Ons het n stuk grond in die ou Wes Transvaal n baie mooi bosveld familie plaas waar daar geboer word met beeste. My storie is so my oupa het op n stadium daar gedelf jare gelede en nie regtig iets noemens waardig gekry nie maar nou jare later het mamon die boere en delwers in die omgewing gepak en vernietig hulle hulle eie en ander mense se grond sonder dat ek wat die eienaar is iets daaraan kan doen. Wat ek gevind het is dat hierdie ouens soos Mugabe is hulle doen alles agter jou rug en laat jou net weet dat hy jou grond vir jou wil opneek om hom skat ryk te maak en jou erf gedeelte vernuutig en van jou te vat soos hy wil. Ek wens iemand kan iets aan die mense doen want daar is net geen wet met hulle nie hulle betaal n paar groot amptenare iets onder die tafel en hulle ryk die permitte uit en vat almal se eiendom soos in Zimbabwe. Ek het vandag net weer gesien hoe boere met geld n persoon soos ek wat boerdery meer lief het as enige geld in die wereld onder my gat uit steel net sodat hy die regering kan ryk maak en hom self kan veryk en my stuk grond wat opgeneek is vir my los om niks verder daar mee te kan maak nie. Ek is so kwaad dat ek wens die ouens vrek almal. Die beste van alles is daar is n klomp ouens wat in die lyn staan om te delf wat my net in kennis stel dat hulle my grond by my vat. Dit is my grond.
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)