Daardie gebou, op die hoek, met die Nelore bees met die vangtou om haar, het lankal my oog gevang. Met die instap, by die kantoor, kan ek nie anders, as om terug te dink en skielik intens te verlang, na Vleissentraal, se kantoor op Smithfield nie. Ta Jo, later Hanna, agter die lessenaar in die hoek. Die teepot reg, indien iemand sou wou tee drink. Jurie aan die beplan vir vragte, die maandelikse vendusie en die uitslae van jou besending skape, na die mark. Boere, wat kom en gaan en gesels, veral op Maandae en Vrydae, as die kinders koshuis toe kom en gehaal word.

 

In hierdie kantoor op die hoek, Escritorio Fronteira (Kantoor op die grens) is daar nou wel nie tee nie, maar ´n kan met die lekker soet, sterk koffie (cafecito), wat uit die klein koppetjies gedrink word, wat jy dadelik aangebied word. Olair da Silva, bedryf al dertig jaar, sy amp van kommissieagent, van hierdie kantoor  af. Vriendelike man. Sy gewildheid is duidelik, sprekende voorbeeld is die boere, beesboere, wat kom en gaan en ´n geselsie maak. Hy het die pryse van slagvee op die punte van sy vingers en weet presies, waar is daar ´n slagter, wat slaggoed, kort, of ´n slagpale waardaar ´n skaarste is.

 

Die Nelore, nog die gewildste ras in die omgewing? Ja, maar die boere gebruik deesdae baie Charolais en Angus om beter slagbees te teel. Wat maak die ekonomie met die beespryse? Ons sukkel maar, die prys het met 11 Real per aroba gedaal.  Aroba, is ´n maatstaf, wat vir my vreemd is en ek hier kom leer het en is 15 kilogram. Die prys het gedaal, vir die produsent, van 147 Real per Aroba, tot 136 Real. 11 Real minder.  Die verbruker, eet nou baie meer hoender en vark, want dit is heelwat goedkoper.

Ook die soja, wat die weidings verdruk, het sy besigheid baie verminder. Vroeër was hier 120000 koeie in die omgewing, nou net 70000. Jou besigheid, baie geaffekteer?  Nie so erg nie, want heelwat van die opposisie,  het tou opgegooi. Ek is nog omtrent die enigste een wat bedryf. Finansiering? Dit word alles deur die banke gedoen, dan betaal die verkoper my my deel. Wat van die higiëne van die diere? Mei en November word die beeste almal vir bek-en-klou gespuit en al die verskalwers onder agt maande, brucellose.

Natuurlik neig die geselsskap terug na die Africano, wat dan wit is en wat is my verbintenis met die plek. Nuuskierig en vra uit? Nog ´n cafecito? As jy weer in die omgewing is, kom kuier weer.

Hasta la proxima


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.