Tortuga (die skilpad)

Die skilpad het sopas 55 jaar oud geword. Geen skilpad met ´n dop en geplooide nek en skubbe op die bene nie, maar een wat te doen het met minerale, spoorelemente, vitamines en veral met die tekort aan fosfaat, wat normaal is in subtropiese dele. ´n Skilpad wat die moderne uitdagings aanvaar, met die filosofie van sy stigter: Voete op die grond, oë op die toekoms en toewyding vir die arbeid.
Die 8e Oktober 1951, land dr Fabiano Fabiani , ´n landboukundige van die Universiteit van Bologna, Italië, in Brazilië. Hy is getrek deur die rykdom én armoede van dié land. Oorvloedige natuurlike weidings, maar met beeskuddes in ´n staat van ondervoeding. Om die ondervoeding te verbeter was vir hom ´n uitdaging. Hy kan tereg beskou word as die vader van gebalanseerde minerale byvoeding in Brazilië. In 1954 verskyn die eerste produkte wat in ´n klein skuurtjie gemeng is en in 1955 word die handelsmerk Tortuga gevestig en word die eerste volwaardige fabriek in Sao Paulo betrek.
Van 1954 tot 1980 word groot vordering gemaak. In 1980 word een van die grootste fabriek in Mairinque, Sao Paulo in gebruik geneem. Gedurende hierdie tyd verwerf die maatskappy verskeie nasionale en internasionale toekennings.
In 1990 sterf Fabiano Fabiani. Hy word opgevolg deur Doña Creuza Rezende Fabiani, sy wederhelf. Sy het al die jare, sonder ophef, ´n groot rol in die agtergrond van die bestuur van die maatskappy gespeel. Met haar aan die stuur, het die maatskappy se groei voortgeduur. Nog 3 fabrieke het gevolg en verspreidings en verkoopspunte is oor die hele lang gevestig. In 1993 is die eerste Tortuga produkte buite Brazilië in Paraguay verkoop. In 2007 is Doña Creuza opgevolg deur haar seun, Max Fabiani, toe slegs 35 jaar oud. Die groei het voortgegaan, vandag word Tortuga in Argentinië, Bolivië, Chile, Colombië, Mexico, Paraguay, Costa Rica, El Salvador, Ecuador, Guatemala, Honduras, Italië, Panama, die Dominikaanse Republiek en Venezuela verkoop. Onlangs is ´n nuwe fabriek van 40 miljoen US$ by Pecém, Ceará ingebruik geneem.
Max Fabiani (links)
Stadig maar seker is hierdie skilpad besig om al meer mylpale verby te steek. Volgens Fabiano Fabiani kon Tortuga slegs suksesvol wees as veetelers vooruitstrewend is. Daarom moes die wetenskap en tegniek tot hul beskikking wees.
Hasta la proxima.
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)