Dagsê












Ystervrou

Daar is ´n trek na Margaret Thatcher toe sy nog in haar fleur was, as jy mooi kyk en bietjie verbeelding het. Verskil is net, dat sy byna geen Engels kan praat nie. Prominente gelaatstrekke, deurdringende blou oë. Vasberade mond. Sy sou maklik die plaaslike Ystervrou kon wees.

Hilde Engist is die eienares van die plaaslike supermarkie, halfpad dorp toe, vanwaar ons woon. Supermark waar ons al die normale daaglikse benodigdhede kan kry, selfs goedkoper as dié van die groot plaaslike supermarkte. Goeie besigheidsvrou, soek jy iets, sal sy dit vir jou kry. Bedryf ook suksesvol ´n beesboerdery van 250 koeie. Sy en haar regterhand, Elena.

Alles was nie altyd maanskyn en rose nie. Twintig jaar gelede, haar man op ´n jong ouderdom verloor. Skielik moes sy beheer neem oor 50 ha druiwe, die wynkelder en 100 ha suikerriet en 2 jong kinders. Gelukkig het die wynproduksie hier, in daardie tyd getaan, en het sy dit stelselmatig tot niet gemaak. In die kelder word nou ´n skrynwerkonderneming bedryf en die suikerriet en druiwe het mettertyd plek gemaak vir weidings en die beesboerdery. Nog ´n groot slag het haar getref toe haar seun, wat bestem was om alles oor te neem, op 14 jarige ouderdom doodgeskok is. Sy het onverstoord voortgegaan en haar swaar gedra en verwerk.

Die winkel is ´n lekker plek vir daardie laatmiddag bier in die erge hitte. Drank is mos hier oral te koop. Natuurlik ook dié plek om op hoogte te kom van al die plaaslike nuus, nie skindernuus nie, want dit is mos dinge wat nie waar is nie. ´n Goeie vriendin wat ook ´n sport kan wees, soos met ons toer verlede jaar na Entre Rios in Brazilië.

Hasta la proxima.

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (1 vote)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.