Beste Jan
Ek hoop nie ek is uit lyn uit hier nie. Verskoning daarvoor as ek is.
Ek het n skaars geleentheid gekry by een van die Dipstofmaatskapye om so ietsie in my studiefonds se stuiwerbeurs te gooi maar ook om my werk verder bekend te stel.
Dankbaar om te sê dat van die plase wat onder my bestuur is die afgelope 14 maande, se bloubosluisweerstandigheid vanaf 92% getoets, gedaal het tot 55% weerstandigheid.
Ek gaan dit egter nie net blindelings in die mark stort nie. Ek wil nie verdere weerstandigheid veroorsaak nie, ek wil eerder boere help en n bydrae lewer en praktiese verdedigbare parasietbestuur bevorder.
Ek sal vir diegene wat nie huidige kliente van my is nie, en hierin belangstel, dan die volgende doen. (Die Bloemfonteinse Universiteit se koste vir die Lab analise is hierby uitgesluit, wat rêrig nie baie is nie)
Ek sal vir hulle 'n volledige bosluisanalise gratis doen, wat spesifiek gegrond is op die bosluise geoes en op die Lab se verslag, wat vir hulle sal vertel hoe om hul parasietprobleme te bestuur.
Ek sal die eerste 3 maande telefonies gratis daarvoor instaan, behalwe verblyf en vervoer en, ek waarborg my werk en die uitkoms.
Die produsente is welkom om hulle resultate in die tydperk waarby ek betrokke is, onafhanklik hier te publiseer. Daana is hulle welkom om te bly of hul eie ding te doen.
Die produsente sal ook in die tydperk, die spesifieke bosluise wat geidentifiseer is op hul plaas, presies verduidelik word hoe om dit apart van hulle weerstandigheid te bestuur.
Daar is enkele 200 liter dromme van die produk beskikbaar wat sou dit in die handel te koop was, sowat R600- R800 per 20 liter spaar. Wees bewus daarvan dat ek nie wins op dit neem nie, maar n bykomende diens aanbied wat tot bekendstelling van my werk is en tot voordeel van die produsent is.
Wild en veeboer is welkom. Soos ek sê, daar is enkele dromme oor en is dus beperk. My diens is beperk tot die dromme.
En, as ek mag, ek verkies die produsente wat meen hul het die ergste graad van bosluismoeilkheid denkbaar.
Ek wil graag julle hê en julle mag maar spraaksaam wees. Welkom om dit hier en onafhanklik te publiseer met fotos.
Kontak my by 0126674755 en 0822208386
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)