|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Ons omgewing het interessante mense. Interessante nuwe intrekkers. Mense wat my laat wonder, waarom daar so baie mense ontevrede is, met waar hulle woon. Mense wat uit eerste wêreldlande padgee, om hulle in ´n sogenoemde derde wêreldland te vestig. Dít is nié waaroor ek wil skryf nie.
Dani en Sylvie Melchoir is burgers van Luxemburg. Daardie miniatuur staatjie, omring deur België, Duitsland en Frankryk. Met hulle 2 kinders, het hulle hul 5 jaar gelede hier kom vestig. Joviaal, vriendelik en behulpsaam. Komiese Duitse taalgebruik. Was gou deel van die gemeenskap. Waarom padgee uit Luxemburg? Stres, belasting, gereguleerde leefwyse. Tyd om rustig te wees. Die goeie natuur en ruimte hier te geniet.
Dani se grootse spyt oor die skuif, is die feit dat hy nie sy hele versameling van 12 Mercedes autos kon saambring nie. Dit het baie kopkrap gekos voordat hy op die mooi grys 260 SE en die blou 250 CE koepee, besluit het. Onbekende modelle vir my. Albei in pragtige toestand. Skaars ingeloop, onder 100 000 km elkeen. Duidelik ´n groot bewonderaar van Mercedes produkte. Feite, statistieke en spesifikasies op sy vingerpunte.
´n Ander voertuig wat hom baie na aan die hart lê, is sy Unimog. Toegerus met alles, kantelbak, 3-punt, kragafnemer. Ook in baie goeie toestand, al gebruik hy hom bykans elke dag.
Wat se taal praat julle? Luxemburgs. Skynbaar ´n taal op sy eie, net so oud soos Duits. Het tog woorde van Duits, Flaams en Frans daarin. Ryg gou ´n paar voorbeelde uit.
Rustige, normale mense. Interessante vertellings van hulle heimatland en hul lewens. Verrykend om hulle te ken.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)