
Ondersteun nog niemand nie
Hierdie persoon het geen volgelinge nie.
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
AL GEWONDER HOEKOM MENSE HUL OPHOU MET DEXTER BEESTE?
WEL EK GLO AS MENSE EERS UITVIND VOOR HUL LAG OOR HOE HIERDIE BEESTE SAL BAIE VERWONDER STAAN. EK PRAAT VAN DIERE WAT ELKE JAAR KALF, DIERE WAT GOED GROEI EN HUL KALWERS KAN GROOT MAAK, DIERE WAT MEER AS 55% VAN HUL MASSA SPEEN, DIERE WAT MEER AS 54 % UITSLAG. DIT IS MAAR N PAAR PUNTE WAT HIERDIE RAS SO GEWILD MAAK DEESDAE BY BOERE. DAAR WORD VANDAG SELFS DEELGENEEM AAN PRESTASIE TOETSING. JA , EN DAAR SAL DIE WEES WAT NIE GLO , MAAR SOOS HUL SE "KYK VIR JOUSELF"
EK SAL GRAAG MENSE SE MENINGS WIL HOOR EN OOK DAN INLIGTING DEUR TE GEE AAN MENSE WAT BELANGSTEL.
GROETE
DEXTER DANIE
Cell: 0845561645
.jpg)
2011/05/11
Nog bietjie inligting - Onthou dit is soos ek dit sien en ander mag van my verskil.
Nog fotos van bulletjies wat dit nie gemaak het as stoet en voerkraal toe is.
.jpg)
More sit ek bietjie fotos van die koeie op.
2011/05/12
Soos ek belowe het so paar foto's met koeie. Onthou daar is baie mooi diere daar buite ook. kYK BIETJIE ROND.
Gaan bietjie Nampo toe die jaar en sien die DEXTER BUL en die DEXTER KOEI wat altwee eerste gekom het met die Interras Skou in Bloemfontein 2011.
Daar sal ook mense wees wat jul met inligting kan voorsien.
En JA Dexters aard omtrent orals. Ek dink daar is nie n provinsie waar Dexters nie voorkom , asook in Namibia.
.jpg)
EN NIE DIE MINSTE DIE MELK DRINKERS
DEXTER MELK IS LEKKER ROMERIG EN GESOND.
2011/05/16
Die vraag waar is die melkbeeste.
Ek teel meer na speen gewigte omdat ek meer uitkry. Ek wil he my boerdery moet winsgewend wees. Ja daar is goeie melkers. Een koeitjie wat 15 liter melk gee op n dag vir die werkers. Wel is dit winsgewend om so koeitjie te melk vir wins vir my - my antwoord is nee. Ek kan meer geld uit melk met n Jersey of Fries maak as daar nog geld in die melk bedryf is. Maar ons laat nie die melk agter. As daar n bul is wat goeie vleis en melk neersit op die nageslag . Asseblief gebruik hom.
Vir eie gebruik aan hou - JA.
Maar dit is mens se eie keuse wat hy dink vir hom sal werk.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2001/05/18
n Resep vir STEAK wat enige BOER n bobaas braaier maak en heel eenvoudig.
Braai die steak sonder enige soute of sous.
Braai tot medium.
Gooi growwe sout, swart peper en genoeg suurlemoensap in vleis bak.
Sny daai medium steak in repe en meng hul nou in daai vleisbak met daai sout, peper en suurlemoensap.
Probeer hom hy werk vir die manne langs die vuur.

n Tweeling , en ja sy het maklik gekalf en altwee verse mooi groot gemaak.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx



2011/05/20
Hallo Isak.
Ek stel voor jy email vir Hendrik Strydom ons Vrystaat Voorsitter.
Sy email adres is amadeusdexters@mtnloaded.co.za of sy sel nommer 0732895111 of kontak my by danie@evolac.co.za 0845561645. Ons probeer hard om die regte diere vir mense te kry al is hul skaars. Glo my dit is lekker bees om mee te boer.
Laat weet of jy regkom asseblief.
Groete
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/05/24
JA , dit is lekker vir my met die Dexters. Dit is diere waarvoor jy lief raak en nog steeds goeie geld kan maak.
Daar was probleme wat sekere telers in die bedryf uitgeskakel het soos die "bulldog" geen by die Dexter.
Egter gebruik ek slegs NEGATIEWE TEEL BULLE (Getoets deur n lab soos LNR of Unistel - NEgatief nou vir die bulldog geen)
Ek het nie n probleem met dooie kalwers en my speen gewigte haal ek met gemak wat weer meer wins in my sak terug sit.
My raad aan enige voornemende Dexter Teler of Dexter Boer - Gebruik slegs Negatiewe bulle en vra vir die sertifikaat.
Groete
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/05/28
Voorbeeld van n normale negatiewe bulletjie teenoor n bulletjie (die kleintjie) wat positief is vir die bulldog geen. Let wel hul is ewe oud. As jy dus hierdie positiewe bulletjie gebruik op n positiewe koei dan kan jy dooie kalwers kry.
As jy egter die normale ene gebruik wat getoets is deur mense soos Unistel dat hy wel negatief is op n positiewe koei verminder jy drasties (feitlik 100%) dat jy n bulldog kalf (dooie kalf) gaan aankry. As jy egter hierdie negatiewe bul op n negatiewe koei gebruik is die nageslag ook negatief soos sy ouers. Dus geen moeilikheid en hierdie diere is vry van die bulldog geen. Die geen kan nie in die nageslagte van negatiewe diere voorkom nie.
Die kleintjie gaan mooi inpas in my vrieshokkie van my yskas. Gelukkig het ek n "deepfreezer" vir die grootter ene :)
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/11/21 -
DEXTER VEILING 1 MEI 2012 TE BLOEMFONTEIN SKOU TERREIN BY VRYSTAAT DEXTER KLUB - 0845561645
XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX
JONG BUL - FASE C GETOETS - SILWER MERIETE - VERKOOP VIR R12,000
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/11/24
Die Dexter aard in koue dele ook. Het gehoor van mense wat in Barkly Oos gehad het en hul het goed gedoen in die berge. Verder weet ek daar is n teler Johan Nel 0828494799 in LadyGrey wat ook goeie Dexters het. Ek glo jy kan hom n lui gee.
Die Dexter kom oorspronklik uit Ierland. Is naby familie van die Kerry beeste in Ierland. Het ontstaan in bergagtige dele. So ek glo hy sal goed doen in kouer dele wat bergagtig is. Het so paar fotos van die diere op die internet gesien waar hul in die sneeu staan.
Die Dexter het goeie marmering. Vet tussen die vleis. In Europa is hul vleis baie gewild in die Top Restaurante. Op een van die programme van hierdie Bobaas Kokers het hul Dexter steak vir n klomp "elite" mense gemaak. Ek glo ons gewone mense is ook geregtig op kwaliteit vleis.
Dexter boere in Europa vra klomp geld vir hul vleis want dit is kwaliteit.
Ek sal nogal eendag n slagos wil inskryf vir n slagkompetisie om te sien wat hy doen.
Ek hou van die Braunvieh. Vleis en melk. Dan is hy mooi ook. Ek glo n goeie bees. Het iemand al n Dexter by n Braunvieh gehad?
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/12/03
Rocky - Van waar is jy? Hoe kontak ek jou? Anders stuur n mail na email adres danie@evolac.co.za
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/12/10
Hallo Marlene.
Groete
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2011/11/14
Belangrike punte voor jy n bul koop
1) Bul moet soos n bul lyk - Manlik
2) Alle Dexter Stoet bulle word geinspekteur op 18maande. Moet getattoeer wees.
Slegs Fase C bulle word gekeur as hul klaar is met die toets (rondom 10 maande) net soos die ander rasse.
3) Koop slegs Dexter bulle wat negatief is vir chondrioplasiya (Bulldog geen)
Geen Stoet bul mag verkoop word voor hy getoets is nie.
4) Mens koop n bul om jou kudde te verbeter - nie om net die koeie te dek nie.
5) Watse waarborg het jy op die bul ? As daar fout is met die bul soos onvrugbaar ens ens sal die teler om omruil of jou geld terug gee.
5) Kyk hoe lyk die ma en die pa asook broers en susters.
6) Onthou dubbeldoel ras beteken nie dat n bul nie boude het nie.
Melk kan jy slegs sien vanaf die moeder of as daar rekord gehou was van melk.
Miskien is daar mense (n handjie vol) daarbuite wat melk kan raaksien op n bul - Ek kan egter nie en ek glo baie ander ook nie.
7) Bulle moet getoets wees vir trieg, tb, Bruselose.
8) Koop n rustige bul met n goeie temperament - Nie een wat jou , jou werksmense of belangriker jou kinders eendag sal seer maak.
9) Koop n bul wat nie familie van jou diere is. Egter pasop om bouvorm prys te gee net om n ander bloedlyn te kry.
10) Koop by n eerlike teler -
Maniere bv. Is manne wat syfers op papier het soos fase D en fase C syfers.
Asook DNA toetse wat wys diere is wel die ma of pa.
Bulldog toetse om te wys diere is negatief
Jou buurman wat jou verwys na iemand - As jou buurman gelukkig is met n sekere man se diere sal jy waarskynlik ook wees.
Ens Ens.
Hierdie is als hulpmiddele vir die kopers sowel as verkopers
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
2012/01/04
n Jong Bulletjie
.jpg)
.jpg)
.jpg)
2012/01/18
ONTHOU ALLE STOET DEXTER BULLE WORD EERS GEKEUR OP 18MAANDE BEHALWE FASE C BULLE WAT GEKEUR MOET WORD AS HY TOETS VERLAAT.
GEEN DEXTER STOET BUL MAG VERKOOP WORD VOOR HY GETOETS IS VIR DIE BULLDOG GEEN.
AS JY N DEXTER BUL KOOP ONDER DIE BESKERMING VAN DIE RAS HET JY BASIES N WAARBORG EN VERKOPER VAN DIE BUL MOET PA STAAN VIR FOUTE.
DIERE WAT ONDER DIE BESKERMING VAN DIE GENOOTSKAP VERKOOP WORD , WORD DEUR 2 KEURDERS VOOR DIE TYD GEKEUR. DUS JY KOOP N DIER WAT AAN DIE RAS STANDAARDE VOLDOEN.
AS JY N VERS OF KOEI KOOP MAAK SEKER DIE BUL WAT GEBRUIK IS OP HUL IS NEGATIEF VIR DIE BULLDOG GEEN.
VOERKRALE EN VEILING KOPERS SOEK NEGATIEWE DIERE (SKOON VAN BULLDOG GEEN) DUS HOEKOM WIL JY N DIER TEEL WAT HUL NIE WIL KOOP? AS N VOERKRAAL NIE SO N DIER WIL KOOP SE DIT VIR MY HY GROEI NIE.
AS N DIER NIE GROEI NIE HOEKOM WIL JY MET HOM BOER.
SLEGS NEGATIEWE (SKOON VAN BULLDOG GEEN) KALWERS VIR DIE VOERKRALE EN VEILINGS.
DEXTER KALWERS (SKOON VAN BULLDOG GEEN) HET LAASTE VEILING IN DESEMBER 2011 R22/KG GEGAAN. KALWERS WAS AFGEROND TOT SO 275KG - DUS R6050 VIR EEN BUL KALF.
MAAK NET SIN OM DIE REGTE BULLE TE GEBRUIK.
--------------------------------------------------------------------------------
2012-01-25
Middag De Klerk Vermaak
Dosering werk per kilogram vleis - Nie per bees.
Beesvleis is duurder as dosering - As dit duurder as per kilogram vleis was het niemand van ons met bees geboer.
3 Kalwers teen 180kg elk is meer vleis as 2 kalwers van 230kg elk.
Dis n feit soos n koei en n optel som.
Jy kan nou self besluit of jy bemark net na speen wat meeste boere doen agv die voer prys en dat jy jou geld vroeer kry. As jy voer moet jy of n wins maak of gelykbreek. As jy gelykbreek sit jy met dieselfde bedrag geld as oorspronklik maar miskien verkoop jy jou diere vinniger aangesien hul kondisie goed is.
Hang af waar en hoe jy jou kalwers ook bemark.
Boerdery gaan nie net oor gewig maar oor VOV , GDT, speen massa verhouding (jou koeie is jou fabriek waar jou onderhouds koste ingaan ) asook speenpersentasies, kalf mortaliteite, tipe kos, tipe teling , gehardtheid ens ens.
Jy kan my skryf by my email danie@evolac.co.za as jy wil he ons moet saam somme maak of se jy het die soort bees en hy werk vir jou. Dit is al hoe mens leer om te sien wat doen ander mense.
Ek het geen probleem met ander tipe beeste , maar myne werk vir my.
Groete
Lekker Boer.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
my some klop want ek selekteer reg . die paar meer ente en lek maak n klein deeltjie van die som yt die lek en ente is nie die som nie. dit gaan oor rand en sent per hektaar hoeveel voedsel inname die dier inneem in verhouding met sy liggaams massa en die persentasie gewig wat die dier dan op tel. die dexter klop nie net die grootraam so nie maar lyk my in die boks kruit ook 3 grootraam bulle wat al my dexter bul se koeie se goeie eienskape en aantreklikheid raak gesien het wat oor die draad spring het op verskeie kere al pakslae gekry dit lyk nogals oulik dit lyk soos n landcruiser wat n corsa tou die verskil is daar is nie n tou tussen die bulle nie en die groot bul tou ook nie die dexter nie hy hardloop weg vir hom
my some klop want ek selekteer reg koop kwaliteit, rand en sent per hektaar klop die dexter n grootraam , die paar ekstra ente en lek is n klein gedeelte van die som, dit gaan oor hoeveel hy in verhouding met sy liggamsmassa moet vreet om die selfde persentasie gewig aan te sit, en lyk my waar die dexter nog beter is ,is in die boks kryt my dexter bul het al 3 grootraam bulle pakslae gegee wat sy dexter koeie se aantreklikheid en hul goeie einskap raak gesien het en oor die draad gespring het, my dexters doen baie goed op droe ,groen veld en voerkraal
Die somme maak nie sin. Jy sit dan nou met 34 meer koeie om na om te sien en in stand te hou. Daar is meer lek koste, 34 meer inentings, doserings ens. James hoeveel kos dit jou om 'n kalf van 180 kg mark gereed te kry teenoor 'n kalf ven 230 kg ? maak maar die somme oor. Om 50 kg ekstra aan te sit moet jou dexter 300kg meer voer eet(6:1 vov).
Ek soek dexters om tekoop. Verkieslik vroulike diere en in die oos-kaap. Ek het rooi bul wat tekoop is. Skakel my by 0826534960
Ek het mooi jaaroud bulletjie te koop. Tel 0713553006
Ek het nou al die inressante dinge oor Dexters gelees,ons bly in namibia op n plaas, ek en my dogter wil ook so n jong boerderyjie op die been bring en ons vrek oor die Dexters,hul is te pragtig.Ons gaan maar net eers met so +- 7 versies en 1 bul begin. Die enigste ding is ons is al twee heel onkundig oor die storie.Enige raat sal welkom wees,van lek, dek,moet mens elke 2de jaar die bul vervang ens ens. Sal dit regtig baie waardeer. Beste groete. marleneduplessis@yahoo.com
Ek het stukkie grond vroeer vanjaar in die Klein Karoo gekoop. Het baie gesukkel om teelmateriaal te kry. Het toe by Johan Nel in Lady Grey paar koeie gekoop en ook paar koeie en bul uit Warmbad se wereld. Ek het gedink die Dexters sou maar sukkel aan te pas vanaf grasveld na bossieveld, watwou. Hulle goed aangepas, is almal spekvet, het begin kalf en vaar uitstekend. ek gee geen byvoeding nie. Ek het 1 ou koei se kalf gespeen en haar toe n fries suipkalf gegee wat sy na maand aangeneem het. Die kalf is nou amper groter as sy. As bonus is die Dexters nog lekker mak ook en lekker om mee te werk. Kortom gestel, ek dink ek het die regte beeline geneem om met Dexters te boer.
Soek dringend hulp ivm. hoe om te begin met boerdery (Dexters).Kan mens weiding huur en nog steeds 'n wins maak ens.Hulp regtig nodig om ons jong boere net 'n kans te gee !!!!
Die Dexter is 'n ongelooflike ras. Ek het 'n paar maande gelede 'n groep van 7 aangekoop en hulle hulle loop in die fynbos duineveld tussen Stilbaai en Gouritsmond. Die beeste floreer en vreet nie selektief.
Baie mooi diere. Seker ek sal ook belangstel om na hulle oor te slaan as ek net met sekerheid kan weet dat my wins groter sal wees. Sal hulle goed aard in bebergde gebied en sal hulle goed aanpas waar winters alle weiding doodryp? Ek het tans die Braunvieh en hulle het baie mooi aangepas. Hulle het goeie temperament en ek kan hulle nog maklik hanteer. Ek neig na mediumraam. Die groter raam beeste se kalwers word almal verkoop. Jou mediumraam eet minder as die groter raam en vertoon altyd baie mooi - hoewel nie te vet nie. En om hierdie rede wonder ek hoe die Dexter by my sal aard?
In 1970/71 se droogte het ons n klompie Dexters koeie met kalwers, by Brollie v/d Merwein (was n legende in die Ooskaap) Jansenville distrik gaan koop.Daar was geen weiding nie, net n klompie noorse en perdemis.Die diere was in n uitstekende kondiesie met geen byvoeding.Hulle het by ons op weidings gefloreer.Die slagbeeste se gewig word gereeld onderskat.
Baie sterte met die Dexters.
Groete
Ek sien jul verseker by die veiling.
Ek het ook so 'n paar - baie tevrede.
DDD Dag Dexter Danie, jou diere is pragtig man en jy maak my sommer lus om ook te koop. Ek boer tussen Prieska en Douglas, het jy moontlik vir my n kontak waar ek n paar koeie en n bul kan koop?
Wat het van die Dexter melkbees geword?
aard dexter in die karoo
Ons boer self met Dexters en moet se dit is n ras vir die toekoms soos koste duurder raak en weiding al meer en meer agteruit gaan as gevolg van oor beweiding. Jy moet meer diere bemark om kostes te dek. Ons is regtig gelukkig met die ras.
Ja wat Danie se kan ek bevestig hier by my is kalwers wat tot 960g per dag groei op die veld net met 'n goeie lek. Die Dexter is gister se genetika vir more se oorlewing.
Groete
Danie, dis die waarheid!
Groetnis
Danie, hier ly almal aan die yank-sindroom: groter is beter. Moet nie van rigting verander. Ek dink jy is op die regte pad. Sterkte!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)