|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Saterdagaand was Oktoberfest, wat eintlik die eerste naweek van November moes plaasvind, maar as gevolg van munisipale verkiesing die vorige Sondag, is dit uitgestel na die 2e Saterdag van November. Groot voorbereidings, baie mense en min of geen slaap Saterdagnag nie. Die weer, wat met ´n arendsoog dopgehou word, die verskil tussen mislukking en sukses, het gelukkig mooi saam gespeel.
Die enigste geleentheid waar die Duitse Sportklub oopgestel word vir almal. Die groot geldinsameling vir die klub, Duitse Skool en die Koor- en Musiekvereniging . Bykans ´n jaar se beplanning wat hierdie aand tot uitvoering kom. Na 33 jaar weet almal wat gedoen moet word, wat werk en wat nie.
Musiek, 3 dansplekke. In die saal ´n tradisionlel Duitse orkes, die blaasorkes en tradisionele dansers. . Die volleybalbaan, ´n volwaardige disko, luidsprekers wat mens doofmaak, groot skerm en die nodige ligte. Op die tennisbaan, ´n orkes, meer vir die ouer geslag, die geraas nie veel minder nie.
Kos, van die tradisionlele Duitse Eisbein en suurkool, braaivleis en slaaie, braairib op ´n “spies”, worsbrode en hamburgers en dan natuurlik die beroemde Duitse koeke, te kus en te keur.
Bier, ´n oorvloed daarvan, natuurlik koud. November kan warm wees en die nag lank. Twee uur die oggend is daar steeds ´n stroom karre wat wag om toegelaat te word. 7 uur Sondagoggend en die orkeste kan nie verder omgekoop word om nog te speel nie.
Dit bly ´n wonder dat tussen 9000 en 10 000 mense ongedeerd tuis kom. Hoofpyn pille is in aanvraag. Om 11 uur heers daar ´n doodse stilte in die kolonie en Maandag is opsygesit vir die groot opruiming. Dit was weer ´n suksesvolle bierfees.
Hasta la proxima.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)