|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Besluit die vrou van die huis, so ´n rukkie terug, sy is nou moeg vir die geknie. Sy trakteer haarself en koop ´n broodmasjien. Dit is nie ´n gereelde ding, dié geknie nie, maar tog. Tuisgebakte brood baie beter as gekoopte, veral die reuk van daardie bakkende brood. Hier is baie verskillende soorte brood te koop. Bhieler bakkery en Bock bakkery verkoop ´n hele verskeidenheid van Duitse brode. Later meer daaroor. Dan ook nog ´n paar plaaslike bakkerye, hulle brode en bolletjies, oral beskikbaar.
Britania is die maak, wonder wat is die verbintenis met Engeland, made in Brazil. ´n Wonderlike masjientjie, kan ´n lekker warm, welriekende broodjie in ´n japtrap optower. Saam met die masjien, ´n resepteboekie, resepte van meer as 100 verskillende brode, selfs poedings en deeg vir pizza en allerhande bolletjies. Ongelukkig alles net in Portugoose, gelukkig is vriend Sandro, die ronde Brazileiro, daar om te help waar ons vashak. Sal ´n rukkie duur om alles op die proef te stel, of sal dit gaan soos met soveel resepteboeke. Beproef ´n klompie resepte en dan steek ons daar vas en geen nuwes meer nie.
Net ´n paar van die resepte, hopeloos te veel om te noem en die heel lekkeres uit te soek. Lemoenbrood, of met koejawel, of yoghurt. Appel en kaneelbrood. Brood met verskeie pizza smake. Hawermout en heuning. Brood met piesang en sjokolade. Knie alleen kan hy ook, croissantdeeg, pizzadeeg, paasbolle, moet vetkoekdeeg probeer. Poedings, melkpoeding, met gelatien, verskeie smake, pynappel, arbei, lemoen. Dan kan mens dalk later self begin eksperimenteer. As dit dalk lyk of ek voorkeur gee vir die soetes, dit is maar net blote toeval.
Hand geknie
Vir sommige van ons vriende, is hierdie nie meer ´n nuwigheid nie, maar ons geniet dit. Wat is lekkerder as warm brood waarin die botter, net botter, nie daardie ander geel, nagemaakte smeer, so smelt nie? Met ´n glas koue melk.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek het 'n broodmasjien gekoop maar maak net flops, niks rys nie. Help asb!
Het vir jare my eie brood en beskuit gebak.
Kinders lankal uit huis en smag na die gebakte brood wat sommer so opgeeet was wanneer dit uit die oond kom. Nou is ek alleen en om so groot brood te bak werk nie meer, die broodmasjien broodjies is net groot genoeg.
Het nou Russel Hobs broodmasjien gekoop, en het nou al 4 flops gebak.
Kan jy my dalk help met 'n beproefde brood resep?
Ek sal dit opreg waardeer. Kan my maar e-pos.
Kan baie ander resepte met julle deel, het resepte boek van amper 1000 bladsye saamgestel, beproefde resepte van ou tannies in ouetehuise.
Groetnis
Anne-Mari
so 40 meter van my huis op die dorp is daar n bakkery en as ek ses-uur soggens opstaan,kan ek die varsgebakte brood in my agterplaas ruik.op die plaas het ons n houtoond wat ons soms gebruik om brood te bak-soos mieliepap-as jy dit op die elektriese stoof maak,het dit nie die lekker brandsmaak soos op die houtstoof.Danie,ek kan sien jy raak oud want op die koue wintermaande is jy die aktiefste op jou blog-dit raak vroeg donker.voor die kaggelvuur en Hettie stuur jou nie meer so gereeld om te gaan stap soos in die warmer maande!!!!!!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)