Dagsê







Professionele kinders

Dit is sekerlik nie ´n nuwe verskynsel nie, maar dat dit meer gereeld voorkom, is seker. Moenie my vra om dit met statistieke te bewys nie. Hierdie groter wordende tendens kan ek maar net oor bespiegel. Of dit in alle kulture voorkom, daarvan is ek ook nie seker nie. Dit lyk wel of dit meer onder manlikes as vroulikes voorkom.

Ek praat van die voorkoms van jongmense, veral jong mans, wat professionele kinders of dan veral professionele seuns word. Daardie onproduktiewe jong mense wat net nie rigting kan kry in die lewe nie en van hulle ouers afhanklik bly. Sonder veel skaamte verkies hulle om niks of nie veel te doen nie. As hulle wel ´n werk het, hou dit nie vir lank nie, want die werkgewer buit ons net uit en vir daardie karige loon kan ek tog nie werk nie. Ek doen dus maar niks en verwag dat pa en ma of iemand vir my moet sorg en goed sorg ook.

Sommiges word wel op ´n stadium uitgesmyt, maar ander probeer hierdie tydperk van salige minimum doen, so lank as moontlik rek. Dalk nog agteraf ondersteun deur een van die ouers, want ´n ouer bly mos maar ´n ouer en wil nie jou kind laat swaarkry nie. Foto's en nog foto's op Facebook, drank in die hand. Verontwaardig as die ouers nie wil help nie. Levi's, Jeep, Guess en die nuutste selfone en die beste Nike's of wat ookal , deel van hul uitrusting.

Met die toestande wat daar tans wêreldwyd in die skole heers, is die kans goed dat hierdie beroep in die toekoms gaan uitbrei, hoewel die moontlikheid van promosie maar skraal is.

Hasta la proxima






Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.