Dagsê












Paraiso hotel

Die besoeker wat dié restaurant, wat ook dien as ontvangs van die hotel, betree, word oorval deur ´n atmosfeer wat byna museumagtig is. Foto's en nogmaals foto's teen die mure, koekoek horlosies, ander horlosies, model skepe, allerhande ou voorwerpe en sommer net snuisterye. Interessant. ´n Dag of langer is nodig om dit te bestudeer en te gesels oor alles.

Steffen Karl en Magali Steinfatt het die Hotel Paraiso (Paradys) in 2005 oorgeneem en opgeknap. Geleë net buite Villarrica, het die spontane paar dadelik die restaurant ´n gewilde kuierplek gemaak, nadat dit ´n ruk stagnant onder die vorige eienaars was. Die tipiese Duitse spyskaart van Magali, is nou wyd bekend.

Afkomstig van Koblenz, waar hulle in die drukkersbedryf was, is hulle van die vele Duitsers wat hulle die afgelope tyd in die omgewing gevestig het en nog vestig.

Twee besoeke is aan te beveel, een om lekker te eet en die ander vir besigtiging, gesels en alles te bespreek. Die 15 koekoek en 30 ander horlosies kan dalk steur, almal gestel om die een na die ander hul geluide voort te bring. Tussen hulle, een soos wat ouma op die “sidebord”gehad het. Nostalgie!

Hasta la proxima.

 

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.