Die Hennigs

As die rooi en wit vragmotor aankom, wonder ons dadelik, waar is die brand. Geen sirene nie. Dan erken jy hom, die bekende gesig die afgelope tyd in ons kolonie. Die woonwa van die Hennigs. Op die oomblik huur hulle ´n huis hier, terwyl hulle hul regmaak vir die volgende fase van hul toer deur Suid-Amerika. Hulle het 8 hektaar in die omgewing gekoop, waar hulle na hulle toere, hulle gaan vestig.

Gerald en Maria Hennig het 3 jaar gelede uit Duitsland in Buenos Aires aangekom met hul bus. Vanaf Bedburg -Lipp. Gerald het ´n werkswinkel bedryf, nou huur hulle seun dit en hulle kry elke maand ´n stywe bedrag van hom. Maria, `n skoonheidsdeskundige. Die laaste tien jaar van hul ekonomiese lewe het hulle net gewerk en nooit vakansie geneem nie. Daarom geniet hulle, wat hulle nou doen, terdeë.

Die rooi bus is baie goed ingerig, slaapplek, kragbron, goeie kookgeriewe en badkamer. Vir 2 weke kan hulle heeltemal gerieflik alleen regkom. Die eerste fase van hul toer was deur Argentinië en Chili. Volgende is soveel as moontlik van die res van Suid-Amerika se besienswaardighede.

Die spreuke agterop die bus, vertolk duidelik hulle gevoel teenoor die politici van veral Duitsland, kan seker maar van toepassing gemaak word op politici dwarsoor die wêreld: Die eerste een lui: Politiek is ´n bedrog teen die mensdom. Hulle wek die gevoel dat wat met jou gebeur, dit is wat jy begeer. Die tweede een lui: Ons het gevlug van die Duitse politici. Ongestrafde leuens, bedrog en diefstal daagliks. Genoeg! Chao idiote!

Baie interessante, joviale mense, met baie vertellings van hulle wedervaringe wat nie verveel nie.

Hasta la proxima

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (1 vote)

Kommentaar

Justice Malanot

Definisie van n Politikus: Iemand wat jou lewe sal offer vir sy land..

charles norval

twee maniere om n politikus te beskryf-hulle stuur ons hel toe en laat ons boonop uitsien daarna-daarna steel hulle jou beursie en help jou soek daarna

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.