Ingestuur deur alani op 29 Oktober, 2010 - 12:58
Verskeie vrae het die afgelope week die rondte gedoen oor diversifisering binne die suiwelbedryf na ‘n aankondiging dat Clover Holdings Ltd, glo ‘n Amerikaanse maatskappy, die webtuiste,
www.sex.com, teen ‘n allemuntige $13 miljoen dollar gekoop het. Die onderneming was een van 12 bieërs vir die koop van die webtuiste.
Beteken dit ‘n interessante wending binne Suid-Afrika se suiwelbedryf? Mnr. Manie Roode, die adjunk hoof-uitvoerende beampte van Clover, sê hulle het beslis nié die webtuiste gekoop nie.
“Ons was vroeër as Clover Holdings Ltd geregistreer, maar dit was jare gelede. Ons is nou geregistreer as Clover Industries Limited, Clover SA en Clover Beverages”, vertel hy.
‘n Berig van The Register, ‘n Britse publikasie, sê groot onsekerheid bestaan oor wie dié Clover Holdings Ltd is. “Clover self is ‘n misterie. Dit is gebaseer in die Karibbiese Eilande op die eiland Saint Vincent, en die e-pos adres wat in die hofdokumente gebruik is, is @hushmail.com, ‘n privaatheidsbewuste e-pos diens”, lui die berig.
Die aankoop dokumente is onlangs by ‘n hof in Californië ingehandig. Die vorige eienaar, Escom (ook nie SA sin nie) wat die webtuiste in 2006 gekoop het, is glo bankrot, derhalwe moes dié adres, asook ander produkte daaraan verbonde, verkoop word.
Die webtuiste het vroeër al tot $500 000 per maand in advertensiekoste verdien.
So, melkboere, en melkkoeie, kan dus gerus slaap. Die bedryf gaan nie so ver gediversifiseer word sodat dit vermaak van alle kleure en geure insluit nie... :)
Kommentaar
Hoekom klink dit so snaaks, dit is mos wat hulle aan melkboere doen.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)