Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Die-dag-het-toe-aangebreek-0

Argiewe

2010

  • November (1)
  • April (1)
  • Maart (1)
  • Februarie (4)

2009

    Blogger

     
    Le-Andrie Bezuidenhout
    Foto album
    Aangesluit: 27 Nov 2009
    Plaas naam : Myngenoegen Plot
    Dorp : Polokwane
    Provinsie : Limpopo
    Land : Suid Afrika

    Ek ondersteun

    Leon Kruger se foto
    Leon Kruger
    Shaka Impi se foto
    Shaka Impi
    Jakkals se foto
    Jakkals

    Volgelinge

    • scorpiondip se foto
      scorpiondip
    • Leon Kruger se foto
      Leon Kruger
    • Jakkals se foto
      Jakkals

    Vriend

    Leon Kruger se foto
    Leon Kruger
    Shaka Impi se foto
    Shaka Impi

    Jongste blogs

    Danie C se foto
    Toulouse en omgewing (4)
    saai se foto
    Invoere - bangkrot Boere
    Steven nel se foto
    Kopklamp
    Steven nel se foto
    My nuwe nguni vers
    Johannes Meintjes se foto
    Perspektief op Landbou: ACDP

    My Weer

    • Voorspelling
    • Vandag
    • My ligging

    Kaapstad

    • Donderdag
    • Gedeeltelik bewolk
    • Hoog:20 C
    • Laag:9 C
    • Vrydag
    • Reën
    • Hoog:17 C
    • Laag:10 C
    • Saterdag
    • Mis
    • Hoog:17 C
    • Laag:7 C
    Sonsopkoms: 7:37
    Sonsondergang: 17:47

    Kaapstad

    Bygewerk:24 May 03:00 IDT
    Temp:
    Druk:
    Doupunt:
    Humiditeit:72%
    Wind:

    Kaapstad

    Peiling

    Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

    Die dag het toe aangebreek...

    Ingestuur deur Le-Andrie Bezuidenhout op 15 Februarie, 2010 - 04:19

    Ek is vanoggend so styf ek weet nie waar is my voor en waar my agterkant nie! My regter kuit kry heeltyd 'n kramp en my enkels jeuk so van al hierdie simpel muskiete wat in hul miljoene op ons toegeslaan het.

    Moet se, die styfgeid het niks met die muskiete uit te waai nie. Gister het ons skapies toe nou hier aangekom!! Hul is vir ons natuurlik PRAGTIG! Dink nie die inspekteurs van die skoue sal die selfde dink nie, maar ons dink hul is pragtig. Moes hul natuurlik van die trok afhelp, en moet se, 'n skaap lyk baie kleiner in die veld as in my arms! 

    Almal slaap hier langs ons heining en is nog in hul RWK-kamp! (Rus, water en kos) Dink wel hul gras sal hul binne vandag/more klaarmaak, maar gelukkig het ons hul lek ook gekry, en sal ons sommer vandag al begin uitsit. Maar eerstens, more is ek seker nie in 'n toestand om die trappe af te kom nie. Vandag gaan ons hul doseer en ent - sonder hanteringsfasiliteite!! Groot pret wat voorle! 

    Dink maar aan ons!

    Groete

    Johan het eerste met die lammers deurgekom, en die trok so halfuur agter hom met die res van die skapies. Die lammers het op 'n trailer gekom en het almal veilig hier gearriveer. Hul is eerstens in die hanteringskamp/kraal gesit. Agter kan jul nog sien is die droppers en pale waar die diamantdraad nog vasgemaak aan moet word. Nog ver nie klaar nie...

    Johan en Nico vat die "lastige" damarah rammetjie wat ook saam gekom het uit die troppie uit. Die loop nou tussen my hoenders! Hoop hy laat hul in vrede

    Nico sit hier voor op die ramp wat hy vir ons in aller haas gebou het. Die het wonderlik gewerk, anders was ons seker nie vandag in n toestand om te kon beweeg nie. Die eerste 4-5 het ons van die trok afgetel aangesien ons bang was hul kry seer. Met hulp het hul toe darrem maklik eintlik met die ramp afgeklim. Ek en Johan staan agter. Die 2 hulpers is sommer die drywers van die lorrie, hul het gelukkig ook ingespring en gehelp keer dat hul nie langs die kante dalk afspring nie. Almal is nou net afgelaai en dit is 'n salige gevoel dat hul af is. Die lorrie was eintlik veronderstel om tot by die skaapkraal te gaan maar toe sak die weg in die sand onder op die draai. Gelukkig het die geroep van die lammers hul nader gelok na die kraal.

    Nog 1 van die paar wat ons eer afgetel het... Ons is baie bevoorreg dat ons nie een skaap verloor het langs die pad nie. Ook geen ernstige beserings gehad nie!

    Geen gradering nie
    • Le-Andrie Bezuidenhout se blog
    • 1669 keer gelees
    • Drukker-vriendelike uitgawe
    • Stuur na vriend
    • PDF uitgawe

    Kommentaar

    Le-Andrie Bezuidenhout
    16 Feb 2010 14:41

    Leon en Hugo.

    Dankie vir die terugvoer en veral vir die raad, sal uitkyk. Het nou net al 118 skapies klaar ge-ent en gedoseer en is nou behoorlik moeg! Sal vanaand of weer foto's plaas. Ons is vreeslik opgewonde om hul te kan he, en het nog altyd net goeie goed oor die dorpers gehoor. Baie lief vir hul!

    Groete en lekker dag
    Le-Andrie

    • antwoord
    Onbekende besoeker 
    16 Feb 2010 13:49

    Hallo Le andrie
    Hou nou mooi dop vir koksidiose, (skittery) en pasteurella, (longontsteking) Pasteurella diere sal snotneuse ontwikkel. Die twee siektes is stres verwant en presenteer gewoonlik so 1 - 2 weke na aankoms.
    Lekker boer

    Leon

    • antwoord
    Hugo 
    15 Feb 2010 10:13

    hoop julle boer lekker met die skape. ek geniet my skape baie, dit is lekker om met die dorper te boer want hulle is maklike diere om mee te werk.

    • antwoord

    Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

    Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Wet gee probleemdiere ‘vrye toegang’
    • Wolmark sit sterk lopie voort
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction