Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / D-staan-vir-draaisiekte

Argiewe

2011

  • Junie (3)

2010

    Blogger

     
    Leon Kruger
    Foto album
    Aangesluit: 13 Jul 2009
    Dorp : Pretoria
    Provinsie : Gauteng
    Land : Suid Afrika

    Ek ondersteun

    Le-Andrie Bezuidenhout se foto
    Le-Andrie Bezuidenhout

    Volgelinge

    • marlene du plessis se foto
      marlene du plessis
    • scorpiondip se foto
      scorpiondip
    • Danie C se foto
      Danie C
    • Sarel Wessels se foto
      Sarel Wessels
    • Le-Andrie Bezuidenhout se foto
      Le-Andrie Bezuidenhout

    Vriend

    Le-Andrie Bezuidenhout se foto
    Le-Andrie Bezuidenhout

    Jongste blogs

    Danie C se foto
    Toulouse en omgewing (4)
    saai se foto
    Invoere - bangkrot Boere
    Steven nel se foto
    Kopklamp
    Steven nel se foto
    My nuwe nguni vers
    Johannes Meintjes se foto
    Perspektief op Landbou: ACDP

    My Weer

    • Voorspelling
    • Vandag
    • My ligging

    Kaapstad

    • Donderdag
    • Gedeeltelik bewolk
    • Hoog:20 C
    • Laag:9 C
    • Vrydag
    • Reën
    • Hoog:17 C
    • Laag:10 C
    • Saterdag
    • Mis
    • Hoog:17 C
    • Laag:7 C
    Sonsopkoms: 7:37
    Sonsondergang: 17:47

    Kaapstad

    Bygewerk:24 May 03:00 IDT
    Temp:
    Druk:
    Doupunt:
    Humiditeit:72%
    Wind:

    Kaapstad

    Peiling

    Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

    D staan vir draaisiekte

    Ingestuur deur Leon Kruger op 30 April, 2010 - 10:02

    Toe my dogterjie skool toe gaan moes sy aan die klas vertel wat haar pa doen vir ’n werk. Die middag is sy redelik ontsteld toe ek haar gaan oplaai na skool. By navraag kom dit uit dat die kinders gelag het toe sy sê wat haar pa doen. “Nou wat het jy gesê” pols ek haar.

    “Ek het gesê pa krap in skaap poef rond”
    Siestog, sy het ook maar groot geword met haar pa wat kronies op soek is na wurmeiers in skaapmis, die dat hy na homself as ‘n “stront tiffie”. En dan het sy ook al gesien dat ek baie opgewonde kan raak as ek ’n wurm kry wat mens nie alledaags sien nie. Soos die dag wat ek die geval op die foto gekry het. En ek wil vandeesweek oor daai geval praat. Draaisiekte of soos hulle dit in Engels noem, gid, staggers of sturdy. Sy mooi mediese naam is neurosistiserkose. 
    Oorsaak: Coenurus cerebralis, watdie onvolwasse stadium van die hondelintwurm,Taenia multiceps is. Dit word ook ‘n blaaswurm genoem. Dit is ’n sist of blasie van ongeveer 5cm deursnee, ongeveer ’n golfbal grootte, en dit bevat ‘n hele aantal lintwurm koppe.
    Oordraging: Taenia multiceps is ’n lintwurm wat voorkom in honde en jakkalse. Honde en jakkalse doen die besmetting op wanneer hulle die koppe van skape of bokke eet wat besmet was met Coenurus cerebralis. Die ryp segmente van die lintwurm wat eintlik maar net ’n sak vol eiers is word uitgeskei saam met die hond se ontlasting. Die honde ontlas oral oor die weiding en die skape of bokke neem dan die eiers in wanneer hullle wei. In die dermkanaal van die skaap of bok broei die eiers uit en die larfies migreer deur die dermwande tot in die klein bloedvate. Die larwes kan net verder ontwikkel in senuwee weefsel en hulle bereik die senuwee weefsel soos die rugmurg en brein via die bloedstroom. In die brein ontwikkel die larwes oor ’n periode van 6 - 8 maande in ’n vloeistof gevulde sist (blaas). Darem baie interresant dat die klein larfie weet hy is nou in die regte weefsel om verder te ontwikkel. Hierdie koppe kan eers tot volwasse lintwurms ontwikkel wanneer dit weer deur die hond of jakkals ingeneem word. Op die foto hieronder is ’n bok wat by my gevrek het en daar is die holte wat die sist in die brein veroorsaak het duidelik sigbaar in die breinweefsel, en die klomp lintwurm koppe is ook baie mooi sigbaar.
     
    Simptome:
    Soos reeds genoem setel die larfstadium in die brein en weens die drukking van die groeiende sist op die omliggende brein weefsel ontwikkel die dier stelselmatig tipiese senuwee simptome. Ek was bevoorreg genoeg gewees om die bok waarvan die foto afkomstig is te kon bestudeer gedurende die verloop van die siekte en die onderstaande siektetekens het ek eerstehands kon sien. Ek het egter ander bronne geraadpleeg vir moontlike simptome wat nie in die bogenoemde geval gepresenteer het nie.
    ·       Die kop word op ’n onnatuurlike wyse gehou; hoog of skeef, somtyds plat op die grond of rustend op enige voorwerp.
    ·       Die beweging van die skaap of bok wanneer hy loop is ingekoordineerd.
    ·       Dit wil voorkom of die dier blind is, veral in die een oog wat ’n aanduiding gee dat die sist in die teenoorgestelde kant van die brein gesetel is.
    ·       Die oë van aangestaste skape of bokke beweeg soms onwillekeurig vorentoe en agtertoe
    ·       Somtyds word gesien dat die skaap of bok konstant in ’n sirkel beweeg, (vandaar die naam) soms met pote wat hoog opgetel word weens balansversteuring. Hierdie beweging het my baie laat dink aan die speletjie wat ons as kinders gedoen het waar jy jouself dronkdraai en dan in ’n reguit lyn probeer hardloop.
    ·       Aangestaste diere kan erg senuweeagtig voorkom en ongekontroleerd rondval, vorentoe beur of konstant retireer.
    ·       In gevorderde gevalle verooraak die drukking van die sist op die skedelbeen dat die been versag waar ’n sagte plek in die skedelbeen dan gevoel kan word, gewoonlik tussen of net agter die horings. Die geval wat ek gehad het het ek menige keer probeer voel vir ’n sagte area op die skedel maar dit nooit gevoel nie.
    ·       Die siekte kan ’n vinnige verloop hê (binne dae) of dit kan weke duur voordat die dier in ’n koma gaan en vrek. Die geval wat ek gehad het het die siekte oor ‘n maand gestrek.
    Behandeling:
    ·       Alvorens op behandeling besluit word moet daar ‘n definitiewe diagnose gemaak word omdat draaisiekte met ander siektes soos byvoorbeeld hartwater verwar kan word. Hartwater diere presenteer egter met koorsreaksies wat mens nie sien met draaisiekte nie.
    ·       Behandeling is duur en gespesialiseerd, kan slegs deur ‘n veearts gedoen word en sukses kan nie gewaarborg word nie.
    ·       Die sist kan sjirurgies verwyder word en omdat daar beenweefsel in die skedel verwyder is neem die herstel lank en behels intensiewe nasorg.
    Post Mortem:
    ·       Baseer op die geskiedenis wat dood voorafgegaan het. Het die dier die tipiese simptome getoon? Is daar honde wat saam met die bokke of skape loop? Word die honde ontwurm op ’n gereelde basis?
    ·       Indien die kop in die lengte deurgesaag word sal die groot hoeveelheid vog opmerklik wees wanneer die sist deurgesaag word.
    ·       Die drukking wat die sist in die brein en skedel veroorsaak het sal letsels laat op die brein en skedel. Op die foto kan die holte wat die sist gelaat het duidelik in die breinweefsel gesien word.
    Voorkoming:
    Honde en ander karnivore tree op as die gasheer van die volwasse lintwurm.Indien daar honde en skape of bokke op die plaas is moet die honde gereeld teen lintwurms gedoseer word. Indien draaisiekte algemeen op die plaas voorkom moet die honde meer gereeld teen lintwurm behandel word. Omdat ek skape en bokke ken en nie baie te doene het met honde parasiete nie sal dit raadsaam wees om by die veearts uit te vind hoe gereeld jy die honde moet doseer. Daar moet ook onder geen omstandighede van skaap of bok doseermiddels gebruik word om honde mee te doseer nie.
    In die landelike gebiede waar honde baie losloop en skape en bokke vry loop kom die probleem algemeen voor. Elke keer as ek met boere in die landelike gebiede praat en die siekte verduidelik knik die koppe sommer beseflik want hulle sien dit gereeld.
    Wanneer die kop van skape of bokke aan honde gevoer word moet dit baie goed gaargemaak word. Verkieslik moet die koppe nie aan honde gevoer word nie, veral nie waar draaisiekte op die plaas voorkom nie.
     
    Geraadpleegde bronne:
    Kleinveesiektes, De Wet en Bath
    The Veterinary Book for Sheep Farmers, David Henderson
    Veterinary Parasitology, Geoffrey Lapage
     
    Met ’n lintwurm en ander wurms in botteltjies alkohol, ‘n paar blaaswurm siste en ‘n klompie mooi fotos gaan lewer ek toe later die jaar by my kind se skool ’n praatjie oor inwendige parasiete, veral van die waar die mens toevallig besmet kan raak. Daar was ge-oee en ge-aah en daardie middag glimlag sy breed want die kinders dink darem haar pa het ’n baie “cool” werk.
    Oorle pa het ook in 'n verdere poging om my te oortuig om minder soos 'n hippie te lyk eendag vir my gesê dat mens tog nie 'n nadoodse ondersoek kan doen met sulke lang hare nie, " jou hare gaan binne in die bloed en derms hang" het hy gesê. Hy was reg, maar gelukkig kan mens darem bad ook. 
    Lekker boer tot volgende week.
     
     
     
    Geen gradering nie
    • Leon Kruger se blog
    • 2049 keer gelees
    • Drukker-vriendelike uitgawe
    • Stuur na vriend
    • PDF uitgawe

    Kommentaar

    Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

    Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Land Bank nie na Tina?
    • Perdereeks (6)<br> Perdewurms die stryd aanges
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction