
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
In die Filosofie is daar vele vrae wat van toepassing is op vandag se produsente. Een van die vrae wat ons nou die aand behandel het, was so gestel;
“Hoekom glo jy iemand en waarom is dit wat hy praat, die waarheid? Waarom dink jy dit is die waarheid en hoekom glo jy so?”
Die vraag is meer as relevant in vandag se bosluisbeheerpraktyke wat algemeen in SA toegepas word. Wat jy glo, pas mens gewoonlik toe en dit word indirek jou handelinge en word soms ook jou gevolge.
Bosluise en ander parasiete
Die vraag hier is, hoekom sal enige persoon enige persoon glo rakende bosluise?
Denys Wells
Dit was die vraag waaroor Denys Wells gewonder het in ‘n gesprek.
“Vra my liewer n fooi as wat jy dienste gratis aanbied rakende produkte. As ek myself weer kom kry, met al hierdie gratis besoeke en “specials”, goed soos baadjies en pryse wat my aanmoedig om produkte aan te koop, het ek myself gehelp om myself weer in weerstandigheid in te dip.
Na weerstandigheid het niemand vir my raad gehad nie en was die risiko en verliese wat ek dra, myne alleen"
Soos wat inderdaad wel met hom gebeur het.
Denys het sy eie verhaal oor hoekom hy sowat 2 jaar gelede ‘n onsuksesvolle veiling gehad het. Hy het ook sy eie verhaal oor wat sy dipaankope en dipbestuursgelowe was, sy dip-dissiplines en die uiterste lojaliteit en getrouheid wat hy getrou gevolg het in die toepassing daarvan.
Hy erken dat dit vir hom swaar was om almal wat hulself kundig hou in die bedryf te skakel om hulp. Niemand het en kon vir hom met sy eie spesifieke bosluisweerstandigheid kundige hulp en of raad gee nie, nog minder ‘n oplossing, behalwe om meer intensief te dip.
Denys erken ook dat dit vir hom swaar was om in sy eie woorde “A leap of Faith” te neem om my te vertrou en te glo wat ek sê nadat LBW goedgunstiglik ‘n klein artikeltjie van my navorsing met die Europese Unie vertel het.
Die realiteit en probleem wat Denys het, soos met soveel andere produsente, is dat die een persoon gee hom raad om sy dipsiklusse te verhoog en die ander een beveel weer 'n produk aan of daardie raad.
Met Denys se probleem en risiko en verliese en behoefte om ‘n oplossing te kry,
Dit is nie so nie. As dit so was, het ons nie die weerstandigheid gehad teen die dipmiddels wat ons vandag op die plase het nie.
Die wetenskap sê;
“julle moet almal minder dip, meer dip is nie die oplossing nie…”
Dit is nou ‘n moeilike ding. Maar dit is hoe dit is.
Elke plaas se uitdagings is uniek, elke plaas se bosluisweerstandigheid is uniek, se habitatte verskil, weiding, klimaatuitdagings en verskeie ander faktore wat n rol speel. Binne al hierdie faktore is daar n wetenskaplike oplossing wat die bestuur van die bosluise bepaal.
Faktore tot Strategie
Hierdie faktore moet getoets word en in ‘n Strategies Geïntegreerde Parasietbeheer Plan wat uniek is tot die faktore wat n rol speel op die plaas, geïntegreer word. dit maak nie saak of dit wild en of vee is nie.
Waarom dit as krimineel beskrywe?
Dit is om diere onnodig bitter swaar te laat kry, gewaarborgde weerstandigheid te ontwikkel en bedryfskoste op te jaag. Dit is ook gewaarborgde veeverliese. Dit belemmer die omgewing, dit beïnvloed die Mens-Dieregesondheid verhouding omdat die mense se gesondheid grootliks beïnvloed word deur die diere wat ons in die mark eet.
Die faktor hang af hoe die dier aangepas en geproduseer is vir die mark. Onprofessionele en ongesonde bestuurspraktyke pas tog nie by die moderne produsent se bestuurstrategie en bestuursplanne nie.
Die uitdaging
Die uitvlug na Afrika bees en skaaprasse is nie ekonomies haalbaar nie en gee ook nie voedselsekerheid en voedselveiligheid nie. Dit verskaf ook nie bio-veiligheid nie. Daar is verskeie mites en onekonomiese produksie van diere betaal nie die plaas af nie, skep ook nie ekonomiese sekerheid en veiligheid nie.
Produsente Bemagtiging
Daar is net twee faktore wat ‘n produsent in beheer plaas van bosluisweerstandigheid;
Denys Wells se laaste woorde
“Ek is vandag ‘n bemagtigde produsent. Kom kyk na my beeste, kom kyk of jy n bosluis daar sien. Die wat jy sien is die wat ek daar wil hê vir n rede, want hulle moet my diere byt. Ek wil daardie weerstandigheid ophou en opbou in my diere….
Ek weet watter bosluisgroepe ek met watter produk moet beheer en hoekom ek dit strategies so wanneer ook beheer.
Ek het voorheen nie self beheer gehad oor die bosluise op my diere nie, vandag het ek, en as iemand vandag hier kom om vir my iets te vertel, moet hy aan my kan verduidelik hoe dit binne my groot plan van my plaas se parasietbeheerplan sal inpas.
Vandag
Ek weet ook dat die vleis wat iemand van my kry, gesond is, skoon is en ek wil op my minimum dipstrategie nog verbeter, maar dit sal ek net
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
pierrevn@telkomsa.net
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)