|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Dit neem nie lank om bewus te raak van die teenwoordigheid van die klein vroutjie, met die styl hare en die lewendige gesig nie. Sy, is een van daardie mense, wat ´n verskil maak. Een van dié, wat die omgewing en die mense wat sy aanraak, net ´n beter plek maak.
Magdalena Gehrts de Winkler, beter bekend as Magi, is die plaaslike musiekjuffrou, koorleidster en eienares van Bellas Melodias (Skone Melodieë), die plaaslike musiekskool. Klavier, klawerbord, trekklavier, ghitaar en sang word aangebied. Met baie geduld en deursettingsvermoë word die talentvolles én die dalk minder so, hier onderrig in musiek as vak en om dit vir meer toeganklik te maak vir ander om ook te geniet.
Die vorige naweek was die jaarlikse afskeidskonsert van hierdie leerlinge van Magi en haar spannetjie. Wat bewonderenswaardig is, is om te sien hoe hierdie kinders se selfvertroue elke jaar groei met hierdie konsert. Van die eerste wankelrige note met hul eerste konsert, tot gesoute vertolkers van moeilike stukke, ´n jaar of wat later. Die regte onderrrig om hierdie mense se talente onder die maatemmer uit te kry.
Met die goeie ondersteuning van die stil Roland, is hierdie familie werklike steunpilare, wat hulle vriende ook bystaan in die donkerste oomblikke. Dankie Roland en Magi.
Hasta la proxima.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Jy doen wonderlike werk, wens ek kon ook so iets doen! ♥
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)