Dagsê

Ontbyt

 
Gaan laai ons verlede week kleindogter Yannique, by haar kleuterskool af,  skoonseun Daan en ek. Loop hul buurman, Bernard Dardier, ook daar raak toe hy sy kinders aflaai. Bernard boer net oorkant die pad van hulle, in die middel van Seilh, ‘n voorstad van Toulouse. Sy grond omring deur ‘n hoofweg, gholfbaan en woongebied, melkboer.
Stap sommer by die kombuis in van die tradisionele Franse plaashuis. Lekker warm en gesellig, weg van die byt van die vroee oggend koue, die suur wind van die Pirenee.  Die reuk van die aangrensende koeistal, bietjie oorweldigend. Net ‘n deur wat kombuis en stal skei. In die winter slaap die koeie binne.
Sit gerus, sit! Om die ronde tafel, kleedjie oor. Skoon. Klein glasies, die halwe meter Franse brood uit die kas, verskeidenheid van koue vleis, trots beduie hy dat dit tuisgemaak is, van die laaste vark wat hulle geslag het. Hierdie een is van die kop. Kase, 4 soorte, konfyt, botter en ‘n mes vir elkeen. Bottel rooiwyn in die middel. Geen bord, plekmatjie of enige onnodigheid nie. Op die kleedjie doen elkeen sy ding.
Brood, met kaas, vleis en konfyt. Enige kombinasie. Sluk dit af met rooiwyn, dalk gemeng met water. 3 of 4 glasies. Gesellig en vrolik. Ek probeer luister, verstaan eintlik niks, af en toe ‘n woord, wat met Spaans ooreenstem. Die reuk van die koeistal skoonveld weg. Laaste ‘n koppie sterk koffie met die suikerblokkie.
Buite, die werk moet aangaan. Daan moet span toe, speel vanaand teen Bourgoin. Hoekom is die sonlig so skerp en hoekom is dit asof die aarde wil draai? Mens moet gebore word in die kultuur van wyn met ontbyt. Deur die loop van die dag kom ek verder agter dat ryk vark en wyn nie met my akkodeer vir ontbyt nie, effe aan die ryk kant.
Boere is oral gasvry. Met soveel gemeenskaplikhede, kan dit nie anders nie. Ook nie altyd nodig om groot voor te berei en puntenerig te wees oor eetgerei, vir ‘n lekker kuier en ete nie.
Hasta la proxima
Geen gradering nie

Kommentaar

casev

Hallo
Sjoe ek was lank laas op jou Blog. Daai hele landbou.com het veranner.

Ek sien jy is in Frankryk nou???? Welkom in die winterse Europa.

As jy nog `n draai maak in Holland is jy altyd welkom op my plaas

Geniet jou toer in La France

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.