Die embriolammers is daar! Spierwit, opregte Dorper lammers, wat rond hardloop en speel. ´n paar dae oud en kopstamp. Al verskil die moeders, met hul ronde uiers, heeltemal van die lammers, is hulle net so moederlik teenoor hierdie verskynseltjies, wat glad nie soos hulle lyk nie. Wonder of hulle ooit besef of onder mekaar vra, hoe dit dan gebeur het? Daar was nooit ´n ram naby ons nie.
Daar is groot opgewondenheid onder die Brits familie van Caaguazu. Die embriolammers, waaroor ek in Maart geskryf het, is sonder enige probleme gebore en lyk baie mooi. Die eerste opregte Dorpers hier, het hulle pootjies op die aarde, nou moet hulle net DNA toetse ondergaan om te sien of hulle wel is, wie hulle veronderstel is om te wees. Tannie Annie pal in die nabyheid, kloekend soos ´n hen om haar kuikens.
Ondertussen is die EXPO in Asunción aan die gang en word die eerste keer amptelik met die Dorper geskou. Groot belangstelling daarvoor. Die Britse het ook ´n ou skeerder raakgeloop wat hier ronddwaal. Hy skeer volgens die, hier onbekende, Bowen tegniek. Na al die jare het die ou Listermasjien weer nut gevind. Dink aan die vriendskappe met Alan (Chips) Reid en Ian Rutherford van die NWKV. Hier word die skape op ´n tafeltjie geplaas, vasgebind en staan die skeerder so al om hom en skeer. Spaar natuurlik die rug so.
Wol, die meeste skape hier het eintlik hare, speel geen rol nie, daarom is die “kaal” rasse soos die Dorper en die Santa Inéz nou so gewild.
Hasta la proxima.
Kommentaar
Baie geluk aan julle almal,trots op julle en weet dat julle 'n groot verskil kan maak.Bid vir die Here se seen op julle boerdery.
Alles gelees en is baie trots op julle.
Liewe Annie net so opgewonde saam met julle en baie dankbaar vir Jesus se senende hand oor julle . Piet se hy is so bly om te sien hoe die SA boere ook hier kan boer
Baie hartlik geluk van ons twee Piet en Hardie
Dis wonderlik.!! Baie geluk aan Annie en die Brits familie, Ons is so trots op wat julle vermag het. Hou so aan.!
Kommentaar op navrae. Die embrios kom van Ramsem uit SA van verskillende Stoet telers. Ons is vier Telers in Paraguay wat embrios ingebring het, hier loop op die oomblik 60 Dorper lammers op verskillende plekke in die land.
Onbekende besoeker, die embrios kom van Andries en Leon van Niekerk, Hilton Spangenberg, Ben Grobler, Charl Saunderson, Leroy en Mickey Phillips.
Pragtige lammers. Van wie kom die embrios?
congrats. nice to see you are doing so well with all your new babies. the sheep look great in the pics. see you in december.
Lekker om te sien al die harde werk en beplanning van die afgelope paar jaar val in plek en is suksesvol! Gelukkig is ek weer self een van die dae daar om met my eie oe te sien! Dankie Danie! Ek geluk tannie Annie en Jaco en familie!
Dankie Danie, vir ons het 'n droom realiseer nadat Jaco 'n besoek aan SA gebring het om die bestelling te plaas en 18 maande van sukkel om dokumentasie in orde te kry, loop hier in Paraguay, regtig 21, egte Dorper lammers. 'n Dankbare Tannie Annie
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)