Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Bosluispraatjies-en-uitnodigings-0

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • April (3)
  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        2008

          Blogger

           
          scorpiondip
          Foto album
          Aangesluit: 10 Jun 2009
          Plaas naam : Iewers
          Dorp : Pretoria
          Provinsie : Gauteng
          Land : Suid Afrika

          Ek ondersteun

          boran se foto
          boran
          Argentyn se foto
          Argentyn
          Danie C se foto
          Danie C
          Le-Andrie Bezuidenhout se foto
          Le-Andrie Bezuidenhout
          Leon Kruger se foto
          Leon Kruger

          Volgelinge

          • AnnieBP se foto
            AnnieBP
          • MARIETH GROBLER se foto
            MARIETH GROBLER
          • Danie C se foto
            Danie C
          • Janbez se foto
            Janbez

          Vriend

          MARIETH GROBLER se foto
          MARIETH GROBLER
          Danie C se foto
          Danie C
          Janbez se foto
          Janbez

          Jongste blogs

          Danie C se foto
          Toulouse en omgewing (4)
          saai se foto
          Invoere - bangkrot Boere
          Steven nel se foto
          Kopklamp
          Steven nel se foto
          My nuwe nguni vers
          Johannes Meintjes se foto
          Perspektief op Landbou: ACDP

          My Weer

          • Voorspelling
          • Vandag
          • My ligging

          Kaapstad

          • Donderdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:20 C
          • Laag:9 C
          • Vrydag
          • Reën
          • Hoog:17 C
          • Laag:10 C
          • Saterdag
          • Mis
          • Hoog:17 C
          • Laag:7 C
          Sonsopkoms: 7:37
          Sonsondergang: 17:47

          Kaapstad

          Bygewerk:24 May 03:00 IDT
          Temp:
          Druk:
          Doupunt:
          Humiditeit:72%
          Wind:

          Kaapstad

          Peiling

          Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

          Bosluispraatjies en uitnodigings!

          Ingestuur deur scorpiondip op 6 April, 2011 - 15:41

           Baie dankie aan die bestuurslede van die RPO, TLU en Agri SA wat my genooi het om hulle lede te kom toespreek. Bykomend is daar nog Wildbelange groepe ook wat bosluisprobleme het wat bygekom het.

          Die reaksie op my praatjies by u was baie goed en die terugvoer verrykend. Daar is n behoefte na onafhanklike inligting rakende parasietbeheer wat nie gerig is op produkaankope en of verkope nie.

          Belangrik

          Dit is egter vir my belangrik dat u, nadat uself my aanbiedinge bygewoon het, kennis dra daarvan dat daar versoeke na my gerig word om studiegroepe en Boereverenigings te kom toespreek wat onder u vaandel opereer.

          Ek verteenwoordig net die wetenskap soos wat dit in die Literatuur gevind en ook soos die bevindinge van my navorsing onder die wakende oog van Prof Eddie Webb staan.

          Toestemming

          Ek wil dit baie graag met u toestemming aan u lede bring en versoek dat u hierdie skrywe vanuit u kantoor aan u lede sal stuur.

          Ek sou graag Bosluisinligtingsdae aan die onderskeie groepe onder u vaandel ook wou doen, met u toestemming, wat gegrond is op my huidige navorsing. Daar is egter baie meer tot bosluisbeheer dan die praatjies wat ek gehou het op vergaderings.

          Navorsing

          My navorsing was gedoen op sowat 20 plase, wat ‘n gemiddelde bloubosluisweerstandigheid van sowat 77% teen alle dipmiddels op die mark gehad het. Tans meet almal onder die 20% en minder weerstandigheid. Daarby is die indikasies daar dat die bosluispopulasie op die onderskeie plase na sowat 2-3 jaar, met -+ 60% plus verminder het.

          Die wetenskap het een beginsel, “…hy wat beweer moet bewys”.

          Ek sou baie graag my aanbiedinge nog wou verbeter, dit baie meer prakties maak, meer visueel en ook in die praktyk. Ek sou ook graag beter pamflette en boekies in hierdie verband wou verskaf wat meer duidelik bepaalde gebiede en hulle parasiete sou bespreek.

          Die inligting ook op die nuwe webblad plaas, asook die huidige blog wat ek by Landbou.com onder die naam Scorpiondip. Sien skakels onder.

          Die doelwit is om wild en vleisprodusente met bewysbare toetsbare inligting te bemagtig, wat hulle instaat sal stel om beter produksie te lewer. As beter produksie nie ten doel is nie, wat is die doel dan van parasietbeheer?

          Wat word bedoel met produksieuitsette?

          Bosluisbeheer se direkte uitsette is gerig om produksieuitsette soos verbeterde koeibesetting, verhoogde interkalfperiodes, vervroegde speen, vervroegde bereiking van speenmassa, ens te bereik. Dit is nie noodwendig die vrees vir siektes soos rooiwater, hartwater en ander bosluisgedraagde dieresiektes nie.

          Die grootste verlies wat produsente lei weens bosluise is die massaverlies van tot 40 kg per dier en, gepaardgaande daarmee, die groeinhibering weens bosluise, vlieë, wurms en ook ander parasiete van ekonomiese en veeartsenykundige belang wat elkeen meer as 10 kg by 'n enkele dier byvoeg.

          Bereken mens 'n gemiddelde verlies van 15 kg op die hoef teen die verkoopsprys op die hoef, is dit n geweldige produksieverlies.

          Studie

          My studie het daartoe gelei dat bogenoemde produsente, wat tussen 36 en 45 per jaar gedip het, se bosluisweerstandigheid al gedeeltelik gebreek is.

          Tans dip hulle sowat 5-8 keer per jaar vir bloubosluise en multigasheerbosluise en daar is enkeles wat selfs minder dip. Die produsente van die studie is beskikbaar om self en onafhanklik hiervan te getuig.

          Botteloplossings!

          • Bosluis en ander parasiete se parasietbeheeroplossings is nie net in bottels gif te vind nie. Dit is te vinde in betroubare toetsbare inligting oor die parasiet self en die inligting wat die plaas self verskaf.
          • Dit is die bosluis self wat moet vertel watter produk teen hom gebruik moet word, watter dipstowwe reeds weerstandigheid veroorsaak het en watter het geen uitwerking nie.
          • Daarom word naas die Universiteit van Pretoria, ook van die Vrystaatse Universiteit se “Pesticide Testing Facility” gebruik gemaak. Niks van parasietbeheer vandag is meer op hoorsê en lukraak nie. Die Biologie is ook nie vas nie en verander elke dag. Niks dus van parasietbeheer bly eendimensioneel en dieselfde nie.
          • Betrou- en toetsbare inligting is daarom die belangrikste besluitnemingsinstrument wat enige produsent kan hê om sinvolle finansiële bestuursbesluite te kan maak en, om parasiete beter en kundig te bestuur.

          Met u goedkeuring, soos telefonies bespreek, sal u vriendelik hierdie skrywe asook onderstaande skakels aan u onderskeie lede of Verenigings stuur?

          Ek sou dan hiermee graag meer praktykgerigte Bosluisinligtingsdae in die onderskeie gebiede waar u lede is wou gaan hou. 

          Praktyk gerigte uitdaging

          • Die uitdaging word gerig, dat die onderskeie verenigings en of studiegroepe self iemand in hul geledere sal identifiseer wat hul beskou die grootste bosluisuitdaging het.
          • Dit kan maar bloubosluisweerstandigheid en of hartwater of beide wees. Dit sluit wildprodusente in.
          • Die doel hiermee is om die werkswyse en die verskillende bosluisoplossing aan die groep te bewys asook die uitdagings te definieer en praktykgerigte oplossings te vind wat nie in ‘n bottel gesentreer is nie.
          • Die doel van bosluisbeheer moet produksieverbetering en produksieuitsette te doel hê. Dit moet gedefinieer word. Dit moet ook drastiese vermindering van dip en dipdae insluit en daar moet gepoog word on niks meer as 8 keer vir die hele jaar te dip nie.
          • Die vordering kan onafhanklik gepubliseer word. Verskeie publikasies het aangedui dat hul baie graag hieroor wil berig en daarom moet die toetsprotokolle van internasionale gehalte wees.
          • Die doelwit hiervan is kennisoordraging, sodat die hele groep in die praktyk kan sien hoe die wetenskap prakties, bewysbaar en toetsbaar op hul vee en of wild toegepas kan word.
          • Die inligting behoort aan my en mag ook vir wetenskaplike publikasie oorweeg word. Ek sal dit met Prof Webb bespreek.
          • Die produsent wat gekies word, moet bereidwilligheid toon om die eise van die wetenskap te respekteer en te verstaan en deel van sy eie oplossing te wil wees. Voormanne en of terloopse persone sal nie oorweeg word nie.
          • Ek sal, nadat die bosluise geoes en onafhanklik deur die Universiteit getoets is, bepaal watter produk gebruik kan word vir die produsent en ondersteuning in die verband soek by die onderskeie Dieregesondheidsmaatskappye ten opsigte van produk en of gedeeltes daarvan, om die bewys hiervan so goedkoop as moontlik vir die produsent te maak.
          • Ervaring het getoon dat produsente wat nie bydrae tot hul eie oplossing nie, nie behoorlike of respekvolle samewerking gee tot die oplossing van hul parasietuitdagings nie. Daarom sal daar van die produsent versoek word om self ook ‘n bydrae te maak.
          • ‘n Memorandum van Verstandhouding sal onderteken word wat sekere inligting asook produkte gebruik se inligting sal beskerm vir moontlike plasing in Internasionale wetenskaplike tydskrifte.

          Met u goedkeuring en versending na u onderskeie groepe, hoor ek graag van u lede wat besprekings wil maak op skrif, sodat ek dit kan dagboek en reëlings in die verband kan begin tref. Ek het geboekte datums en versoek dus 2-3 moontlik datums

          Baie groete

          Pierre van Niekerk

          Tel: 27 (12) 667-4755

          Fax: 27 (12) 667-4745

          Fax to E-mail: 086-620-1522

          Mobile:  0822208386

          Geen gradering nie
          • scorpiondip se blog
          • 1920 keer gelees
          • Drukker-vriendelike uitgawe
          • Stuur na vriend
          • PDF uitgawe

          Kommentaar

          Zivile Riispere 
          06 Apr 2011 17:29

          Great results! I think your study is gain attention not only as usefull product for practical work against ticks and ticks transmitted diseases, but also as very informative and educating material for farmers and nature researches, also domestic animals having ordinary people who are living in regions rich of parasits. Thank you for interesting article!

          • antwoord

          Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

          Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

          Geborgde skakels


          Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

          Kwaliteit Saad

          Die toekoms is in jou land

          In lyn met die boer

          MSD Animal Health

          Our brand new website

          Daaglikse nuusbrief

          Weeklikse nuusbrief

          Teken In

          • Registreer as gebruiker
          • Wagwoord vergeet?

          E-pos forum

          • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
          • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
          • Boom Lusern en siektes
          • Nekklamp vir beeste
          • verpakking soos bokse en sakke
          meer...

          Gewildste stories

          Vandag

          • Revolusie in landbou is hier - Tina
          • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

          Immergroen stories

          • RSS-voere
          • E-pos foto's aan ons

          Pas gelees

          • Brandstofpryse dalk onveranderd
          • ANC 'voldoen nie aan Wapenwet'
          • Wie is ons?
          • Kontak ons
          • Gebruiksvoorwaardes
          • SMS-diens
          • RSS-voere
          • Teken in op LBW
          • LBW-argiewe
          • Vennote

          Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

          Web Development by FormFunction