Ingestuur deur Danie C op 4 November, 2009 - 15:47

Victor Hugo
Rys, vleis, aartappels, boontjies en pampoen. Braaivleis, pap en slaai. As jy ‘n Kapenaar is braaivleis en broodjies en dalk snoek en wurgpatats. Vervelig ons kos, sou sommige dink. Na ‘n besoek aan die Victor Hugo varsmark in Toulouse, kan ek dalk saamstem, nie dat dié verskeidenheid, my van dieet wil laat verander nie. Net meer bewus van die verskeidenheid van ander kulture.
Boucheries, frommeries en ander snaakse name. Hier en daar darem ‘n Bar, vir ‘n knertsie van die Franse wyn, per glas. Rye stalletjies, spesialiste van ‘n spesifieke kos. Vars en gaar kosse netjies uitgestal. Waarborg dat alles vars is. Seekosse, redelik normal. Vleise, bees, skaap, perd, vark en wildevark. Nooit besef dat perdevleis so ‘n mooi rooi kleur het nie, regtig rooivleis. Ham vir meer as 160 Euro’s, ja, per kilo, net sulke dun skyfies gesny. Daardie Bellota ham, lank verouderd.
Pluimvee, hoender, eend, gans, duif, kwartel en fisant, elkeen se kop saam verpak, die hele kop met vere en al, nogal mooi kleure, sommiges. Foi gras, die duur eendlewers, tot meer as 100 Euro/kg. Smaak vir my maar soos gewone lewersmeer.
Waar pas die haaskarkasse, met hul oe wat vir jou loer, uit die afgeslagte koppe? Vreemde dinge en snaakse snitte. ‘n Mensemassa wat koop. Hoe ingestel die Franse hier is om organies te eet, weet ek nie, een eensame stalletjie gemerk, met prominente verwysing daarna.
Soetgoed, Oosterse kosse, Indie, China en Japan het ek gemerk, en kase en nog kase. Frankryk het skynbaar 365 verskillende soorte kaas, een vir elke dag. Gewone kaas, bokmelk en skaapkaas. Verskillende smake en geure, sommige effe benoud.
Moenie kos koop as jy honger is nie, inkope kan dalk vir die oningewydes hier die aptyt onderdruk, sommige voorwerpe is nie baie aptywekkend nie . Het Victor Hugo oor kos geskryf?
Hasta la proxima
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)