CIAMEG

 

Aan die buitewyke van die stad Concepción staan die bulle in klein kampies, rustig. Goeie kondisie, nie té vet nie. Hulle taak in die lewe is om saad te produseer vir semen wat gebruik word om baie koeie te insemineer. Mooi bulle, duur bulle. Van dié beste bulle in die land. Elkeen op sy eie, geen geleentheid om te baklei nie, want dalk kan hulle seerkry.

CIAMEG (Centro de Inseminación Artificial y Mejoramiento Genetico, Sentrum vir Kunsmatige Inseminasie en Genetiese Verbetering) Een van verskeie sulke KI stasies in die land wat saad aan die beesboere verskaf. Hulle self het hoofsaaklik net bulle van 4 rasse, Nelore (die talrykste ras in hierdie omgewing), Brahman, Brangus en Angus. Hulle verskaf die volgende diens aan die beesboere: Tap en bevriesing van saad, raad en hulp aan beesboere met die tradisionele inseminasie, hulle gee ook raad en help met die programmering om koeie te sinchroniseer sodat die vroulike diere op ´n vasgestelde tyd geinsemineer kan word. Die uitsoek van vroulike diere volgens hulle fenotipe en gereedheid om geinsemineer te word. Sonartoetse om te bepaal of vroulike diere wel dragtig is. Seleksie van teeldiere en die nodige andrologiese toetse. Opleiding van personeel in kunsmatige inseminasie en bestuur van weidings en dierevoeding.

Ook verhale van duur bulle waar die saad nie wil vries nie. Hoe het die ou boer gesê, dít is dinge wat boerdery interessant maak, nie altyd lekker nie, maar interessant.

Hasta la proxima

 

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.