|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Hy ry nou nie soos ´n teerpad nie, maar daar is nie meer modder en slote en slaggate nie.Te alle tye begaanbaar, geen geglyery en vassit nie, geen afgly en in die sloot, langs die pad, beland nie. Klippaaie was vir ons onbekend, maar hier is dit ´n algemene gesig. Nie ´n pad om op haastig te wees nie, maar ´n baie groot verbetering.
Om ´n klippad te bou, verg baie sweet, baie hande arbeid. Werkverskaffing. Min of meer dieselfde voorbereiding as vir ´n teerpad, want vorentoe gaan hy geteer word en dan is sy basis reg. Stewige grond onderlaag, een helfte word sand gegooi en dan met klip gepak. ´n Konkreet randsteentjie aan die buitekant, dieselfde hoogte as die pad. Groot blokke van ´n soort graniet word afgelaai en met hamers stukkend geslaan tot bruikbare groottes en dan in die sand gepak, alles met die hand. Met ´n ligte roller in die sand gekompakteer en weer grond bo op.
Op dié pad, kom die Toyota darem in vierde rat en soms tot in vyfde. Baie beter as vroeër se skuif tussen tweede en derde.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Danie
Vriend dis n pragtige stuk handewerk trots kan die mense wees wat die pad bou waar is dit gelee
Groete Johnna J
Shalom
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)