Dagsê

Airbus A380
Om die kolos te sien, is indrukwekkend, wat dan nog te sê van ‘n hele paar in wording. Of dit meer gerusstellend is vir die volgende vlug, is te betwyfel. Net meer onder die indruk van wat alles verkeerd kan gaan. Al is dit nie met ‘n Airbus A380 nie, die ander is maar basies dieselfde.
Jean Pascal Debourbe ontmoet ons by die ingangshek van die Airbus maatskappy in Toulouse. ‘n Sjarmante Fransman, wat gelukkig ook kan Engels praat. ‘n Meganiese Ingenieur, verantwoordelik vir die opleiding van instandhoudingspersoneel op die Airbus A 330 en 340 vliegtuie oor die wêreld . Die enjins, brandstofsisteem en lugreeling is sy veld. Hy neem ons deur die verskillende stadiums van die bou van die grootste passasiersvliegtuig, 872 passasiers is die normale kwota. Franse, Duitse, Engelse en Spaanse maatskappye is betrokke. Vertel van die logistieke probleme en beplanning om al die dele by die fabriek te kry. Bote wat die getygolwe in aanmerking moet neem, spesiale vragmotors, die Beluga vliegtuig, wat lyk soos ‘n dolfyn wat onderdele van Engeland moet bring en dan die kolosale fabriek waarin die apparaat saamgebou word.  Die afmetings is maklik sê hy, 80 meter x 80 meter en 80 voet hoog.
Die gelykbreekpunt wat moes verskuif vir die verkoop van 250 tot 450 eenhede as gevolg van die hardkoppigheid van die Duitsers wat ander sagteware gebruik het en toe die fout agtergekom word, dinge met 2 jaar vertraag het.
Die dubbeldek passasiersruim, sou ons darem nie lekker daarin kon skoffel nie? Kabels en bedrading. Pype en buise, alle kleure van die reenboog. Isolasie material, bestand teen brand. Die binneruim kaal en ontbloot, niks romanties van ‘n vliegtuig nie. Die binneshuise versiering word in Duitsland gedoen.
Volgens internasionale vereistes, moet die 870 passasiers in 90 sekondes ontruim word, met 2 van die deure toe. Hulle het die toets geslaag, met 12 sekondes nog beskikbaar. Statistieke en syfers wat jou kop laat duisel. 150 000 werkers in verskillende lande, wat dit een vandie grootste internasionale ondernemings maak.
Of dit ‘n plesier sal wees om met hom te vlieg, sal die tyd seker leer.
Hasta la proxima
 
Geen gradering nie

Kommentaar

dick 

danie as hy val sal hulle darem die stukke makliker kry

Janbez

Is daar nog tyd om 'n beroepsverandeing te oorweeg, Danie? Jy moet 'n skrywer wees!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.