Burokrasie
Voorverlede week nooi dogter Suzette en skoonseun Daan my daar uit Toulouse, Frankryk. Pa, kom kyk die toets saam met ons op 13 November, die Bokke teen Frankryk. Nie regtig in die begroting en beplanning van die jaar nie. Pa, ons sal die kaartjie betaal. Met so ´n geelwortel voor die neus, kan mens die geleentheid nie laat verbygaan nie.
Reëlings tref en visum kry vir Frankryk. Ja, ons het nog SA paspoorte. Volgens die reisagent is die vereistes vir ´n visum: 2 paspoort foto's, vliegkaartjie, adres van verblyf of hotel vir die volle tydperk van verblyf in Frankryk met toestemming uit Frankryk (dit is nou waar die probleem kom), versekering vir 30 000 Euros, kredietkaart met rekening van die laaste 5 maande, bewys van verblyf hier waar ons nou is en die koste, ´n “skamele” 99 Euros.
Die kinders het dadelik die uitnodigingsbrief gestuur, nogal onderteken deur die president van die Toulouse rugbyklub, waar skoonseun Daan speel. Alles reg vir die afspraak met die madmoiselle van die konsulaat in die Franse Ambassade. Alles reg, behalwe daardie uitnodigingsbrief. Nee, dit is nou nie goed genoeg nie. Dit moet of ´n hotelbespreking wees, dit hoef nie betaal te wees nie, of ´n uitnodiging van die munisipaliteit van Toulouse met die versekering dat dié mense wel daar woon. Ruk ek my op en maak my nek styf. Gee dan maar terug my paspoort en my 99 Euro's en kanselleer alles. Waarom spesifiseer julle nie dat ´n uitnodigingsbrief nie goed genoeg is nie? Julle maak dit moeilik vir wettige toeriste, maar die onwettiges stroom jul land binne. Begin die meisie mooi praat. As dit van haar afhang, het sy hom gegee sonder enigiets, dit is ongelukkig hoe die burokrasie werk. Kan ons nie deur die internet ´n plan maak nie. Kontak dadelik die kinders. Sal die hotel skakel waar die span die aand voor wedstryde slaap. Beveel sy aan, as ek daardie visum het, om die brief op die lughawe gereed te hê, indien hulle hom sou verlang. Wat beteken die visum dan? Trek sy haar skouers op. Later die middag, kom die e-pos, die bespreking is reg. Dankie vir moderne kommunikasie.
Wat maak iemand wat net wil toer? Met ´n rugsak en geen vaste adres nie? Europa is vol van hulle en ook vol van miljoene onwettiges.
Hasta la proxima.
Kommentaar
welkom in die Fort Europa... :)
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)