Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Byvoeding-en-mineraallekke

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • April (3)
  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        2008

          Blogger

           
          scorpiondip
          Foto album
          Aangesluit: 10 Jun 2009
          Plaas naam : Iewers
          Dorp : Pretoria
          Provinsie : Gauteng
          Land : Suid Afrika

          Ek ondersteun

          boran se foto
          boran
          Argentyn se foto
          Argentyn
          Danie C se foto
          Danie C
          Le-Andrie Bezuidenhout se foto
          Le-Andrie Bezuidenhout
          Leon Kruger se foto
          Leon Kruger

          Volgelinge

          • AnnieBP se foto
            AnnieBP
          • MARIETH GROBLER se foto
            MARIETH GROBLER
          • Danie C se foto
            Danie C
          • Janbez se foto
            Janbez

          Vriend

          MARIETH GROBLER se foto
          MARIETH GROBLER
          Danie C se foto
          Danie C
          Janbez se foto
          Janbez

          Jongste blogs

          Danie C se foto
          Toulouse en omgewing (4)
          saai se foto
          Invoere - bangkrot Boere
          Steven nel se foto
          Kopklamp
          Steven nel se foto
          My nuwe nguni vers
          Johannes Meintjes se foto
          Perspektief op Landbou: ACDP

          My Weer

          • Voorspelling
          • Vandag
          • My ligging

          Kaapstad

          • Donderdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:20 C
          • Laag:9 C
          • Vrydag
          • Reën
          • Hoog:17 C
          • Laag:10 C
          • Saterdag
          • Mis
          • Hoog:17 C
          • Laag:7 C
          Sonsopkoms: 7:37
          Sonsondergang: 17:47

          Kaapstad

          Bygewerk:24 May 03:00 IDT
          Temp:
          Druk:
          Doupunt:
          Humiditeit:72%
          Wind:

          Kaapstad

          Peiling

          Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

          Byvoeding en mineraallekke

          Ingestuur deur scorpiondip op 8 Oktober, 2010 - 11:41

          Belangrikheid van proteiene

          Algemeen: Verskeie van die produsente wat deel is Strategies Geintegreerde Parasietbeheer Program se weiveld is onder druk met die laat reëns en lae proteiengehalte van die weiding. Hieronder dan 'n algemene byvoedingsprogram.

          Van die plase het nie oop water nie en is dus nie met makrolaktone bestuur om bloubosluise onder andere te beheer nie, maar met IGR's. Hierdie chemiese groep het geen invloed het op rondewurms, soos bruinmaagwurms nie en het slegs 'n geregistreerde invloed op bloubosluise.

          Daar is wel produkte wat gekombineer is, wat ten doel het om multigashere ook in die proses te beheer. Die is wonderlike produkte onder sekere omstandighede, maar is 'n uitdaging om aan te beveel veral waar bloubosluise reeds teen die toegevoegde of bykomende aktief weerstandigheid getoets het. 

          Die Allomorffaktor

          Met die allomorffaktor, die werklike werking van IGR's, die lewenssiklusse van bloubosluise, die weerstandigheidsfaktore wat 'n rol speel op die individuele plase, die feit dat vele van die plase onder SIPB bestuursprogram getoon het dat ketieninhibeerders tog 'n matige beheerinvloed het op multigashere, is hier nog 'n klomp somme om te maak, permutasies en baie vrae om te vrae.

          Produsente onder die SIPB Program word instaat gestel en aangemoedig om direkte vrae vra en, die ekonomiese impak van die inligting wat aan hul gebied word te toets. 

          Proteiene

          Proteien bly 'n belangrike bestandeel in diere se natuurlike vermoë om bruinmaagwurms te onderdruk. Die moment dat die bloedproteiene in 'n bees byvoorbeeld onder 12-13% daal, word 'n bruinmaagwurmhemel geskep. Hul ontplof letterlik in die dier en dan is hierdie dier onder stres.

          So 'n dier, ongeag hoe sterk dit is in natuurlike bosluisweerstandigheid, sal deur bosluise toegetakel word wat die produsent sal dwing om te dip. In vele gevalle word die bosluis alleen blameer en is die produsent van mening hy het slegs 'n bosluisuitdaging.

          Foto: Pierre van Niekerk

          'n Dier van een van die studieplase, wat byna 100% weerstandigheid getoets het teen Piretroiede, Organofosfate en Formadiene

          Proteienintolleransie

          Die gee van proteien by seker wildsoorte moet ook met behulp van kundiges bereken word.

          Wild soos swartwitpense het het 'n proteienintolleransie wat negatiewe uitwerkings het op die dier en veroorsaak dat die dier op verskeie manier teenreaksies toon, waaronder maagwerkings een is.

          Foto: Kanadese Regering

          Algemene resepte : Mineraallekke in die somer
          Sout-fosfaatmengsel in verhouding van 50:50. 100 kg mengsel.

          ·          Beenmeel bevat tussen 16 % en 28 % ruproteïen om belangrike spoorelemente in die dieet te verseker.
          ·          Voeg tussen 0,5 - 2% voerswael by vir medisinale doeleindes
          ·          Mono- of dikalsiumfosfaataanvullings kan in plaas van beenmeel gebruik word.
          Winterlek
          Hierdie proteïenlek is sodanig saamgestel om te sorg dat diere tot 32 % meer droë materiaal sal vreet as die ruvoer beskikbaar is:
          ‘n 100 kg resep. Persentasies sal ook kg voorstel
          Die lek moet ongeveer 30 % proteïen bevat en daarom word ureum gebruik. Probeer altyd om ureum saam met n natuurlike proteïen soos beenmeel in verhouding te gebruik, omdat dit op opname van proteïene verbeter
          Baie belangrik
          ·          Proteïenlekke behoort slegs gegee te word as daar baie droë materiaal op die veld beskikbaar is. As te min vreetbare materiaal beskikbaar is, kan te hoë lek-inname ureumvergiftiging veroorsaak.
          ·          Lekke moet nie naby drinkplekke geplaas word nie
          ·          Diere is geneig om te lek, water te drink en dadelik na die lek terug te keer as dit te naby water geplaas word.
          ·          Gee hierdie lek altyd onder n afdak, in ‘n voerbak wat kan dreineer en, op ‘n goeie hoogte weg van die grond af.
          Afhangende van die klimaat en die veldtoestande kan proteïenlekke vanaf April tot Julie gegee word.
          ·          Ureum se proteïenwaarde is in die omgewing van 280 %.
          ·          Dit is gevaarlik om in groot hoeveelhede te gebruik. Dit moet liefs as ‘n reel nie meer as 10% van die samestelling van die inhoud van ´n wildlek wees nie. D.w.s. op 100 kg niks meer as 10 kg nie. Wild se natuurlike proteienbehoefte is in die omgewing van 8% en dit kan dus sodanig verminder word
          ·          Natuurlike proteïen soos beenmeel is wenslik en verbeter ureumbenutting en kan in verhouding gebruik word
          ·          Dikalsium of monokalsiumfosfaat kan as plaasvervanger teen 10-15% ingesluit word. Dus sowat 10 - 15 kg
          ·          Goeie en maklik verteerbare koolhidrate soos mielies, koring of gars, kan sowat 30% van die mengsel uitmaak. Dit beteken sowat 30 kg
          ·          Diere se P-behoefte is egter minder tydens ´n periode van massaverlies as tydens massatoenname.
          ·          Melasse en of Kalorie 3000 word as bindmiddel (10 % - 15%) ingesluit en as mikrobe-energie om die koolhidrate goed te verteer. Dit is ‘n vêrdere 15 kg
          ·          Sout word ingesluit as rem om die inname van die lek te beheer. Inname sal van plaas tot plaas verskil weens verskeie grond en grasfaktore. Daarom moet lekinname gereeld aangepas word namate die seisoen verander. Indien sout teen hoë konsentrasies (25 % - 30 %) ingesluit word, kan 8 % voerkalk toegedien word om ongeveer 15 % sout te vervang.
          ·          Hoë soutinname neutraliseer die voordele van ´n proteïenlek omdat dit die werking van mikro-organismes in die grootpens belemmer.
          Dit kan teen September tot Oktober gestaak word of tot en met die veld goed na die eerste reens hergroei het.
          Hoendermis as proteïenaanvulling
          Hoendermis bevat gemiddeld 25 % ruproteïen in die vorm van uriensuur.
          ·          55 % totale verteerbare voedingstowwe (TVV)
          ·          1,2 % fosfor en
          ·          1,6 % kalsium.

          Hoendermis wat na ammoniak ruik moet nie gebruik word nie aangesien die verrottings en ammoniak se afbrekingsproses reeds begin het.

          Onthou net, hoendermis mag slegs gebruik word wanneer dit gesteriliseer is. Bene in die veld wat geëet word dui op fosfaathonger en ongesteriliseerde hoendermis met kuikenbene daarbinne kan botulisme veroorsaak.

          Hoendermis word egter verkieslik nie en nooit aanbeveel nie.

          Inentings

          Dit is egter tyd vir inentings en produsente word aanbeveel om te ent vir Drie-dae-stywesiekte, sponsiekte/lamsiekkombinasie, milt-, knopvel, pasteurellakoors en slenkdal. Met hoendermis natuurlik ook dan vir botulisme.

          Pierre van Niekerk

          0126674755

          0822208386

          pierrevn@telkomsa.net

          Scorpion Video

          http://www.youtube.com/watch?v=wRHbgsg3v40

          Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (2 votes)
          • scorpiondip se blog
          • 2026 keer gelees
          • Drukker-vriendelike uitgawe
          • Stuur na vriend
          • PDF uitgawe

          Kommentaar

          Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

          Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

          Geborgde skakels


          Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

          Kwaliteit Saad

          Die toekoms is in jou land

          In lyn met die boer

          MSD Animal Health

          Our brand new website

          Daaglikse nuusbrief

          Weeklikse nuusbrief

          Teken In

          • Registreer as gebruiker
          • Wagwoord vergeet?

          E-pos forum

          • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
          • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
          • Boom Lusern en siektes
          • Nekklamp vir beeste
          • verpakking soos bokse en sakke
          meer...

          Gewildste stories

          Vandag

          • Revolusie in landbou is hier - Tina
          • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

          Immergroen stories

          • RSS-voere
          • E-pos foto's aan ons

          Pas gelees

          • Aanvaller vlug ná boervrou vir hom bid
          • Maak reg vir Nampo-Oesdag
          • Wie is ons?
          • Kontak ons
          • Gebruiksvoorwaardes
          • SMS-diens
          • RSS-voere
          • Teken in op LBW
          • LBW-argiewe
          • Vennote

          Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

          Web Development by FormFunction