Strategies Geintegreerde Parasietbeheer Program (SGPBP)
Die kostegevolge van Dip op beeste sonder ‘n Wetenskaplike Metingsproses
* 68 Volgesuigde bloubosluise gesien met die blote oog, verteenwoordig 9996 ander bloubosluise op dieselfde dier. (I.G. Horak et.al, 1982)
68 engorged females on a single animal
For each female there is 2 males
= 1/7 of all females present
= 952 males present
= 476 females present
= 1428 adult ticks present
For each adult there are 2 nymphae = 2856 nymphae
For each nymph there are 2 larvae = 9996 larvae
|
1. Q= Head of Cattle |
2. AcaricideCost per Animal Dip |
3. Acari-cide Efficacy % |
4. Cost per single Dip inter-val |
5. 2 x Dip Labour per minimum wage |
6. Total Fixed Cost |
7. Female Indicator 1: 476 Efficacy % Ticks Eliminated |
8. Acaricide % Efficacy Productive Cost |
9. The Cost/Loss to Acaricide Inefficiency due to Resistance |
10. Resistant Female Ticks Completing Life Cycle |
11. Resistant Surviving Female Blue Ticks reproducing 1:2500 eggs |
|
100 |
R 2.80 |
5% |
1 |
250 |
R 530 |
24 |
R 26.50 |
R (503.50) |
452 |
1130500 |
|
100 |
R 2.80 |
10% |
1 |
250 |
R 530 |
48 |
R 53.00 |
R (477.00) |
428 |
1071000 |
|
100 |
R 2.80 |
20% |
1 |
250 |
R 530 |
95 |
R 106.00 |
R (424.00) |
381 |
952000 |
|
100 |
R 2.80 |
30% |
1 |
250 |
R 530 |
143 |
R 159.00 |
R (371.00) |
333 |
833000 |
|
100 |
R 2.80 |
40% |
1 |
250 |
R 530 |
190 |
R 212.00 |
R (318.00) |
286 |
714000 |
|
100 |
R 2.80 |
50% |
1 |
250 |
R 530 |
238 |
R 265.00 |
R (265.00) |
238 |
595000 |
|
100 |
R 2.80 |
60% |
1 |
250 |
R 530 |
286 |
R 318.00 |
R (212.00) |
190 |
476000 |
|
100 |
R 2.80 |
70% |
1 |
250 |
R 530 |
333 |
R 371.00 |
R (159.00) |
143 |
357000 |
|
100 |
R 2.80 |
80% |
1 |
250 |
R 530 |
381 |
R 424.00 |
R (106.00) |
95 |
238000 |
|
100 |
R 2.80 |
90% |
1 |
250 |
R 530 |
428 |
R 477.00 |
R (53.00) |
48 |
119000 |
|
100 |
R 2.80 |
100% |
1 |
250 |
R 530 |
476 |
R 530.00 |
R - |
0 |
0 |
Tabel 1: Die koste van dip
Bogenoemde is ‘n eenvoudige tabel. Dit probeer antwoorde soek by die dipproses.
Kostes uitgesluit. Koste van dip teen algemene dompeldipskostes teen R2.80, die tabel beskryf nie die koste van duurder produkte in as ‘n faktor nie. Arbeidskoste wat wissel. Koste van tyd en brandstof, toerusting en slytasie nie bereken nie.
Risiko met verhoogde en toenemende weerstandigheid nie bereken nie. Koste van veeartsenydienste, medisyne en massaverlies nie bereken nie. Koste van diereverlies aan produktiwiteit soos besetting of oorslaan en aborsie nie bereken nie.
Koste van bloedverlies en voeromsetting weens geinhibeerde eetlus nie bereken nie. Koste van ander parasiete soos rondewurms, lewerslak en hartwurm uitgesluit. Impak van siektes veroorsaak deur ander multigashere soos bontbosluise en bruinoorbosluise, asook parasiete soos myte, luise en vlieë nie bereken nie.
Koste van dipstofvermorsing nie bereken nie. Koste van toesighouding nie bereken nie. Koste van rente op aankope is nie bereken nie. Koste van inenting nie bereken nie. Koste van skade aan die omgewing nie bereken nie. Koste van instandhouding nie bereken nie.
Kolomme van links na regs;
1. Q= aantal diere wat gedip word
2. Dipkoste per bees
3. Dipstof effektiwiteit: Dit veronderstel ‘n getoetste % van die weerstandigheid van die bosluise.
4. Dipintervalle: Ter wille van eenvoudigheid, bereken ons eers 1 dipinterval se koste. Elke produsent weet mos hoeveel keer hy per jaar dip en dit kan mens dan maklik daarin voeg.
5. Koste van Arbeid, minimum loon of hoe ook al bereken
6. Totale Vaste Koste by dip veronderstel die 100 beeste x hulle totale koste x die arbeid. Dit bereken nie die koste van tyd en bestuurstyd in nie
7. Verhouding van bosluise: Navorsing wat Prof Ivan Horak in 1982 gepubliseer het, het die volgende bevind, dat wanneer mens 68 volgesuigde bloubosluiswyfies met die blote oog kan sien, is dit slegs sowat 1/7 is van die wyfies teenwoordig op daardie dier.
a. Sou mens dit vereenvoudig, verteenwoordig elke enkele bloubosluiswyfie sowat 476 ander bloubosluiswyfies, wat op een of ander stadium van hul lewenssiklus is op daardie selfde dier.
b. Bloubosluise se lewenssiklus duur sowat 21-24 dae,d.w.s; breedweg
i. 7 dae as n larf
ii. 7 dae as n nimf
iii. 7 dae as ‘n volwassene, waarin daar geslagsrypheid plaasvind, bevrugting en die laaste dag of 2, suig die wyfie haarself vol.
8. Sou mens nou ‘n aanname maak en aanvaar dat daar elke 1 wyfie verteenwoordig 476 ander wyfies, en daaruit ‘n weerstandigheidsprofiel aanname gemaak word teenoor die gemete weerstandigheidspersentasie (effektiwiteit van die Dipstof) van Kolom 3, beteken dit dat as die dipstof net 5% effektief is, net 24 bosluise van die 476 bosluiswyfies doodgemaak word.
9. Tabel 8 verduidelik dan dat die produsent die Vaste Koste in Kolom 6 spandeer het en die waarde daarvan word in Kolom 8 reflekteer.
10. Kolom 9 verduidelik die verlies van die Vaste koste teenoor die effektiwiteit verkry van die koste dipstof.
11. Kolom 10 verduidelik hoeveel weerstandige bosluise bly oor om hul lewensiklus op die bees te voltooi
12. Kolom 11 vertel die verhaal van die nuwe generasie bosluise, (weerstandige wyfies x 2500 eiers) wat uitbroei uit hierdie generasie
Laastens is dit nodig om te weet dat die bloubosluis sy lewenssikus 4 keer in een jaar kan herhaal, wat ‘n skrikwekkende hoeveelheid bosluise is.
Is die bosluisegetalle nou die grootste probleem?
Kyk na die volgende permutasies;
· Elke wyfie val na bevrugting af en soek ‘n veilige plekkie waar sy na sowat 6 dae begin 2500 eiers te lê
· Op dag 11 van die lêproses, het sy sowat 75% van die 2500 eiers gelê
· Ongeveer op dag 21 is die sowat 2500 eiers klaar gelê en sterf sy
· Argumentsonthalwe, na gelang van klimaatsomstandighede broei die eiers uit na 6 weke en soek ‘n gasheer
Opsomming;
Kom ons maak ‘n maklike som, ons veronderstel dat daar net 100 wyfies in die 2500 eiers is, gemeet teen die verskillende % van weerstandigheid, en net 5% of 10% en of 50% vrek in die dipproses, lê die oorblywende getal bosluiswyfies na sowat 26 dae weens die weerstandigheidspersentasies elkeen 2500 eiers. Die weerstandigheid teen die dipstof word in die eiers oorgedra na die volgende geslag toe.
Ons weet teen die tyd met die Literatuur hoe meer blootstelling die bosluis kry teen die samestelling van die dipstof, hoe meer weerstandig selekteer die bosluise hulself teen die akarisiedes. Veronderstel in bogenoemde aanname dat daar 50% weerstandigheid bestaan het teen die dipstof, dus effektiwiteit vir 50 bosluiswyfies, is die ander 50 in die proses is om hulself weerstandig te selekteer teen die dipstowwe.
Dit bring die denkende produsent by enkele reguit vrae uit.
1. Kan enige produsent rêrig bosluise en parasiete bestuur sonder meetinstrumente en betroubare toetsbare wetenskap?
2. Kan die onoordeelkundige en onakkurate toediening van dipstof op sy plaas toegelaat word?
3. Is die huidige parasietbeheerpraktyke die moeite, die verliese, die verhoogde risiko en die koste werd?
4. Australiese navorsing het bewys dat 50 bloubosluiswyfies wat hul lewenssiklus per dag op n bees voltooi, verhoed dat die dier sowat 780gram per dag aan sy massa toevoeg, en slegs sowat 330 gram gemiddeld per dag groei indien dit die geval is.
5. En, dat effektiewe bosluisbeheer sowat 15-30kg massa aan addisonele massa per jaar kan toevoeg
6. Laastens, wat is die uitdaging? Produsente moet minder dip. Is dit moontlik?
Ja, dit is en dit beteken dat die Natuur en Omgewingsfaktore (Wetenskap) as belangrike hulpmiddels en vennote teen die bosluise en ander parasiete gebruik moet word.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
pierrevn@telkomsa.net
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)