Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Die-groot-skrik

Argiewe

2010

  • Januarie (1)

2009

    Blogger

     
    Jakkals
    Foto album
    Aangesluit: 6 Jul 2009
    Plaas naam : Jakkalsdraf
    Dorp : Polokwane
    Provinsie : Limpopo
    Land : Suid Afrika

    Ek ondersteun

    Le-Andrie Bezuidenhout se foto
    Le-Andrie Bezuidenhout
    Janbez se foto
    Janbez

    Volgelinge

    • Justice Malanot se foto
      Justice Malanot
    • Le-Andrie Bezuidenhout se foto
      Le-Andrie Bezuidenhout
    • eltonpanizza se foto
      eltonpanizza
    • Janbez se foto
      Janbez

    Vriend

    Nog nie vriende gemaak nie.

    Jongste blogs

    Danie C se foto
    Toulouse en omgewing (4)
    saai se foto
    Invoere - bangkrot Boere
    Steven nel se foto
    Kopklamp
    Steven nel se foto
    My nuwe nguni vers
    Johannes Meintjes se foto
    Perspektief op Landbou: ACDP

    My Weer

    • Voorspelling
    • Vandag
    • My ligging

    Kaapstad

    • Donderdag
    • Gedeeltelik bewolk
    • Hoog:20 C
    • Laag:9 C
    • Vrydag
    • Reën
    • Hoog:17 C
    • Laag:10 C
    • Saterdag
    • Mis
    • Hoog:17 C
    • Laag:7 C
    Sonsopkoms: 7:37
    Sonsondergang: 17:47

    Kaapstad

    Bygewerk:24 May 03:00 IDT
    Temp:
    Druk:
    Doupunt:
    Humiditeit:72%
    Wind:

    Kaapstad

    Peiling

    Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

    Die groot skrik!!

    Ingestuur deur Jakkals op 20 Julie, 2009 - 11:07

    As jy alleen bly op 'n plaas is daar altyd die stemmetjie wat jou op jou tone hou vir 'n moontlike plaasaanval. As daar net ietsie anders klink in die nag buiten die gewone plaasgeluide dan word mens redelik gou daarvan bewus.

    My geiser besluit mos 2 uur die oggend dat die druk nou te hoog is en 'n klep of so iets skiet met 'n knal soos 'n kanon en hou sommer aan skiet soos 'n hele boel R1 gewere. Dit op die stoep net 2 kamers verderaan.  Daardie tyd van die oggend slaap ek en my klomp Duitse Herdershonde die slaap van die dooies. Hulle reg rondom my bed. Met die eerste knal skrik die hele spul hulle self kapot en blaf histeries en soek net iets om te byt. Die krag gaan af en ek rol van die bed af om skuiling te soek. Met die beland ek op die jongste van die klomp honde en hy dink dit is die sware satan vanself wat hom aanval. As 'n jong hond skrik gaan al sy openinge wyd oop. Dus gil hy dit uit en no 1 en 2 word vryelik versprei. Met die uiteindelike raakvat van my flits sien ek net rook en storm uit die kamer die stoep af. Die honde wat voor hol kry toe eerste stoom en kookwater op hulle en draai soos blits om en onderstebo is ek weer met die hele klomp bo-oor my. Intussen gil die jongste blafter ook nog uit volle bors. Dit was die gouste krane oopdraai en ander toedraai en skakelaars afsit.

    Met die ligte weer aan en die jongste getroos pak die vreeslike vrees my beet en sit en rittel ek van die skrik. Nou ja daars niks wat 'n lekker sterk beker koffie nie kan regruk nie- wou eintlik 'n goeie skoot van iets sterker daarby gooi maar ek is geneig om aan die giggel te gaan. Ek moes toe gaan stort en in 'n ander kamer gaan slaap danksy jongste se vreeslike geskrik. Daar en dan besluit ek om meer paraat te wees. My flits op sy plek en my skietpiet sommer by my in die bed en die sleutels van die hekke elke aand op die selfde plek. Wat ek omtrent die honde gaan doen weet ek nog nie. Hulle is net so moeg elke aand nadat hulle heeldag agter my aangehol het. Ek dink 'n inbreker gaan hom doodval oor hulle voordat hy by my uitkom....

     

    Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (2 votes)
    • Jakkals se blog
    • 2572 keer gelees
    • Drukker-vriendelike uitgawe
    • Stuur na vriend
    • PDF uitgawe

    Kommentaar

    Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

    Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Revolusie in landbou is hier - Tina
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Dorre Kalahari
    • Droogfontein-sukses.
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction