Die roete is byna dieselfde as daardie een van die noodlottige Air Francevlug 447nie. Die verskil is dat ons heelwat verder suid by Sao Paolo begin en nie in Rio de Janeiro nie. Hierdie is ook nie’n Airbus nie, maar wel ‘n Boeing 777 en die vlug nommer is 445. Die onsekerheid knaag.
Nie lank nadat ons oor die groot Atlantiese Oseaan is nie, begin die klokkie, die waarskuwingslig en die eentonige stem van die loods mekaar opvolg. Passiers, ons betree ‘n area van turbulensie, bly asseblief in julle sitplekke en hou julle veiligheidsgordels aan. Vensters dig toe, geen teken van wat buite aan die gang is nie. As ek by die venster gesit het, kon ek skelm loer en sien of daar weerlig iewers is.
Die Brasiliaanse tanadarts langs my, oppad na ‘n tandheelkundige konferensie in Wenen, het vrede met wat aangaan. Net oe en hande vir die meisie saam met hom, seker sy assistent. Baie slaap ongesteurd, is dit dan net ek wat ongerustheid ervaar? Vensters wat ratel en ratel! Mag ons veilig by ons bestemming aankom!! Sien ons vlieg op ‘n hoogte van10668 meter en die temperatuur is –48 C buite.
Twee uur nadat die vlug begin het, word aandete bedien. Die waardinne is ervare vroue, opmerklik nie meer so jonk nie. Hulle het ‘n stryd om die waentjies met verversings te beheer én te bedien. Glasies net kwart vol. Bottels se proppe dadelik op, ek sien hoe skud die inhoud daarvan. Videosisteem werk ook nie, niks wat die aandag kan aflei nie.
‘n Rooiwyn sal lekker wees dankie. La Baume, Merlot, Cabernet Sauvignon. Vin de Pays d’oc. My eerste kennismaking met goeie Franse wyn. Lekker, net so ‘n lekkie in die glasie, anders mors dit. Skud en nogmaals skud. Wanneer gaan dit end kry? Kos baie lekker, nog ‘n botteltjie vir meer kalmte.
Die videosisteem werk, so ook die wyn en kos. Een of ander tyd het dit rustig geraak. Merci!!
Hasta la proxima.
Kommentaar
Ek het lekker gelees.
Dit lyk nie of Grapjas weet wat op Air France vlug 447 gebeur het nie? Sjoe, Danie, veral met die turbulensie, sal dit 'n mens maar benoud maak.
Groete
Jan
hehehehe... sal nie kon dink die oom is toe bang nie! Toemaar ons sal daar wees om te troos hoor! Geniet die vakansietjie!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)