Dagboek: Lammers

Dagsê

Lammers: Ek het nou die laaste tyd van lammers geleer,siektes,koue ens. Nie dat die kennis my byna 13 lammers wat ek die laaste 2 maande gehad het aan die lewe gehou het nie? Nee,nie die olie verwarmer in hulle kis waar hulle geslaap het of die eiergeel in die eerste bottel melk,wat veronderstel is om "bies" se plek in te neem of rooibostee het gewerk nie....

Waaroor ek heeltyd wonder is hoe ons as kinders dit reggekry het om maklik 10 lammers op n slag groot te kry?! Ek weet nie of dit was dat hulle ons eie beeste se melk gedrink het nie,of melk net beter uit n 300ml Coke botteltjie met n lang tiet gesmaak het as uit n pienk Pep Stores bababottel,daai soort met die gat in die middel...Dit was lekker maklik om dan 4 op n slag melk te gee,nee dit was nie goed genoeg nie...

Lukie,Koekie,Moekie,Soekie en al die ander -oekies (hulle name was die keer meer iets soos Cab,Pino,Shiraz,Merl ens) wat ons gehad het was vasbyters en het later van tyd op die tafel beland omdat hulle nie by die ander skape "ingepas" het nie. Ek het op die manier ook n Joodse vrou met n klein seuntjie wat graag na ons middagete van skaapboud,hoenderpastei ens ons lammers wou gan melk gee se lewe verander. Sy ma het gevra "Shame,where is his mother?" Dit was die "O didnt you know,we had his mother for lunch" wat haar tot vandag toe n vegetarier gemaak het,nog nie weer haar mond aan rooi vleis gesit nie,jammer dat sy nou sonder skaap en vark moet klaarkom!

Cab,my laaste en enigste oorblywende lam het ek vandag vir n Moslem man gegee,hulle het blykbaar n tradisie waar hulle n lammetjie koop vir hulle jong kinders en as die lam groot is slag hulle dit en skenk die vleis aan arm mense. Dis seker vir n goeie doel? Bon Appetit.

Groete

 

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.