Dagboek: Geduld

Liewe dagboek

Vandag skryf ek oor geduld,iets wat ek nie mee geseen is nie maar baie vinnig moes aanleer. Ek sal nou nie juis se ek het dit al bemeester nie maar ek is geduldig...sien,dit werk klaar! In plaas van huil as ek kwaad is haal ek nou al diep asem en breek eerder n potlood as iemand se nek.

Ek luister geduldig terwyl Dept Grondsake vir my vertel dat die mense wat op ons plaas woon en nie meer hier werk nie hier mag bly tot ek vir hulle alternatiewe blyblek gekry het,ek luister geduldig terwyl hy se dat oorvol huise nie sy probleem is nie en dat ek uitsettings bevele aan hulle moet rig wat tot 6 maande kan duur,met of sonder sukses...

Ek luister geduldig na Dept Arbeid wat se ek mag nie my plaas beleid verander soos dit ons pas nie en dat plaasreels ook net so ver gaan soos die wet voorskryf. Ek luister geduldig terwyl hy vir my se dat ek nie mense mag huistoe stuur vir nog n rus dag as hulle vir 3 dae sonder enige kennis of rede uit die werk uit bly nie. Geduldig is ek....tot ek nie meer potlode het om te breek nie en nekke maar weer die maklikste is....

Het jy nie ore nie,het my ma altyd gevra? Ek het gehad,ek begin dit net eers nou gebruik. En geduld,ek het jare se geduld om in te haal,genoeg om my nog so week of wat te hou..

Groete

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (2 votes)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.