Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Die-mites-oor-nguni-s

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • April (3)
  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        2008

          Blogger

           
          scorpiondip
          Foto album
          Aangesluit: 10 Jun 2009
          Plaas naam : Iewers
          Dorp : Pretoria
          Provinsie : Gauteng
          Land : Suid Afrika

          Ek ondersteun

          boran se foto
          boran
          Argentyn se foto
          Argentyn
          Danie C se foto
          Danie C
          Le-Andrie Bezuidenhout se foto
          Le-Andrie Bezuidenhout
          Leon Kruger se foto
          Leon Kruger

          Volgelinge

          • AnnieBP se foto
            AnnieBP
          • MARIETH GROBLER se foto
            MARIETH GROBLER
          • Danie C se foto
            Danie C
          • Janbez se foto
            Janbez

          Vriend

          MARIETH GROBLER se foto
          MARIETH GROBLER
          Danie C se foto
          Danie C
          Janbez se foto
          Janbez

          Jongste blogs

          Danie C se foto
          Toulouse en omgewing (4)
          saai se foto
          Invoere - bangkrot Boere
          Steven nel se foto
          Kopklamp
          Steven nel se foto
          My nuwe nguni vers
          Johannes Meintjes se foto
          Perspektief op Landbou: ACDP

          My Weer

          • Voorspelling
          • Vandag
          • My ligging

          Kaapstad

          • Donderdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:20 C
          • Laag:9 C
          • Vrydag
          • Reën
          • Hoog:17 C
          • Laag:10 C
          • Saterdag
          • Mis
          • Hoog:17 C
          • Laag:7 C
          Sonsopkoms: 7:37
          Sonsondergang: 17:47

          Kaapstad

          Bygewerk:24 May 03:00 IDT
          Temp:
          Druk:
          Doupunt:
          Humiditeit:72%
          Wind:

          Kaapstad

          Peiling

          Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

          Die mites oor Nguni’s

          Ingestuur deur scorpiondip op 7 November, 2009 - 12:53

           Die mites oor Nguni’s

          In soveel gemeenskappe word mens gekonfronteer met verskeie mites oor Nguni’s wat as “oplossing” moet dien vir bosluis- en ander parasietverwante siektes.

          Die arme wonderlike diere het n plek in die samelewing en op ons plase.  Hulle kan sekerlik, soos meeste Afrika beesrasse die uitdagings van moeilike weidingsareas en marginale gronde oorleef.  Dit is ook so dat hulle marginale weiding, ook soos ander Afrika beesrasse weens die hoër ammoniakinhoudelike in hulle rumen, in weiding kan omsit.

          Ek bly my gedurig verwonder oor die stories wat in die veld hieroor rondloop.  

          Dit is nie my plek om enige beesras te kritiseer nie.  Ek gaan ook nie.  Ek is ‘n wetenskaplike en my werk is om enige dier in die omgewing waar hy ook al is, wetenskaplik met ‘n model en plan te bestuur wat uniek is tot die plaas. 

          Wat binne die natuurlike waarheid van diere waar is, soos natuurlike weerstandigheid teen bosluisgedraagde siektes, kalwingsvermoë, moedereienskappe moet self gevind en geselekteer word. 

          Die mites van Hartwater en Nguni-soort beeste.

          Hierdie Nguni koei is deur een van die produsente wat deel is van my groep aangekoop.  Dit is nie in my oordeel ‘n mooi prentjie nie.  Die koei, een van twee, het aan hartwater gevrek.  Die mite is, Nguni’s is bosluissiekte weerstandig en hartwaterbestand? 

          Is dit? 

          Dis hoe lewendig die dier is wat as hartwaterbestand verkoop is? 

           

          Ek kan nog ander foto’s wys van Nguni’s wat gevrek het in ander hartwateromgewings, wat uit hartwateromgewings uitkom, verkoop en word as “hartwaterbestand” bemark is?  Soe!!!

          En, ek verwonder my dan erg wie en hoe sulke bewerings gemaak kan word en hoe is dit moontlik dat kopers hierdie absolute nonsens gewoon net glo sonder bewyse??

          Die is n sieklike vieslike gesig waar die koper se onkundigheid oor die mites ter wille van geld uitgebuit word. Die bewering is niks anders as gewoon krimineel nie.

          Tradisionele veilings.

          As daar nou een aspek is wat baie produsente se bosluisverwante siektes bevorder, is dit die blinde aankoop van diere op veilings.  Veilings het ‘n unieke karakter, en party mense kan nie die “bargains” wat op veilings aangekoop word weerstaan nie.

          Wonder produsente nie wat hulle inkoop nie? 

          Wonder hulle nie watter tipe van bosluisweerstandigheid hulle in hulle kuddes inbring nie?  Wonder hulle nie wat se wurms bring hulle in hulle kuddes in nie?

           

          Die gevaar van diere wat natuurlike immuniteit opgebou het

          Een van die beesrasse wat die wonderlike vermoë het om weerstandigheid teen bosluisgedraagde siektes op te bou, is die Nguni.  Dis die een dier wat die vermoë het om weerstandigheid teen byvoorbeeld die verskeie Theileri op te bou en dan as bees orals die land vervoer word as veilige, gesonde en weerstandige bees teen beesverwante bosluissiektes...?

          Is dit so?

           

          Dis nie net Nguni beeste wat siektes inbring en versprei nie, wat van waterbokke en buffels asook blouwildebeeste?  Hulle kan ook natuurlike weerstand teen verskeie siektes opbou en as permanente draers daarvan optree.

          Buffels word byvoorbeeld blameer vir Ooskuskoors en Buffelsiekte wat Theileriosis is.  Hulle is natuurlik weerstandig daarteen behalwe dat ek weet van n buffel wat galsiek opgedoen het?  

          Soe, wat het waar verkeerd geloop hier?  Buffel wat galsiekte opgedoen het is ongehoord. Skoon buffels kan geteel word en vervoer en verkoop word en gevestig word, maar.... 

          Dis nie altyd buffels wat die sondebokke is nie, die sondebok is rooipoot- en bruinoorbosluise wat elders besmet raak, of ingevoer word op Nguni diere wat weerstandigheid opgebou het teen die bosluisgedraagde siekte, ook wild soos waterbokke en of blouwildebeeste en of, deur rotte wat in lusern en of ander voer inkom, taxi’s en wilde voëls, reptiele

          Die gevaar.  

          1. Daar is sowat 8 verskillende soorte of Theileri “strains”.  As ‘n dier teen een “strain” weerstandig is, is dit nie ‘n uitgemaakte saak dat dit teen ‘n ander “strain” weerstandig is nie. 
          2. Hierdie Nguni's op die foto's was nie deel van my dipprogram nieen is op n veiling verkoop aan hierdie boer.  Twee van hulle is 21 dae nadat hulle op die plaas beland het, vrek aan hartwater.
          3. Daar is sowat 21 “strains” in hartwater en dieselfde beginsel geld hier.  As ‘n dier teen een “strain” weerstandigheid ontwikkel het, beteken dit nie dat dit teen ‘n ander “strain” weerstandig is nie.
          4. Galsiek en rooiwater asook Europese rooiwater word deur bloubosluise aan beeste oorgedra.  Daaroor weer later!

          Kan ons nou net bietjie dink wat ons doen as ons diere inkoop en op die plaas kom vrylaat?

          Eersgenoemde twee siektes word deur 3- soorte bosluise oorgedra.

          1. Theileri word ook deur die rooipootbosluis (2-gasheer) oorgedra (Rhipicephalus evertsi evertsi)
          2. Theileri word veral deur die bruinoorbosluis, (3-gasheer) oorgedra (Rhipicephalus appendiculatus)
          3. Hartwater word deur die Suid Afrikaanse Bontbosluis (3-gasheer) (Amblyomma hebraeum) oorgedra en
          4. Hartwater word oor deur die nimf van nog ‘n bontbosluis, nl. Amblyomma marmoreum of die Skilpadbosluis oorgedra wat nie sy volwasse lewenssiklus op die beeste voltooi nie, maar op ander diere wat ek verkies om nie te sê nie, anders word die goed weer deur onnosel mense uitgeroei en hul vererger net hul eie moeilkheid meer.

          Hoekom is dit belangrik om bogenoemde te weet?

          Opsommend net dit;

          1.        bogenoemde bosluise voed tussen 4-7 dae op n dier voordat hul na hul bloedmaaltyd afval en hul lewensiklus op ‘n ander gasheer voltooi

          2.       Belangrikste is dit.

          a.       Hulle dra nie die onderskeie bosluisgedraagde siektes in hul eiers oor soos die bloubosluise rooiwater en galsiekte oordra nie, maar moet op n gasheer wat die siekte (hartwater en of theileri “strains” onder lede het, besmet word.

          b.       Nou koop die boer diere op ‘n veiling in.  Die dier het bes moontlik alreeds weerstandigheid geselekteer teen ‘n bepaalde “strain” van byvoorbeeld hoevele hartwaters.  Die dier is dus ‘n draer, ‘n “reservoir” van die siekte wat nou onder sy diere losgelaat word.  Byt die bosluise soos genoem nou aan die dier, versprei hy dit ook na ander diere op die plaas en ook na sy buurman toe omdat dit n multigasheerbosluis is.  

          c.   Omdat die bosluise van vele gashere gebruik maak, rotte en reptiele wat ook op die plaas voorkom, wat nie gedip kan word nie maar besmet kan raak en as gashere of reservoirs van die organimse van die toekoms dien, vestig die onkundige aankoop van hierdie diere die moeilkheid vir die aankoper en sy bure.  

          Lewensiklus van die multigasheerbosluise.

          Opsommend net dit;

          1.        Hulle voed nie net op beeste nie, hulle voed ook op ander gashere wat met die siektes besmet is soos voëls en reptiele en rotte en muise. 

          2.       Hulle word ook deur hierdie gashere na die plaas ingevoer.

          3.       Hulle kan hul lewensiklusse voltooi en aanpas vanaf 3 maande tot en met 3 jaar, afhangende van die klimaatsomstandighede

          4.       Dat hierdie bosluise se invloede op die plaas geken moet word en voorkomend sovêr moontlik beheer en bestuur moet word.

          Dit is dus die realiteit waarmee ‘n produsent sit

          Hoe bestuur ons nou dit? 

          1. Ons het nodig om bosluise te gebruik om die diere te byt sodat die immuniteit opgebou en instand gehou kan word.  Strategiese blootstelling moet dus plaasvind en dus hierin waarin die risiko lê, dis hier waar ons weet ons kan hier nie-aangepaste diere verloor.
          2. Strategiese weiding en habitatsbeheer moet plaasvind.
          3. Strategiese dip moet plaasvind sodat bosluise geoes kan word en hul voortplanting effektief tydig inaggenome van hulle lewensiklus bestuur word
          4. Nuwe moeilikheid van besmette diere moenie ingekoop word nie.
          5. Die aankoop van wel bestuurde diere van ‘n betroubare produsent word ‘n ononderhandelbare vereiste. 

          Wat beteken al hierdie skrywe dus?

          Paar dinge;

          1. dat onkundige aankoop op veilings n geweldige risiko inhou en
          2. dat die aanspreeklikheid van onkundige aankoop van diere wat ander produsente se boerderye besmet en verliese veroorsaak, nou bewys kan word en binnekort n werklikheid gaan word waarmee produsente sal moet deel mee
          3. Dat dit braaf is om nie met die wetenskap van bewysbare kundigheid op jou plaas te werk nie
          4. Die gevolge van onkundige en nie geakrediteerde raad wat aanvaar word rakende bosluisbestuur, dom is en finansieel gevolge vir ‘n produsent gaan inhou
          5. Dat ‘n Strategiese Geïntegreerde Parasietbeheer Plan, wat wetenskaplik bewys en definieer waarom ‘n produsent doen wat hy doen, na gelang van sy omstandighede op die plaas, on-onderhandelbaar deel van die werklikheid word.
          6. Dat die risiko’s wat klimaatsverandering meebring in die bevordering en verspreiding van bosluisgedraagde en ander dieresiektes, deeglik begryp moet word in die omgewing en dat daar in kollektiewe optrede deur die produsente self op grond van die wetenskap, in die omgewing geïmplementeer moet word en instand gehou moet word om hulle van verliese en kostes te beskerm.

           

          Pierre van Niekerk

          0126674755

          0822208386

          pierrevn@telkomsa.net

           

          Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4 (3 votes)
          • scorpiondip se blog
          • 2214 keer gelees
          • Drukker-vriendelike uitgawe
          • Stuur na vriend
          • PDF uitgawe

          Kommentaar

          Frans Saaijman 
          09 Nov 2009 08:31

          Dat Nguni voordele het is nie te betwyfel nie maar as jy vir die Nguni speenkalf 60% van die prys kry van 'n Bonsmara, wonder ek maar net. Biosekuriteit gaan 'n al groter rol begin speel by die ernstige rooivleisprodusent. Kennis ontbreek ongelukkig.

          • antwoord
          scorpiondip
          09 Nov 2009 06:43

          Hoekom vrek die skape? Aan bosluise? Hoekom?

          • antwoord
          Jakkals
          08 Nov 2009 08:41

          Dit is maar dieselfde as met Pedi skape. Hulle is veronderstel om net so gehard te wees en hulle vrek meer in ons omgewing as die Dorpers. By ons kan jy diere net van een kamp na 'n ander op dieselfde plaas skuif dan het jy probleme.

          • antwoord

          Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

          Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

          Geborgde skakels


          Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

          Kwaliteit Saad

          Die toekoms is in jou land

          In lyn met die boer

          MSD Animal Health

          Our brand new website

          Daaglikse nuusbrief

          Weeklikse nuusbrief

          Teken In

          • Registreer as gebruiker
          • Wagwoord vergeet?

          E-pos forum

          • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
          • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
          • Boom Lusern en siektes
          • Nekklamp vir beeste
          • verpakking soos bokse en sakke
          meer...

          Gewildste stories

          Vandag

          • Revolusie in landbou is hier - Tina
          • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

          Immergroen stories

          • RSS-voere
          • E-pos foto's aan ons

          Pas gelees

          • Nog afdankings by Parmalat?
          • Leerkans vir jongboere
          • Wie is ons?
          • Kontak ons
          • Gebruiksvoorwaardes
          • SMS-diens
          • RSS-voere
          • Teken in op LBW
          • LBW-argiewe
          • Vennote

          Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

          Web Development by FormFunction