskeidenheid bosluise kan mense byt en sulke simptome veroorsaak. As en wanneer dit gebeur, pluk die bosluis met n tweezer so diep moontlik in die kop af en uit en plaas dit in 'n houer met alkohol. Dit kan whisky, brandewyn, wit drank, spiritus ens. wees, sodat mens die bosluis kan identifiseer.
Vanuit hierdie inligting kan mens die regte mense adviseer en die kan dan die regte aanbevelings maak.
My raad aan julle sou wees, gaan na 'n pataloog toe, vertel hom wat gebeur het en wat julle vermoed sodat die kan bloed trek, die behoorlik toets en moontlike spore van die organisme en of toksienes kan vind en voor toets.
Ek weet van mense wat jaarliks vir watter redes ook al hierdie simptome herhalend ervaar. 'n Goeie pataloog sal die regte identifikasie kan maak en die regte advies kan gee. Ek wens julle die beste toe. Maak vinnig werk daarvan, want bosluisgedraagde organismes kan baie vinnig ontplof binne die bloed van mens en dier.
Baie groete
Pierre
0822208386
Vir MARLENE DU PLESSIS.
Marlene, ek is nie 'n mediese dokter nie wil daarom nie 'n spesialisveld betree waar ek aanbevelings en diagnoses wil maak nie.
Wat ek wil wil sê is dat bosluiskoors al daardie simptome kan veroorsaak maar, so kan vele ander parasiete koors en hoofpyne en ongesteldheid veroorsaak.
Ek wil met respek noem dat ek 'n handvol bewyse het waar veeartse en dokters al verkeerde diagnoses gemaak het, maar wil nie enigsins hiermee beweer dat die dokter in jou geval verkeerd is nie behalwe dat sy eerlikheid in die geval gerespekteer moet word, want hy weet nie wat dit is nie.
Bosluise is nie almal se kundigheid en kennisveld nie. Daarom, die volgende;'
n Verskeidenheid bosluise kan mense byt en sulke simptome veroorsaak. As en wanneer dit gebeur, pluk die bosluis met n tweezer so diep moontlik in die kop af en uit en plaas dit in 'n houer met alkohol. Dit kan whisky, brandewyn, wit drank, spiritus ens. wees, sodat mens die bosluis kan identifiseer.
Vanuit hierdie inligting kan mens die regte mense adviseer en die kan dan die regte aanbevelings maak.
My raad aan julle sou wees, gaan na 'n pataloog toe, vertel hom wat gebeur het en wat julle vermoed sodat die kan bloed trek, die behoorlik toets en moontlike spore van die organisme en of toksienes kan vind en voor toets.
Ek weet van mense wat jaarliks vir watter redes ook al hierdie simptome herhalend ervaar. 'n Goeie pataloog sal die regte identifikasie kan maak en die regte advies kan gee. Ek wens julle die beste toe. Maak vinnig werk daarvan, want bosluisgedraagde organismes kan baie vinnig ontplof binne die bloed van mens en dier.
Baie groete
Pierre
0822208386
Ek sal u moreoggend antwoord. Baie dankie vir die navrae.
Pierre
EK gee vir my honde knoffelpille dit maak die bloed bitter en die bosluis sit nie op die honde nie
My man het ook bosluiskoors gekry, nie net 1x nie maar n paar keer al. het ook gegaan vit toetse vir bosluiskoors maar die dr het niks verkeerd gekry nie. het hoe koors wat af wissel met koue koors, helse hoof en oe pyne, seer gewrigte en n teer vel.Hy het ook heel wat later erge steek pyne oor sy niere begin kry. Voel in die oggende beter en na die middag begin die koors en koue koors weer. Glo dit as jy wil maar die dr het gese hy het nierpyp ontsteking in n erge graad.Kan mens dit kry van bosluiskoors?
Ek het 'n Yorki wat borsluiskoor gehaat het sy het 'n bloed oortapping ook gekry sy is ok sy eet min maar sy eet en dring baie water sy is net somms baie demekaar en on vas op haar bene is daar raad of iets wat ek kan doen
Bambi, daai seerpoot klik vir my na bontpootbosluis en ek neem aan julle is in droë streke. Hy dra nie noodwendig enige siektes oor nie behalwe sy lang moddele veroorsaak klien wondjies wat sekondere infeksies toelaat wat dan met antibiotika behandel moet word. Onthou om daardie bosluise af te haal, in bietjie spirits of whisky of brandewyn te sit, stuur dit aan sodat mens dit kan identifiseer en dan is mens al baie naby n plan van optrede vir jou.
Pierre
Ek wil net weet of skape ook bosluisbytkoors kan kry en wat die tipiese simptome is. Ek het 'n dorperram wat deur bosluise gebyt is, en die plek waar hulle gebyt het, swel. Hy wil nie eet nie en kry seer as hy loop. Ek het Penli LA antibiotika gespuit, binnespiers. As enige iemand kan help sal ek dit baie waardeer.
Ek is vandag in Potgietersus as spreker by die vendusie. ek is jammer dat ek nie die navrae almal gesien het nie. Ek sal dit vannaand hopelik kan hanteer. Ongelukkig is hier ook mense uit Nieu Zeeland wat ek more na n beesdippery moet neem. Slegste scenario is dat ek die navrae oor die naweek sal hanteer. Baie jammer. Kan ek net noem, dat die behandeling van mense en diere medici en veeartse se werk is. My werk is bestuur tot die voorkoming van bosluisgedraagde en ander parasiete se gevolge, maar, ek beantwoord binne bogenoemde riglyne graag u vra. Baie jammer.U is welkom om my te skakel 0822208386
My seun is 12 jaar oud en het bosluitbytkoors behalwe vir antibotika is daar iets anders wat 'n mens vir hulle kan doen om hulle beter te kan laat voel. Ek ken nie die simtome nie en hy is nie 'n kind wat kla nie so ek weet nie uindelik deur wat hy gaan nie, kry hulle baie kop seer ens enige raad kan help
goeie middag
het enige iemand n idee wat ek vir my pincher kan gee vir bosluis koors
My Zeus ('n pikswart) labardor is Sondag opgeneem vir Borsluiskoors. Ek het haar Saterdag na die Veearts geneem want ek kon sien hy is nie hom selfs nie, Sondag oggend bel ek die Dr en vertel vir haar hoe lyk Zeus, baie swak en alles wat dit is is borrie geel. Vandag toe ek bel om te hoor hoe gaan dit sy hulle hy is swakker want hy het begin opgooi, ek gaan nou ry om te sien hoe gaan dit met
Zeus, miskien as hy my sien sal hy gesond word.
ASB KAN HOND TERUGSLAG KRY VAN BORSLUISKOORS, WAS GESOND HET HOM BY VEEARTS GEHAD. MAAR NOU WIL HY NIKS EET OF DRINK NIE.
Vriende van ons se Engelse Bull word baie siek en hul woon in Hartbeespoort, die veearts daar weier om na die dier te kyk tensy hul n vooruitbetaalde (belaglike) bedrag betaal. Uit desperasie kontak hul my die Sondagmiddag, omdat die hond al sieker blyk te word en omdat hul net nie oor die finansies beskik nie. Ek kontak toe ons veearts wat se dat ek haar maar dadelik moet inbring. Ek het haar gaan haal en was Sondagaand sowat 7h30 met haar by die kliniek. sonder enige vooruitbetalings en snert is Chaski opgeneem en behandel vir bosluis en bosluisbytkoors. Hiermee wil ek net dankie se aan diegene wat nog n lewe die moeite werd ag en wat nie omgee om hul Sondagaand met hul gesinne prys te gee om n ander te help nie. Dankie Sonja van Medivet Thabazimbi, ons waardeer en die rekening is om die waarheid te se minimaal.
hi almal ek het n spaniel wat borsluiskoors gekry het, het vir haar melk, eier, disprin en branewyn gegee, sy is gesond. nou's my worshond siek ook met borsluiskoors hy het dit baie sleg ek voer hom al ses dae lank elke twee uur ,dieselfde as bo, maar hy wil net nie ek het gaan lewer pille koop en hom sommer 2 op n slag gegee en hy het vanoggend begin eet.
HOE KAN MENS MAAK DAT HUL DIT NIE WEER KRY NIE
Het ook hond wat bosluiskoors en bosluisbytkoors het, veearts ingespuit en pille & tonikum gegee se sal ±3 weke wees voor die bloed weer reg is.simptome was lusteloos en wil nie eet tandvleis baie bleek. sy nou al baie beter. lees van iemand wat se hond baie tjank van pyn dis dalk rumatiek wat die hond het. sterkte daar met almal se diere en familie wat siek is. probeer maar die honde elke week bad. groete
My 11 maande labrador is gediagnoseer met bosluiskoors. sy wou nie eet nie en het koors van 40.2 gehad. Gelukkig het ons dit vroeg opgemerk. Sy het 2 Kortisoon inspuitings en Vit B insuitings gehad en gelukkig is sy beter. Kan Die raad van halfgaar hoedenlewers aanbeveel.
Ek het gister my hond dood in die erf gekry nadat ek haar met beneril gespuit het, my hart is baie seer. My ander hond het dit ook gekry, maar het haar deur gehaal.Sy wil nog nie regtig eet nie, sien ook nie dat sy water drink nie, ek is baie bekommerd oor haar. Hoe kan ek die bosluise in die erf uitroei sonder dat die gif my diere benadeel, ek het nog 2 worsies en 1 foksie in die huis.die vee artse is so duur mens kan dit nie bekostig om die diere na hulle te vat nie dan vrek jou hond in elk geval.
Probeer gerus met honde BLUE LIQUID kan dit by enige apteek koop so teen R70 n botel dit help enige siek hond gou op die been!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)